By my werk is ‘n meisie wat baie vet maar baie mooi is. En die mans wat saam met my werk, terg mekaar dikwels oor haar. As een laat is, sal die ander hom byvoorbeeld spot, deur te beweer dis omdat hy heel nag saam met haar was, en dan sal die laatkommer vurig protesteer, om te wys die gedagte staan hom beslis nie aan nie.
Mens kry vroue wat glad nie sexy of aantreklik is nie, miskien omdat hulle spesiaal moeite doen om nie te wees nie want hulle hou nie van mans nie , of dalk omdat hul gesondheid nie goed is nie. Hoe dit ook al sy, hierdie vrouens is geensins in die game van sexy wees nie.
Sulke vroue is ongeveer heeltemal onsigbaar vir die meeste mans, en hulle feature nooit in die tipe grappies wat my kollegas maak nie. Dit het my laat wonder hoekom is dit altyd die vet meisie in sulke grappe, en nooit sommige ander vroue wat glad nie aantreklik is nie?
Ek dink ek verstaan dit: My arme kollegas beleef ‘n spanning tussen wat die samelewing vir hulle sê is aantreklik, en wat hulle self mooi vind. Hulle kan sien daardie vet meisie is baie aantreklik , maar hulle mag dit nie erken nie, nie eens aan hulself nie, want die reels wat ander mans hulle opgelê het, sê anders, en omdat hulle geen insig in die situasie het nie, hanteer hulle daardie spanning deur kinderagtige grappies te maak.
As julle nou nie self mans geken het wat so simpel is nie, sou julle my seker nie geglo het nie, maar baie, baie mans se smaak en gedrag word volkome deur ander mans bepaal.
***
PS: Die wagwoord vir beskermde inskrywings: vetaanvaarding
Kategorië Uncategorized
Tagged: gewig verloor, kinderagtigheid, onsigbaar, verslanking, vet en mooi, vet meisies
Jou vrou of meisie het nie ‘n gewigsprobleem nie. Gewig word hoofsaaklik geneties bepaal. Mense kom in ‘n wye verskeidenheid vorms – dit bring verskeidenheid.
Maar daar is tog iets wat jy kan doen:

PS: As jy die beskermde inskrywings op hierdie blog wil sien: die wagwoord is vetaanvaarding
Kategorië Uncategorized
Tagged: dieet tips, gewig verloor, gewigsprobleem, mooi meisies, mooi vroue, verslanking, vetaanvaarding
September 29, 2009 · Enter your password to view comments
Kategorië Uncategorized
Tagged: gewapen, vet skoonheid
Ek sal baie bly wees as iemand my bietjie wil backup. Aanvanklik het ek gehoop op Rosalind Franklin, maar sy het verkies om die Dark Side te join.
En nou het Andrew laat blyk hy wil dalk. Ek sal baie bly wees, want ek voel soos ‘n stem wat roep in die woestyn – en selfs baie van die vroue wat hier ewe lekker saamkuier glo my nie regtig nie. Tog is dit nie my idees nie.
Ek is teverede dat HAES die beste benadering is, wat gevolg word deur professionele praktisyns wat ‘n verskeidenheid studies en dissiplines bymekaar bring – dinge soos dieet, voedselkunde, mediese navorsing en genetika. Maar wat hulle veral ook bybring is geestesgesondheid. Dit help nie mens gaan eindeloos aan oor die gevare van vet sonder om in ag te neem watse effek jou aksies op mense (vroue veral) het nie.
En die hoof effek van al die deathfat waarskuwings is dit: vroue wat vasgenael na hulle skaal staar, te bang om te lewe, en ‘n yslike selfwalging in hulle ronddra. Mens hoef nie ‘n wetenskaplike te wees om uit te figure dat dit nie ‘n goeie ding is nie.
Mense wat die HAES benadering volg, is geneig om ‘n konstante gewig te hê, of op die lang duur ‘n mate van gewig te verloor.
Kategorië Uncategorized
Tagged: Andrew, HAES, selfwalging, te bang om te lewe
September 27, 2009 · Enter your password to view comments
Kategorië Uncategorized
As die inskrywing “Beskermd” is, en jy wil dit sien, tik net vetaanvaarding in.
Kategorië Uncategorized

Hierdie is ‘n tekening van JRtheMonsterboy (met sy toestemming geplaas). Ingekleur deur MrBeam.
Kategorië Uncategorized
Tagged: dieet, dieet pille, dieet tips, dieettips, fastslim, gewig verloor, JRtheMonsterboy, slimfast, verslanking, verslankingsmiddels, verslankingspille
Hierdie is met met die kunstenaar bluescarab2 se toestemming op verslanking.wordpress.com, en hy het selfs aangebied om miskien iets spesiaal vir ons te teken!
Queen ready for battle by bluescarab2

Kategorië Uncategorized
Tagged: bluescarab2, kuns, meisie met swaard, mooi, pragtig, trots, vet meisie
Lees gerus van die sudie hier: http://news.bbc.co.uk/1/hi/health/8236384.stm
Andersom as wat iemand soos Rosalind Franklin sê, nie waar nie?
Die wetenskap rondom vet en gesondheid ontwikkel. Daar word baie studies gedoen, maar ongelukkig hou gewone dokters nie noodwendig by nie. Trouens, Dr. Paul Ernsberger, ‘n navorser wat ‘n oorsig van 400 studies gelei het, het tot hierdie gevolgtrekking gekom:
“The idea that fat strains the heart has no scientific basis,” he said. “As far as I can tell, the idea comes from diet books, not scientific books. Unfortunately, some doctors read diet books.”
Dokters lees dieetboeke in plaas van wetenskap… ongelooflik!
Natuurlik is daar ander studies wat nie so vet vriendelik is nie, byvoorbeeld die een wat spesifiek boepense met hartsiekte assosieer:
http://news.bbc.co.uk/1/hi/health/6944279.stm
So dit lyk of groot bobene (en heupe) glad nie ‘n probleem is nie (goed is, selfs), maar dat boepmae meer met risiko geassosieer word.
Mens sou net graag wil he dat daar meer wetenskap en minder bevooroordeeldheid en veroordeling rondom vet kan kom.
Kategorië Uncategorized
Tagged: bobene, boepens, dye, groot dye, hartrisiko, hartsiekte
Ek het ‘n email van Boendoe se man gekry, en hy het my gevra om hierdie aan haar blog-gesin te versprei:
Ok, Boendoe is weer weg, daar gaan nou baie navrae en soektogte wees.. Die rede hoekom sy haar Blog delete het is ek ( Wisecrack).Haar man vir die wat dit nog nie agtergekom het nie.Soos seker die grootste deel van haar blog gesin, het ook ek gaan soek na haar nuwe blog.Baie gevind wat kon relate en haar oor n paar gekonfronteer.( Geen privaatheid of eie identiteid gegun nie.)
Baie harrass en onreg aangedoen. Is seker sy is met n klomp van julle in kontak op e pos, vir die wat nie is nie, hoop sy begin weer gou post.
Wat meer kan ek se, mis haar blog net so veel as almal.
Wisecrack.
Ps, ek is die bad guy hier, nie BOENDOE nie.
Kategorië Uncategorized
Tagged: Boendoe, Wisecrack