Jou natuurlike gewig is die beste vir jou

Gewig op sigself is nie ‘n gesondheidsprobleem nie, behalwe in ekstreme gevalle soos wanneer iemand te maer is, of as iemand so vet is dat hy glad nie kan beweeg nie.  Vet mense lewe langer as maer mense en het ‘n beter kans om ‘n hartaanval te oorleef.  Vet kan ook beskerming bied teen infeksies, kanker, longsiektes, hartsiektes, osteoporose, bloedarmoede, rheumatoid arthritis en tipe 2 diabetes.
Dit beteken nie ons moet nou almal gaan staan en vet probeer word ter wille van ons gesondheid nie.  Ons sou dit in elk geval nie kon doen nie, want net soos niemand weet hoe om ‘n persoon wat van nature vet is, maer te maak nie, weet niemand hoe om iemand wat van nature maer is, vet te kry nie. Ons gene is die bepalende faktor van hoeveel liggaamsvet ons gaan hê.
Navorsing oor “vetsug” lei gedurig tot verbasende resultate, waarvan baie deur die media ignoreer word.  Mense wat omgee oor kritiese denke sou dwaas wees om alles te glo wat algemeen aanvaar word oor vet.

Net omdat jy oor en oor hoor dat vet ongesond is, maak dit nie waar nie.   Ons lewe maar net in ‘n kultuur waar mense dit graag sê.

***

  • Ek het ‘n bietjie direk met Carrie gesels.  Sy vertel my sy het geen rug of knieprobleme nie, en haar bloeddruk is normaal.   Elders het sy ook geskryf van hoe baie sy haar oefening geniet.
Advertisements

6 responses to this post.

  1. Posted by williewragtig on Mei 18, 2009 at 12:06 vm

    Hi

    Om aan te sluit by jou blog inskrywing, sien my mees onlangse blog inskrywing ten spyte van my oorgewig is my gesondheid klaarblyklik uitstekend. Ek het ook nie gewrigs en en rug probleme nie.

    Tog deel ek nou nie heeltemal jou siening nie 🙂

    groete

    Antwoord

  2. Hello williewragtig

    Ek hoop ek kan jou oortuig om my siening wel te deel, en nogtans voort te gaan met jou oefenprogram en gesonde dieet.
    Eerstens, dankie dat jy ook die kwessie van gesondheid bevestig. Daar is vet en maer mense wat ongesond is (en lewe), en daar is vet en maer mense wat gesond lewe.

    Ek dink nie alle vet is dieselfde nie, en as jy skraal was as kind en jong man, is jy geneties anders as iemand wat van kleins af vet was.

    Ek sien jy skakel na Trixi se blog. Ek dink vet wees is baie seerder vir ‘n vrou as vir ‘n man.

    Hierdie blog se doel is in die eerste plek om die mislike vooroordele wat die samelewing (en ook dokters) het teenoor vet mense (veral vroue), te probeer verander.

    Ek hoop jy kan jou met hierdie ideale identifiseer.
    Is daar iets spesifieks waarmee jy nie saamstem nie?

    Antwoord

  3. Posted by boendoe on Mei 18, 2009 at 9:18 nm

    Ja-nee, Eelt, jy sal my ook moet oortuig “vet mense lewe langer as maer mense en het ‘n beter kans om ‘n hartaanval te oorleef.”

    Ek sien jy’t baie leesstof vir ons. Dalk moet ek eerder begin lees. 😉

    Antwoord

  4. It reported that among dialysis patients, “obese” patients are far more likely to survive than smaller patients….

    Wel dit is wat gese word in die studie wat jy hierbo aanhaal, met respek, mense wat op dialiese is, is bitter siek. Hulle wag basies vir ‘n nier of hulle gaan sterf. Dit is nie waar om te se die vet beskerm jou nie.

    En ‘n hartaanval? Jammer, maar die info is net eenvoudig verkeerd.

    Antwoord

  5. Boendoe en Rosalind ek het ook gedink dat die skryfster te veel waarde heg aan daardie een studie. Dit is maar net interessant dat die oorlewingskoers andersom was as wat verwag is, maar soos Rosalind se, dit is net onder ‘n spesifieke groep pasiente en mens kan nie daaruit aflei dat vet mense in die algemeen langer leef nie.

    Die beste skakel vanaf daardie stuk is die een na die New York Times artikel genaamd “Genes take charge, and diets fall by the wayside”. As mens daardie artikel glo, dan moet jy aanvaar dat liggaamsvorm hoofsaaklik geneties bepaal word. En as dit so is, moet jy jou afvra of dit goed en reg is om meisies en vroue wat van jongs af daagliks seergemaak en verwerp is oor hul liggaamsvorm, nog steeds in hul volwasse lewe te treiter met eindelose waarskuwings oor vet. En as mens sien hoe seer dit hulle maak, hoe hulle op jo-jo diete gaan en hulself haat, dan is dit nie moeilik om in te sien dat ons ander die eintlike probleem is nie.

    Antwoord

  6. Aj ja, as meer mense tog net wil leer om nie op uiterlike te oordeel nie…

    Die obsessie met die “regte” liggaamsvorm, dink ek, doen meer mense meer skade aan as oorgewig.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s