Wat sal mens sê van ‘n vet-fetish?

Wel, wat sal mens sê van enige fetish?  Ek dink wat dit ook al is, dis nou rêrig nie die ergste nie.  Maar  die nadeel van enige fetish is dat mens al die ander dinge van ‘n  vrou kan miskyk…

Daar is niks van ‘n mooi vrou – geestelik of fisies – wat nie vir my asemrowend is nie, en daarom is ‘n fetish eintlik ‘n simpel beperking.

En  mens moet jouself afvra, hoe voel dit vir ‘n vrou om gereduseer te word tot net een aspek?  Sekerlik sal enige vrou wil hê dat ‘n man nie net een aspek van haar liefhet, en heeltyd daarop konsentreer nie.   Dieselfde is waar vir ‘n vet-fetish – ‘n vrou is tog baie  meer as net haar vet.

Ek dink nie ek het ‘n vet-fetish nie, maar daar is sommige vet vroue wat vir my hartroerend mooi is, en sommiges wat vir my vreeslik sexy of cute is.  Maar nee, ek wil nie hê jy moet probeer vet word nie – dis in elk geval feitlik onmoontlik om jou gewig oor die lang termyn te verander.

Ek sal eerder dat iemand dink ek het ‘n vet-fetish as om toe te laat dat hy of sy vet skoonheid ontken. Dis hoekom ek mal daaroor is dat Rosalind Franklin dink ek het ‘n vet-fetish.

Advertisements

13 responses to this post.

  1. Dis nou die eerste keer wat ek op jou blog afkom! Ek sê mens kan geniet wat jy wil. Hoekom nie geronde vroue waardeer nie? 😉

    Antwoord

  2. Hoekom dink Rosalind Franklin jy het ‘n vet fetish?

    Antwoord

  3. Hi Retha en Girl
    Retha, dankie vir jou lekker positiewe kommentare!
    Girl, ek het ‘n ander blog waar ek per ongeluk ‘n paar fotos van skamel geklede dametjies geplaas het wat vir my mooi is. Rosalind het daar, en by Boendoe se blog, laat blyk dat hulle haar nie geval nie, en dat “Die mans wat van die vrou hierbo hou het een of ander vet-fetish regtig”!

    Antwoord

  4. Ek het jou gevind! Nog nie alles gelees nie – sal more mooi kom opvang – maar ek dink ek gaan dit geniet. 😉

    Antwoord

  5. Ek wens ek en my vetties kon mooi wees vir my man – maar helaas, dis nie hoe hy dit sien nie… 😦

    Antwoord

  6. Ai Dellie, ek is so jammer.
    Daar is sekere dinge wat vroue kan doen waarteen ‘n man geen weerstand het nie. Vet vroue het net soveel seks soos ander vroue: http://living400lbs.wordpress.com/2008/09/15/yes-virginia-fat-women-have-sex-too/

    Dus, mans kan vet vroue nie weerstaan nie.

    Ek dink die ongelukkige en hartseer feit van manne wat iets te sê het oor hul vrou se gewig is dat dit eintlik gaan oor wat hulle pelle dink (en dit word weer deur die samelewing en verskaffers van verslankingsprodukte bepaal). Ek het eenkeer iets daaroor geskryf:
    http://eelt.wordpress.com/2009/03/16/vet-aanvaarding-moenie-bang-wees-nie/

    Antwoord

  7. Dellie

    Vergewe my as my “raad” onvanpas is – ek is maar net ‘n ou wat te veel lees, en miskien te min van die regte lewe af weet. Nogtans is ek seker die probleem is nie by jou of jou vetties nie.

    Antwoord

  8. Weet jy Dellie, ek hoor daar is mans wat meer van hulle vrouens se lywe hou na hulle kinders gehad het en ‘n bietjie meer leyf het….. Dink jy dit is ‘n mite?

    Antwoord

  9. Jy verdraai my woorde, ek het nog nooit gese “dit geval my nie”.

    Ek het nog die hele tyd oor gesondheidskwessies gepraat.

    Jy het my hele aanhaling uit verband uit gehaal, wat na my mening selektief is: Ek het dievolgende gese, vir die rekord!

    “Die mans wat van die vrou hierbo hou het een of ander vet-fetish regtig. Maar sy is te vet, sy gaan nie lank lewe nie.
    Ek is heeltemal ten gunste daarvan dat die druk op meisies om ‘n nr. 0, 2. 4 en 6 rok te dra moet waai want indien jy te maer is van van 12 tot 20 is dit die grootse faktor om vir jou osteoprose te gee en geen, maar geen aanvullings kan opmaak vir die beenverlies nie.

    So ek stem met jou, maar daar is ‘n balans, as sy so vet is soos die vrou gee jy vir jouself ten probleme t.o.v bloeddruk, diabetes, cholestrol, en jou hart en kniee kan dit net nie hou nie. En dit moet ongemaklik wees.

    En ja om mooi te wees, is vir my tussen die ore.”

    Dit gee so ‘n bietjie van ‘n ander prentjie, ne?

    Antwoord

    • Konteks is belangrik soos jy sê. En die konteks van daardie argument was ‘n post oor vet skoonheid, en dis juis die plek wat jy gekies het om jou vet-fobiese prekie af te steek.
      En ek sien jy hou steeds aan met jou “gee jy vir jouself probleme” mite – asof enige iemand kies om vet te wees.
      En nee, mooi is nie net tussen die ore nie – sommige fotos vam vet vroue is vir my (en duisende ander mans) mooi sonder dat ons enige iets van haar persoonlikheid weet.

      Antwoord

  10. So asb volgende keer wat jy ‘n inskrywing maak, en my naam gebruik, doen dit asseblief reg. En as jy my aanhaal, dan haal jy my HELE aanhaling aan asseblief, nie net die sappige sensasionele deeltjie nie – wat hier is ‘n valse indruk van my geskep.

    Ek bly by my standpunt dat die vrou in hierdie foto’s wat betrekking het tot my opmerking so vet is, dat haar hele gesondheid en uiteindelik lewe in gevaar is.

    http://eelt.wordpress.com/2009/03/16/vet-aanvaarding-moenie-bang-wees-nie/

    Antwoord

    • Jammer RF ek maar ek kan nie saamstem dat ek jou onregverdig behandel het nie.

      Alles wat jy tot dusver kwytgeraak het is uiters vet-fobies en ook oningelig oor die saak, en dis eintlik baie goed dat jy kommentare gelewer het, want dit wys presies wat ek bedoel as ek praat van vet-fobie.

      Kyk bietjie wat skryf jy nog:
      http://bashinginnieboendoes.wordpress.com/2009/05/10/baie-kriewelrig/#comment-5374

      “..maar flip dit is beroerte soek daai vreeslike, vreeslike oorgewig. Oorgewig = bloeddruk te hoog = beroerte. glo my maar”

      Dit is sterk, kwetsende taal en boonop totaal onwaar want vet, bloeddruk en beroerte het glad nie ‘n direkte verband wat met isgelykaantekens aangedui kan word nie.

      Dis te betwyfel dat vetwees op sigself ongesond is want daar is genoeg gesonde vet mense wat die teendeel bewys. En net soos die meeste mense verwar jy oorsaak en gevolg, want daar is wel baie mense wat ongesond lewe en vet is, (en ja, daar is ‘n verband tussen ongesond lewe en vet word), maar dis eenvoudig nie die volle prentjie nie.
      Daar is ook mense wat maer is en ewe ongesond lewe en dan vroeg sterf as gevolg daarvan. Maar omdat hulle nie vet is nie, sien niemand hulle risiko raak nie, en dan sterf hulle op tragiese wyse selfs in hulle 30s.
      Daarom is dit beter, nee noodsaaklik, om die klem in alle gevalle op gesond lewe te laat val, en nooit op vet self soos wat jy doen nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s