My tannie se wilskrag

My tannie is vet.

Sy is ook ‘n vrou met ‘n ysere wil.  Niemand wat haar ken verkeer onder enige twyfel oor haar wilskrag nie, want sy is ‘n entrepeneur wat fantastiese dinge bereik het.   Die ure wat sy gewerk het, en die uitdagings wat sy oorkom het, is net ongelooflik.

‘n Klompie jare gelede het sy besluit om gewig te verloor.  Soos al die ander dinge in haar lewe het sy dit met mening aangepak, en dit was nie baie lank nie, toe is sy slank.   En sy het haar gewig op daardie vlak gehou vir ‘n paar jaar (seker so 4, maar ek gaan haar nou nie vra om dit te bevestig nie).

Vandag is sy weer vet – swaarder as wat sy was.   Sy is nog steeds energiek,  gesond en vol ondernemingsgees.  Sy is nou in haar sestigs.  Sy is maar net een rede hoekom ek geneig is om die HEAS – kamp*  se argumente te glo, en nie die Deathfat** – kamp s’n nie.   As mens eers eenmaal vet was, neig jou liggaam altyd weer terug daarna.  Gewig verloor is meesal tydelik, maar nogtans kan jy gelukkig en gesond lewe as jy vet is.

*Die HEAS, oftewel Health at Every Size – kamp bestaan uit dieetkundiges en medici wat die doel van gewig verloor laat vaar, en op ‘n ander doel fokus, naamlik gesond lewe, gesond eet, selfaanvaarding en fiksheid.

**Deathfat dokters is die wat glo dat mens gedurig gesondheidswaarskuwings moet uitreik aan vet mense om hulle te waarku om gewig te verloor, ongeag die feit dat hulle jare lank reeds probeer, maar nie kan nie.   Deathfat dokters glo ook vas dat mens van vet op sigself ongesond is, terwyl daar eintlik vele oorsake is vir ongesondheid,  onder meer swak eetgewoontes en min oefening.

Advertisements

5 responses to this post.

  1. Jy’s reg. Daar is ‘n sekere gewig waar mens se lyf “gelukkig” is en dit verskil van persoon tot persoon.

    Ongesond eet en leef (en dit sluit ongelukkigheid met mens self in) is die sondebok, nie om nie te voldoen aan die algemene bevolking se idee van ideale gewig nie.

    Ek was al vet en maer en dit het eerlik nie my gesondheid laat verander nie.

    Interessante pos

    Antwoord

  2. Dankie Nelba – elke persoon soos jy wat uitkom en dit sê maak dit makliker vir die res om te begin besef ons word ‘n klomp leuens gevoer oor vet. ‘n Mens kan vet en gesond wees.

    En dis waar wat jy sê oor ongelukkigheid met mens self. Dit is op daardie terrein dat die verslankingsindustrie, sommige dokters en beledigende persone (soos H1N1 in ander goor kommentare op my blog vandag) groot skade aanrig, want dus hulle wat daardie ongelukkigheid veroorsaak, en dis iets wat al hoe meer gebeur.

    Antwoord

  3. Posted by H1N1 on Junie 4, 2009 at 9:31 vm

    ? Beledigende persone soos H1N1. Ek skryf ‘n rustige kommentaar -en jy noem dit “die presiese woordeskat van haat”. Jy beskadig sommer jou saak self- ander hoef dit nie vir jou te doen nie.

    Antwoord

  4. Jy moet begin onderskeid tref tussen vet mense en obese mense. Daar is ‘n groot verskil.

    Antwoord

  5. Hoe verander mens van vet na obese? Jy ervaar die pyn van vet diskriminasie. Dieet. Verloor gewig. Tel dit dit weer op. Jo-jo, en eindig op as obese. Dit kan met enige iemand wat mollig is gebeur.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s