Koplose vet mense wat vreet

vooroordeel

Hierdie foto is tipies van die manier hoe die vet-fobiese media deesdae vet mense uitbeeld – ontneem van hul menslikheid.

Glo my nie?   Kyk dan ‘n bietjie na hierdie site met fotos van koplose vetties.

Jissie, dis ons moeders, meisies, vrouens en susters daai!   Hoekom laat ons toe dat hulle so behandel word?

Advertisements

10 responses to this post.

  1. Posted by H1N1 on Junie 3, 2009 at 7:06 vm

    Vet mense- dis nou rerige vet mense( nie mollig of “`n rond gekurf nie” , is regtig nie mooi nie.

    “Ontneem van hul menslikheid” – dit is ‘n bietjie rof gestel. Morbiede vetsugtige mense het net so ‘n negatiewe impak op hulle gesinne en gemeenskap soos alkoliste en rokers.

    Antwoord

  2. Dis goed dat jy die presiese woordeskat van haat waaroor ek skryf hier kom ten toon stel vir almal om te sien. En mens kan in jou eerste sin al sien wat die hoofbeginsel van jou denke is: vroue (selfs ander mans se vroue) se eerste plig volgens jou krom denke is om vir jou mooi te lyk.
    Jy het duidelik geen clue oor alkoholisme en rook se impak nie. Daar is hope vet vroue wat wonderlike en toegewyde moeders is.

    Antwoord

  3. Posted by H1N1 on Junie 3, 2009 at 11:17 vm

    “die presiese woordeskat van haat” – hoe melodramaties suster.
    Jy hoef seker vir geen man mooi te lyk nie, dus kry nog ‘n roomtertjie en chill.

    Antwoord

  4. Ek IS ‘n man, pel.

    Antwoord

  5. Ek het na die stuk van koplose vetties gaan kyk en ek is jammer, maar al ek kan nie verstaan dat mense hulle self so laat gaan om so groot te word nie. Baie min van die gevalle lyk ‘n persoon so juis oor hulle hulself ooreet. Onderliggende probleme moet dan aangespreek word. Hoe kan jy respek vir jouself he as jy so groot is?

    Antwoord

  6. Ag jinne, delete asseblief die boonste post. Ek maak glas nie sin nie want ek het dele gedelete en het nie verder geedit nie.

    Ek het na die stuk van koplose vetties gaan kyk en ek is jammer, maar ek kan nie verstaan dat mense hulle self so laat gaan om so groot te word nie. Baie min van die gevalle lyk ‘n persoon so oor mediese redes en in die meeste gevalle juis oor hulle hulself ooreet. Onderliggende probleme moet dan aangespreek word. Hoe kan jy respek vir jouself he as jy so groot is?

    Antwoord

    • Hello GirlvdS

      Ek is oortuig daarvan dat vet of maer niks te doen het met hoe goeie, oulike persoon mens is nie, maar alles te doen het met die hand wat die lewe jou uitgedeel het.

      Ek dink daar is geen verskil in die hoeveel respek wat mens moet hê (en wat mens vir jouself moet hê) as jy maer, mollig of baie vet is nie. Die redes daarvoor is eerstens omdat ek 2 vroue in my familie het vir wie ek baie, baie respek het.
      Ek het oor hulle albei geskryf:
      https://verslanking.wordpress.com/2009/05/27/my-tannie-se-wilskrag/
      en
      http://eelt.wordpress.com/2009/03/01/my-oom-se-vrou/

      Sommige vet mense is baie vetter as wat hulle sou wees, agv van dieete. Want as jou gewig jo-jo, gaan jy swaarder eindig as wat jy was. En dis een manier hoe die samelewing se houding jeens vet mense ‘n ongewenste effek het. Want vet mense (vroue veral), wil so bitter graag slank wees.

      Wat jy glo oor mense wat vet is omdat hulle ooreet is wat algemeen geglo word. Tog meen ek die waarheid is baie ingewikkelder as dit, en namate navorsing rondom vet vorder, sal gesien word dat die samelewing se houding oor vet mense ‘n groot probleem is, en dat vet mense niks het om oor skaam te wees nie.

      Antwoord

      • Hello Eelt

        Jy is reg as jy se jou gewig maak nie van jou minder oulik nie… Ek glo egter jou eet gewoontes spreek boekdele oor hoe jy oor jouself voel. Niemand kan my anders wys maak nie want ek het vir 15 jaar lank aan ‘n dieetsiekte gely….

        Antwoord

  7. Ek is jammer om van jou dieetsiekte te hoor GirlvdS, en bly dat dit agter die rug is. Hopelik sal jy kan getuig dat mense wat sulke probleme het niks het om oor skaam te wees nie. Die lewe is nie regverdig nie want party mense se lewens is eenvoudig baie hard en moeilik teenoor ander s’n.
    So as so iemand nou ‘n dieetsiekte opdoen, en ‘n ander persoon wat heeltyd met sy stert in die botter val doen nie ‘n dieetsiekte op nie, het die persoon met die dieetsiekte nou iets om oor skaam te wees, en die een met die stert vol botter iets om op trots te wees?

    Ek dink nie so nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s