Bottelvet

Ek het anderdag ‘n verpleegster hoor sê dat bottelvoeding van babas ‘n oorsaak is of bydraende faktor is daartoe dat hulle as volwassenes oorgewig is (let wel: ‘n oorsaak of faktor, nie DIE oorsaak nie). Ek het nog nie verder gelees oor die saak nie, maar ek glo sy het dit nie sommer net uit haar duim gesuig nie.  ‘n Vinnige soektog wys daar is baie.

So wat beteken dit vir vetaanvaarding? Obvious, really – dit maak geen sin om mense te laat sleg en skuldig voel, en hulle te blameer oor iets wat dalk  in hul babadae al veroorsaak is nie, en dat mense wat slank is, nie noodwendig self rede het om so meerderwaardig te voel nie.  Slankheid is dalk iets wat hulle met moedersmelk ingekry het, terwyl hulle in werklikheid dieselfde hoeveelheid eet, en dieselfde hoeveelheid oefening kry as as ‘n vet persoon.

En vandag sien ek ‘n ander verpleegster (my gunsteling nursie), skryf oor borsvoeding.  Baie oulik Boends, ek kan rerig nie glo jy het daaraan gedink om jou blog te protect nie.

Advertisements

5 responses to this post.

  1. Ai, ai, Eelt! 😉

    Antwoord

  2. Ek kan nou eerlikwaar nie die kloutjie by die oor bring oor die oorgewig storie en borsvoeding nie! Dit is dan nou die heeeeel natuurlikste bron van voeding vir ‘n baba….. Die is wat babas van alle tye af veronderstel was om te drink…. Call me stupid maar ek dink dis ‘n simpel redenasie….
    BTW – Nice blog, kannie glo ek kom nou eers hier nie!

    Antwoord

    • Hello Pikkie & welkom! Ek is nou nie seker of ek jou reg verstaan, en of jy my reg verstaan het nie, maar borsvoeding is natuurlik die beste, en lei tot gesonder kinders wat miskien ook slanker volwassenes word. My punt was maar net dat ‘n vet persoon het geen beheer oor wat met hom as baba gebeur het nie, en ook nie oor sy gene nie. So dit maak nie sin om vet mense te laat sleg voel oor dinge wat hulle nie kon beheer nie.

      Antwoord

  3. Die “slimmes” ontdek voortdurend nuwe wonderlike goed wat in borsmelk voorkom. Dis natuurlik nie nuut nie, dis net ons mense wat dink ons kan dinge beter as die natuur doen en dan agterkom, haai, nou toe… 🙂

    My twee wat lank geborsvoed is, is wel baie gesonder as Loren vir wie ek borsvoeding nie so lank kon borsvoed nie. En snaaks genoeg, terwyl hy uitsluitlik borsmelk gekry het, het hy (CP en al) glad nie siek geword nie.

    My babas was almal baie groot en het “vet” voorgekom. (In so ‘n mate dat mense my aangeraai het om op te hou borsvoed. Sotlik!)Maar vandat hulle aktief begin word het, is hulle eerder te maer na my sin.

    Ek was altyd baie militant oor borsvoeding, maar na Loren besef ek soms kan mens dit om watter rede ook al net nie volhou nie. In sy geval kon hy nie sluk nie, wat beteken dit alle voedings moes gepomp word. Ek kon dit volhou vir omtrent agt of nege maande. So ek weet nou niemand mag ‘n ander oor iets soos borsvoeding of gewig as gevolg van ‘n gebrek daaraan veroordeel nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s