Wys jou hart vir Google

As mens blog kry jy toegang tot die soekwoorde wat mense gebruik het om by jou blog uit te kom, en dit is baie insiggewend.  Wat is dit wat jou die meeste pla?  Op een of ander stadium tik jy dit in by Google.  Jy tik byvoorbeeld:

Hoekom is ek vet?

So het iemand onlangs by my blog uitgekom, en ek is seker dis nie sommer so terloops ingetik nie, daar sit baie pyn agter daardie vraag.

Hierdie blog het ongelukkig nie alles wat jy wil weet daaroor nie, maar een ding waaroor jy dalk moet nadink is hoekom dit jou so pla dat jy vet is?  Miskien is dit omdat verslankingsmaatskappye ‘n mislike,  vet-fobiese en selfs vyandige gesindheid in die samelewing teenoor vet mense veroorsaak het. En miskien het jy, nog nie van vetaanvaarding en Health at Every Size gehoor nie.  As jy nie het nie, is dit dalk die beweging wat jy moet join om jou te help teen die mense wat jou so onnodig seer maak.

Jy kan leer hoe om jou kop op te tel teen vet diskriminasie, leer hoe om fiks en gesond te wees ondanks die vet, en leer van hoe jo-jo dieete jou op die ou end swaarder gaan laat eindig.

En jy kan lees van vet mense wat in baie gelukkige en liefdevolle verhoudings is.  Dat vet mense net soveel seks as slanke mense het, en dat ‘n voorkeur vir slankheid kultureel (dws deel van vandag se kultuur) eerder as natuurlik en universeel is.

Verder kan jy leer hoe om te veg teen vet-fobie in die mediese wereld.  Want vet-fobie onder mediese personeel lei tot probleme soos misdiagnose en ‘n gebrek aan belangstelling om vet mense te help.  Sien veral fathealth.wordpress.com oor hierdie mediese wanpraktyke.

Vet-fobie onder medici lei ook tot leuens en halwe waarhede oor wat die ware gesondheidsimpak van vet is.




Advertisements

3 responses to this post.

  1. Jy begin al hoe meer my hero raak, vreeemde mens.

    Antwoord

  2. Jis, Girltjie, ek het vandag hierdie soektogte gekry:

    “ek wil so graag gewig verloor”
    en
    “mense verwerp jou as jy vet is”

    Dit spoor my net meer aan.

    Antwoord

  3. […] weerloosheid. Lewer Kommentaar ‘n Ander keer het ek geskryf oor hoe mense hulle harte vir Google wys.  En wraggies noudie dag sien ek weer so ‘n noodroep. hoe moet ‘n vrou sexy vir haar […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s