Die potlood toets

Vandag het ek vir die eerste keer van die pencil test gehoor.  Dit is so aan my verduidelik:

“As jy die pencil test slaag kan jy nie ‘n potlood onder die hang van jou borste vasknyp nie want dis te perky!”

Dit is baie interessant vir my, en natuurlik het ek agterna gewonder hoe kan ‘n vet meisie daarmee kompeteer?

So toe het ek gedink aan die hand toets.   Dit werk so:

Sit ‘n man se hand onder die hang van jou bors.  As hy daar bly , dan slaag jy die toets!

Advertisements

18 responses to this post.

  1. Nou dat ek oor die skok en horror is… wonder ek…. bespreek julle mans nie die goed nie?

    Antwoord

  2. Ek tel seker nie heeltemal onder “julle mans” nie. Ek vermy dit gewoonlik om met mans oor vroue te praat.

    Antwoord

  3. 😆 Jy’s maar lekker agter die tyd as jy nou eers van die pencil test gehoor het!

    Antwoord

  4. Baie funny ek dink op slegte dae voel ons girls ons kan ‘n hele pennesakkie daar vas knyp en op beter dae…’n boksie tjoklits 😉

    Antwoord

  5. Daar is vroue wat maer is wie se borste gou hang, om verskeie redes, en nie die toets sal “slaag” nie.

    En vroue wat tot in hul laat vyftigs wie se borste steeds perky is, omdat hulle nie in die son gele het nie, altyd bra gedra het, nie geborsvoed en/of kinders gehad het nie, ‘n goeie vel het, en danksy genetika.

    Dit issie ‘n vet-isse nie, maar ‘n cup-size een

    Antwoord

  6. 😆 Rosa! Jammer dat ek lag, maar jy’s altyd die nugter een. Ok maar goed! :mrgreen:

    Antwoord

  7. Son Rosa? Wat maak die son dan? Of praat ons nou van topless?

    Antwoord

  8. Ek sal nou nie met jou stry nie, Rosalind, en ek is baie bly jy het “danksy genetika” op hierdie blog geskryf.

    Antwoord

  9. Julle moet nou vir mekaar begin liefraak. Julle is albei vrek-oulik! :mrgreen:

    Antwoord

  10. Dankie Boends, ek hou baie van Rosa, en ek is mal oor haar blog.
    Dis net haar idee dat mens mense tot maerheid kan waarsku wat so ‘n bietjie pla. Want dis glad nie baie ver van die ander baie algemene idee dat mens vroue tot maerheid kan verneder nie.
    http://kateharding.net/2009/07/09/top-10-subtle-ways-to-get-douchehounded-on-shapely-prose/
    So as ons verby daardie probleempie kan kom, kan die liefde blom!

    Antwoord

  11. hahahah.. 😆

    die hand toets.. ja nou het ek alles gehoor.. 😉

    ek dink rosa praat waar daar waar sy sê van genetika.. ‘n mens is nou maar gebore soos jy gebore is.. en as daar hang boobs is wat oorgedra word, word dit oorgedra.. 😀

    Ek ken iemand wat nou onder die maer groep sal val en haar borste hang meer as myne! En dit nog VOOR sy kinders gehad het.. ek wens sy wil eerder ‘n bikini dra wanneer dit swemtyd is, want in ‘n vol kostuum sonder “support” lyk dit nie te wel nie..

    Antwoord

  12. Welkom Spinnekoppie, hierdie ander 2 het my so besig gehou ek het amper vergeet van jou!
    Party van ons voel anders oor die sakie van “lyk nie te wel nie”. Ek kan dit motiveer met fotos, weet net nie of ek moet nie..

    Dink jy ek moet?

    Antwoord

  13. hahah.. 😆

    nee.. asb.. ek sien genoeg elke somer..

    ek dink net dit lyk nie te wel nie, veral as dit lyk of jou boobs by jou naeltjie verby hang.. en dit veral by ‘n slanke mens.. lyk net vir my bietjie uit verhouding uit.. 😕

    ek is nou nie juis slank nie, maar ek dink my boobs lyk heel goed in ‘n vol kostuum.. lekker vol en rond .. nie so hangerig nie.. 😉

    Antwoord

  14. Ek glo jou Spinnekoppie,”vol en rond” is baie mooi.
    Ek sê maar net altyd daar is meer as een soort mooi, veral vir ons mans, en daar is nie reels vir mooi nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s