Amerika se “War on obesity”

Gelukkig het ons land nog nie ambisies (sover ek weet), om ‘n “War on obesity”  te begin nie.   Amerika het wel, en net soos met die “War on terror” is daar groot probleme rondom die idee.

Kate Harding, die mees bekende vet aanvaardingsaktivis (sy is eintlik die groot figuur agter die hele beweging) debatteer die kwessies rondom “War on obesity” met ‘n  dokter (link heel onder).

Dit is baie goed en dis ook interessant om haar in lewende lywe te sien.  Die dokter is ook nie sleg nie, soos Carrie dit  stel op BigfatBlog:

Hoe kan die dokter soveel goeie HAES beginsels voorstaan, en nog steeds wil he dit moet ‘n oorlog op gewig wees in plaas van ‘n veldtog teen ‘n onaktiewe lewe en ongesonde kos?

Die debat is hier:

Advertisements

3 responses to this post.

  1. Ek kry nie die hele ding deurgekyk sonder om onderbreek te word nie. Maar enigiets wat enige mens eerstens in ‘n kategorie plaas wat nie voorsiening maak vir mense se individualiteit nie, tweedens wil dwing om te konformeer op grond van die heersende mediese wysheid (wat per se merendeels twak is en wat van jaar tot jaar skyn te verander afhangende van watter maatskappy wat medisyne vervaardig die navorsing borg waarop dit gebaseer is) en derdens die menslike tendens om te diskrimineer versterk, moet blitsig in die kiem gesmoor word. Die probleem is net dat mense kies om dokters te glo of hulle sin maak of nie. Omdat hulle te lui of te dom is om vir hulleself te dink.

    Een ding wat die ouens wel skynbaar begin besef is dat baie van die probleme wat mense beleef (almal, nie net mense wat as “obese” gesien word nie) direk teruggevoer kan word na lewenstyl. Die ongeluk is net dat die liggie aan is, maar daar’s niemand tuis nie. En so word een verkeerde aanname op ‘n ander gebou tot die hele ding in ‘n gemors ontaard.

    Net my twee sent.

    Antwoord

    • Skies wat ek met die eerste sin van die tweede paragraaf bedoel is dat daar verseker mense is wat “obese” is wat met gesondhiedsprobleme sit as gevolg van lewestylkeuses, maar dat dit nie almal is nie. En dat daar eweveel maer mense is met presies dieselfde probleme.

      Antwoord

      • Dis waar Nelba, en hoe die vreeslike fokus op gewig is eintlik ‘n gevaar vir maer mense is, is eintlik die tema van ‘n blog wat ek beplan.
        Want soms kry jy maer mense wat sterf voor hulle 40 is, aan die gevolge van kitskos en geen oefening, en dan het niemand hulle ooit gewaarsku nie.

        Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s