HAES Howto: Vergeet van jou gewig, konsentreer op jou gesondheid

Dit is die eerste beginsel van Health at Every Size.   Maak nie saak hoe vet jy is nie, en of jou oefening en eetgewoontes jou laat gewig verloor of nie, jy is dit aan jouself verskuldig om gesond te lewe.  Altyd.  Gereeld oefening te kry en altyd gesond te eet.  Net soos enige iemand anders, selfs maer mense dit behoort te doen.

Jy los net die obsessie met gewig.  Jy gaan nooit op ‘n dieet nie, selfs nie eers vir jou troue nie (jou aanstaande behoort te verstaan, anders gaan julle in elk geval probleme optel).   Want dis ‘n bewese feit dat mense wat dieet die gewig wat hulle verloor weer optel, gewoonlik met rente.  So verander hul lewe in ‘n ewige obsessie met nie net met gewig nie, maar ook met kos.  Hoe tragies, veral as mens gesien het dat daar wel baie vet mense is wat gelukkige en gesonde lewens het.

So dis juis hierdie obsessie met gewig wat maak dat soveel meer mense dieetsiektes optel.  Die obsessie maak mense juis vetter, so dis die obsessie wat moet waai!

so-weeg

Advertisements

6 responses to this post.

  1. Bwahahah… Dis hoe ek ook op ‘n skaal klim! Nie gedink dis so weird nie. 😉

    Ironie is…. en ek begin dit nou al hoe meer besef en raak sommer skaam vir my aanvanklike reaksie en kommentaar aangaande obese mense… Jy as die vettie kan maar vrede in jou hart he oor hoe jy lyk… dit is ander se reaksie wat maak dat jy minder van jouself hou.

    Ek het gister ‘n moerse onder onsie met ‘n vriendin gehad want sy sit en bekyk foto’s en lewer kommentaar oor hoe vet sy lyk en ek het v haar gese dit sit my af. In dieselfde asem is sy die een wat my bly aanhits om weer te streef om weer so maar te word soos 10 jaar terug. Al hoe ek dit gaan doen is as ek weer bulimies raak wat nie vir my nou ‘n opsie is nie. Ek het dit ook so verduidelik… haar reaksie was… do what ever it takes…

    Nou ek eet regtig nie baie nie… dalk eet ek te min, maar ek het myself skade aangerig en my metabolisme is gef*k en dit is hoekom ek so sukkel.

    Mense verstaan dit eenvoudig nie.

    Dus… apologie aan die gene wat ek al sleg gese het oor hul gewig. 😳

    Antwoord

  2. Mooi so, Girlie, jy vorder goed op die pad na enlightenment. Dieselfde kan ongelukkig nie van jou arme vriendin gese word nie

    Antwoord

  3. JaJa liefste Eeltjie…. Ek se nog steeds, beauty is in the eye of the beholder… 😉

    Antwoord

  4. Posted by Stoffies on Oktober 27, 2009 at 11:12 vm

    Mag ek asb n vraag vra dis n baie goeie web blad wat jul het, maar waar kan ek meer uit vind oor hoe om gesond te eet. Ek moet my mammie gaan oppas wat in n rolstoel is en wil graag seker maak dat sy ook goed voel en die regte kossoorte daagliks in neem aangesien sy klaar depresief is omdat sy in n rolstoel beland he, maar dis ook belangrik dat sy nie gewig mag aan sit nie aangesien ek haar steeds moet kan hanteer deur haar te bad en self te versorg, waar kan ek na die beste raad gaan soek?
    Baie dankie vir n hulp sover!!!

    Antwoord

    • Stoffies, ek dink julle het die kundigheid van ‘n opgeleide dieetkundige nodig.
      Ek gaan bietjie probeer uitvind hoe, en waar, en dan sal ek jou email. Intussen wil ek jou net alle sterkte toewens.

      Antwoord

  5. Posted by Stoffies on Oktober 28, 2009 at 9:20 vm

    Baie dankie vir al u moeite ek waardder dit baie dankie ook dat u terug gekom het na my toe, ek wag geduldig op die volgende e-pos en hoop dat ons die rege en beste raad sal kan kry!!
    n Heerlike dag word u toegewens!!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s