Ek skryf aan Hettie Etikettie

Na ek een keer van Hettie Etikettie gehoor het, het ek besluit om aan haar te skryf.  Hier is ons korrespondensie, woord vir woord:

Liewe Tannie Hettie

Ek het ‘n blog wat gaan oor vet aanvaarding en vet skoonheid, en wat probeer om vet-fobiesheid te beveg (by verslanking.wordpress.com ). Ek wil graag die blog opkikker met mooi fotos van aantreklike vet of mollige dames.
Hoe gaan mens te werk om ‘n vet dame vir sulke fotos te vra, in ag genome dat sommige vet vroue baie sensitief is oor die sakie, en dalk nie self insien hoe mooi en glamorous hulle is nie?

Beste wense
Eelt

‘n Maand later, kry ek toe die antwoord:

Goeiedag Eelt

In ag genome dat daar baie uiters smaaklose siek jong\en ou dames en here op die kuberruimte snuffel met allerhande obsessies en verskuilde agendas, mag dit dalk vir sekere oorgewig dames angswekkend wees om hulself te ontbloot op ‘n webtuiste wat juistement sulke obsessies kan bevat. Die beste raad sal egter wees om ‘n paar dames te vra om te vrywillig self die keuse te maak. In die eerste plek moet ‘n oorgewig dame die sensitiwiteit laat staan aangesien elkeen self verantwoordelik is vir sy liggaam. Daar is wel oorgenoeg oorgewig dames wat wel gevlei sal voel indien u hulle vra om te poseer vir u webtuiste. Stuur dus ‘n epos na ‘n paar sulke dames wat u as mooi en “glamorous” beskou, vlei hul deur te sê dat u hul as ‘n positiewe voorbeeld wil gebruik en vra dan of hulle nie graag as model wil dien op u webtuiste nie.
Ek hoop van harte u kry die gewenste reaksies.

Groetnis

Die Uwe
Hettie Etikettie

Ek skryf toe dadelik die volgende:

Hello Hettie

Baie dankie vir hierdie antwoord.  Ek hoop u besef dat ek geen siek obsessies het nie, net ‘n yslike gly aan liggaamsfacisme.  Ek ken wel drie dames wat kwalifiseer as mooi, vet en “glamorous”, maar hulle is ook ongelukkig getroud, so ek sal dit nie waag om hulle te vra nie.

Die eerste ander persoon aan wie ek kan dink om te vra is jyself, want ek het op jou webbladdsy gesien dat jy voeldoen aan al 3 vereistes.

Daarom: sal jy dit oorweeg om aan my ‘n paar smaakvolle fotos te stuur van hoe ‘n pragtige vet vrou kan lyk.  Dit sal as positiewe voorbeeld dien om aan ander vet vroue te wys dat vet geen struikelblog hoef te wees nie, en dat ‘n vet vrou inderdaad baie mooi kan wees, asook ‘n gelukkige en nuttige lewe kan hê.

PS:  Let asseblief op dat die woord  “oorgewig” daarop dui dat een of ander norm oortree is.  Dit is glad nie die geval dat vet mense enige iets verkeerd doen wat ander mense regkry om nie verkeerd te doen nie, en daarom beskou ek dit as slegte maniere om iemand “oorgewig” te noem.  Gebruik eerder die woord “vet”, want dit dui bloot op die persoon se liggaamsvorm, en die woord vet bevat dus nie enige onnodige en onregverdige veroordeling van die persoon se lewensstyl nie.

Beste wense
Eelt

Geagte Eelt,

U flous uself as u dink dat ‘vet’ ‘n beter woord as oorgewig is om te gebruik. ‘Vet’ is ‘n veel krasser woord wat meeste “oorgewig” dames of here in die gesig kan vat. Dit word meestal gebruik om die liggaamsbou van ‘n dier te beskryf. ‘n Lekker vet ooi heg ‘n positiewe konnotasie. Dit werk egter nie dieselfde met mense nie. Daarom stem ek nie saam met u benaming nie. Oorgewig dui slegs daarop dat die persoon nie die gewig is wat hy\sy behoort te wees in verhouding met die res van sy liggaam nie. Ongeag of hulle gelukkig is met hul gewig of nie. Een feit bly staan – maak nie saak hoe u dit probeer goedpraat nie, om vet te wees is nie ‘n gesonde leefstyl nie. Daarom, as oorgewig dame, voel ek dat dit uiters smaakloos is om mense op u blog ‘vet’ te noem. Dit is neerhalend. Dankie vir u uitnodiging. Ek voel egter nie dat ek as ‘n model wil optree op u webtuiste nie, aangesien ek nie die “vet “leefstyl ondersteun nie en graag op hierdie stadium besig is om die vetjies af te skud deur ‘n gesonde eetstyl en oefenprogram.

Alle Sterkte
Ek hoop wel u vind modelle.

Groetnis
Hettie Etikettie

49 responses to this post.

  1. Liefste, liefste Eeltjie…. 10 uit 10 vir probeer hoor!

    Maar ek dink die tannie sal baie mooier wees as sy daai liederlike brille afhaal en haar hare bietjie los laat! Aan die ander kant weer….. dink jy sy het hare? 😀

    Dalk moet jy ‘n kompitisie begin en kyk watse kiekies jy uit alle oorde ontvang?

    Like

    Antwoord

  2. Dankie Girltjie!

    Ek beskou haar bril as deel van haar unieke styl, en glad nie ‘n hindernis om haar skoonheid raak te sien nie.

    En hoewel ek baie graag haar hare sou wou sien, glo ek sy bere dit weg as ‘n aangename verassing vir ‘n heer wat sy eendag waardig sou ag om dit te sien.

    Like

    Antwoord

  3. 😯

    Ek beter my lippe nou gezip te hou…

    Like

    Antwoord

  4. Hoe so, Boends?

    Like

    Antwoord

  5. Nee, Eelt, netnou maak ek jou gevoelens seer EN netnou lees Hettie hier en dan maak ek haar gevoelens ook seer. 😆

    Maar, hei, jy’t my nog nie gevra of ek jou header sal wees nie! :mrgreen:

    Like

    Antwoord

  6. …eh…nee, hoor, dis RERIG net ‘n grappie! 😆

    Like

    Antwoord

  7. O jinne. Ek sien nou dis op die ernstige blog waar ek nou so ligsinnig is! 😯

    Like

    Antwoord

  8. Bwahahahah Boendoe’kie!

    As enige iemand Antie Hettie bekoorlik vind dan kan dit nie te ernstig wees nie 😀

    Like

    Antwoord

  9. Haai Boends, sal jy? Ek sal so bly wees!
    Ek het rerig nie gedink jy is in die regte gewigsgroep nie, maar so leer mens.

    Girlie, komaan, Hettie is ‘n slim vrou wat vir haar persona so ‘n bietjie preuts moet lyk, maar ek dink dis baie maklik om haar mooiheid te sien.

    Like

    Antwoord

  10. Nee sorry Eelt. Sy is nie vir my mooi nie. Ek sweer die vrou het nie hare nie!

    Like

    Antwoord

  11. Ps…. Is jy een van haar 244 fans op facebook?

    Like

    Antwoord

  12. No doubt, Girly. :mrgreen:

    Nee man, Eelt, luister nou bietjie vir my. Emsie Schoeman is die queen van etiket – en sy lyk nie soos Supernanny nie.

    Ek weet nie hoe ons jou gaan regkry nie.

    *sug*

    Like

    Antwoord

  13. Verander jy nou die onderwerp Boends?

    Like

    Antwoord

  14. Watter onderwerp, Eelt? Hettie of die header? 😆

    Like

    Antwoord

  15. Die header waarvoor jy so gaaf gevolunteer het.

    Like

    Antwoord

  16. In your dreams, china! Ek is heeltemal te inkennig daarvoor. :mrgreen:

    Like

    Antwoord

  17. Maar dit was jou idee!
    As jy te skaam of maer vir die header is, kan ons nog steeds ‘n spesiale bladsy maak vir skaam of maeretjies wat ook vet aanvaarding ondersteun.

    Like

    Antwoord

  18. ‘n Spesiale bladsy? Dis die header of niks, Eelt! 👿

    En nou’t ek genoeg nonsens gepraat – ek moet iets vrolikers op daai blog van my gaan plak!
    😆

    Like

    Antwoord

  19. Julle 2 kan my blog maar enige tyd highjack.
    @Girly: Dis gaaf as jy kan kwaai raak. Jy gaan dit nodig kry!
    @Boendoe: ‘n Wit vel kan so verbode lyk en ‘aanvaarbaar’ is so ‘n beskeie ideaal.
    Maar ‘n bruin vel kan wel baie gesond en glamorous lyk.

    Like

    Antwoord

  20. Hoekom mag getroude vrouens nie vir jou model speel nie? Dit gaan mos oor die kurwes en nie om mee te trou nie! LOL.

    Like

    Antwoord

  21. Hello Trixi, lekker dat jy hier besoek. Getroude vrouens mag natuurlik enige tyd vir my projek model speel! Ek is maar net te skaam om die paar wat ek ken te vra.

    Like

    Antwoord

  22. Dan maak ons n plan.

    Like

    Antwoord

  23. Dankie Trixi, sien uit daarna!
    (Ter verduideliking – ek en Trixi het per email gesels)

    Like

    Antwoord

  24. 😆 Ek vind dit skreeusnaaks! (jammer as dit nie snaaks moes wees nie…hiehiehie- ek sal net saggies by myself lag, my kop weggedraai)

    Like

    Antwoord

  25. Hello Nikita en baie welkom.
    Ek is eintlik bly dat Hettie my so kon help om die blog interessant te maak. Sy is baie skerp, slim en snaaks.

    Like

    Antwoord

  26. Ek, op ‘n header! 😯
    Jy wil asb bly leef vir die volgende 100 jaar vir jou kinders/kleinkinders! 😆

    Like

    Antwoord

  27. Gaan jy name bysit?? 🙂

    Like

    Antwoord

  28. Boendoe! Jy moenie dat ek hier aan myne stik nie 😯 Eerstens het ek nie die guts nie, tweedens kwalifiseer ek glad nie vir hierdie header nie. haha…

    Like

    Antwoord

  29. Ek deps Desember. 😆

    En jy, Nikita? Girly? Kom, kom, voor die massas hier toesak met demands. :mrgreen:

    Like

    Antwoord

  30. Ahem… Gaan ons aantrek volgens maand of gaan almal maar ‘n calander girls op hulself trek en artistic nudes neem? Want Desember is bikini maand. Ek kies Julie!

    Like

    Antwoord

  31. 😆

    suid afrika het nie ‘n white christmas nie!

    Ek het geroep maar ek dink hy is besig! Sal hom leer ja! 😉

    Like

    Antwoord

  32. Ek is in my noppies oor al die aanbiedinge, onthou net Trixi is eerste.

    Like

    Antwoord

  33. En ek het ‘n geheue soos ‘n olifant – geen aanbiedinge mag terug getrek word nie.

    Maerietjies soos Boends en Nikita (as julle regtig maer is), is welkom, want maer mense kan ook vet aanvaarding doen.

    Soos julle sien, is die header baie plat en horisontaal, so enigeen wat daar wil wees moet dit in ag neem, deur byvoorbeeld plat te lê.

    Like

    Antwoord

    • eelt, gelukkig is ek “vrygelaat” van jou header! haha…onnies mag nie op websites verskyn nie, veral nie op headers nie…joegaai! Daar gaan boendoe! -(en ek hoor hoe dreun die skare en die gejuig van ‘n massa-gehoor op Loftus, die skare juig en Loftus gaan uit sy nate bars!) hie-hieee…..ons gaan sports hê! 😆

      Like

      Antwoord

  34. lol! Sal ek vir jou die “headlines” hier weergee as ek op ‘n blogheader verskyn, of sal ek dit vir jou los? 🙂

    Like

    Antwoord

Lewer kommentaar