Vetaanvaarding vir slanke meisies

Soms is daar iets so verspot maklik, so ‘n klein ietsie wat mens kan doen, wat so ‘n moerse verskil in iemand anders se lewe maak.  Soos vetaanvaarding.  Dis super-maklik om te doen (vir mense wat nie vet is nie).  So as jy slank is, en jy wil hierdie klein, maar wonderlike iets vir jou vet vriendin of vriend doen, moet jy net  hierdie paar dinge bemeester.

  • Onthou dat slank ≠ mooi.  Mens kry beeldskone vet meisies en vroue.  Mens kry interessante en goeie vet mans.
  • Om ‘n goeie vriendin te wees beteken nie om haar by te staan in die miskien onbereikbare ideaal van lewenslange slankheid nie, maar om lekker dinge saam met haar te doen; nie om dieettips te gee nie, maar om lekker saam met haar te eet.
  • En dit beteken nie om haar by te staan met haar “moeilike lewensstryd” (teen vet) nie, maar om haar te herinner, wanneer sy dit nodig is, dat vet glad nie so ‘n hindernis tot ‘n gelukkige lewe is, as wat beweer word nie.
Advertisements

6 responses to this post.

  1. Ek het gister hierdie ontsettende rietskraal meisie gesien, regtig lelik van maergeit, geen vorm, geen heupe en ek skat sy weeg so 35-40 kg (skat haar so tussen 19 en 23), dit het regtig sleg gelyk – ondervoed en siek.

    Antwoord

  2. oeg, nee kyk… ek het kurwes… maar partykeer dink ek dis makliker om dinge te doen as jy so pateties klein is… Soos draf! Ek wens ek kon draf.

    Antwoord

  3. lol… nee jong, die twee sussies is nie die probleem nie… dis die pensie! 😀

    Antwoord

  4. Ek sit met die nuwe “New Scientist” voor my- 22 Aug — bl 9 artikel opskrif:
    “Do expanding waistlines cause shrinking brains?” 😯
    Mense, julle moenie vet word soos julle ouer word nie, dis ‘n ernstige waarskuwing! Jou brein gaan krimp!
    🙂 (hierdie is ‘n smile, maar ‘n smile vir julle wat hier lees en nie ‘n smile wat sê dis eintlik ‘n grappie, dis so bewys… ) 😯 Ek kon ongelukkig op hul website nie die artikel kry nie, hulle plaas nie alle weeklikse artikels op hul site ook nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s