Groot dye beskerm teen hartsiekte

Lees gerus van die studie hier:  http://news.bbc.co.uk/1/hi/health/8236384.stm

Andersom as wat iemand soos Rosalind Franklin sê, nie waar nie?

Die wetenskap rondom vet en gesondheid ontwikkel.  Daar word baie studies gedoen, maar ongelukkig hou gewone dokters nie noodwendig by nie.  Trouens, Dr. Paul Ernsberger, ‘n navorser wat ‘n oorsig van 400 studies gelei het, het tot hierdie gevolgtrekking gekom:

“The idea that fat strains the heart has no scientific basis,” he said. “As far as I can tell, the idea comes from diet books, not scientific books. Unfortunately, some doctors read diet books.”

Dokters lees dieetboeke in plaas van wetenskap…    ongelooflik!

Natuurlik is daar ander studies wat nie so vet vriendelik is nie, byvoorbeeld die een wat spesifiek boepense met hartsiekte assosieer:

http://news.bbc.co.uk/1/hi/health/6944279.stm

So dit lyk of groot bobene en heupe glad nie ‘n probleem is nie (goed is, selfs), maar dat boepmae meer met risiko geassosieer word.

Mens sou net graag wil he dat daar meer wetenskap en minder bevooroordeeldheid en veroordeling rondom vet kan kom.

Advertisements

7 responses to this post.

  1. Ahem….maak nie saak hoe maer ek al was nie… ek het ‘n ronde magie….

    Antwoord

  2. Die ding wat my tref van hierdie studies is dat die dokters bitter graag ‘n kortpad wil hê. Iets, op grond waarvan hulle in ‘n oogwink oor jou kan besluit, eerder as om die harde werk van toetse en metings te doen.
    As jy die Fat Health blog lees, by http://fathealth.wordpress.com/, sal jy sien tot watter mate van misdiagnose en ellende hierdie houding lei.

    Tweedens, jy rook nie meer nie, en as jy nie hoë bloeddruk of hoë cholestrol het nie, en verder gesond lewe, dan het jy mos nie die groot risikofaktore nie.
    Dit help ook dat jy ‘n vrou is.
    ‘n Magie is eintlik deel van die kurwes van ‘n gesonde vrou. Ek wens julle wil dit nie so vreeslik wegsteek nie.

    Antwoord

  3. Jong… ek dink ek moet my gaan toets. My dad het in die begin van die jaar ‘n merske hartaanval gehad en hulle moes stent insit… Dit is nou iemand wat elke dag gym, om berge en deur dale draf… en vrek gesond eet… Daddie het toe al die pad oorerflike hoe cholesterol! Just to be on the safe side!

    Jis ek het my in ‘n ander bloedgroep ingeskrik!

    Antwoord

  4. Ek kan nie help om te lag nie. Jy is iemand wat ‘n appelkoos ryp druk, ne?

    Die studie se die volgende oor diabetes tipe 2 (dis AL, nie ander siektes nie, NET die siekte): subcutaneous fat — fat found below the skin, usually in the hips and thighs — is associated with reduced insulin levels and improved insulin sensitivity.

    The paper concludes that subcutaneous fat is intrinsically different from visceral fat and may produce substances that can improve glucose metabolism. It is possible that subcutaneous fat may be producing certain hormones, known as adipokines, which produce beneficial effects on metabolism. These effects may offset the negative effects produced by abdominal fat.

    Dit gaan verskillende tipes vet. Dit is al. Okay?

    Antwoord

  5. Ag, Rosalind, ek verstaan nie eintlik jou beswaar nie. Dink jy regtig ek probeer meer maak van die studie as wat dit is – terwyl ek die ander studie oor maagvet bespreek en gelink het (wat glad nie so lekker is vir vet mense om te hoor nie)? Dit lyk of jy dit misgelees het (in jou gretigheid om die partytjie op te breek, mmm?).

    “Dit gaan verskillende tipes vet. Dit is al. Okay?”

    Is dit nou waarmee jy jouself gerusstel dat dit OK is om aan te gaan met business as usual – dws om elke geleentheid aan te gryp om vet mense enige hoop te ontsê.

    Antwoord

  6. “Andersom as wat iemand soos Rosalind Franklin sê, nie waar nie?”

    Eelt, jy daag my direk uit met ding soos die. Hierdie studie het in die akademiese joernal Cell Metabolism verskyn – ek die die navorsing self, met my eie oe gelees, die oorspronklike navorsingstuk (nie die weergawes wat jy hier link nie). Die regte, egte akademiese verslag.

    En glo my dit gaan oor diabetes tipe 2.

    Ek pie nie op jou parade nie. Ek ontse ook nie aan vet mense hoop nie. Maar as vet mense vir een oomblik dink dat vet hulle teen siektes gaan beskerm ipv die teendeel, dan ek hartseer nuus.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s