Medewerker benodig

Ek sal baie bly wees as iemand my bietjie wil backup.   Aanvanklik het ek gehoop op Rosalind Franklin, maar sy het verkies om die Dark Side te join.

En nou het Andrew laat blyk hy wil dalk.   Ek sal baie bly wees, want ek voel soos ‘n stem wat roep in die woestyn – en selfs baie van die vroue wat hier ewe lekker saamkuier glo my nie regtig nie.   Tog is dit nie my idees nie.
Ek is teverede dat HAES die beste benadering is, wat gevolg word deur professionele praktisyns wat ‘n verskeidenheid studies en dissiplines bymekaar bring – dinge soos dieet, voedselkunde, mediese navorsing en genetika.  Maar wat hulle veral ook bybring is geestesgesondheid.   Dit help nie mens gaan eindeloos aan oor die gevare van vet sonder om in ag te neem watse effek jou aksies op mense (vroue veral) het nie.
En die hoof effek van al die deathfat waarskuwings is dit:  vroue wat vasgenael na hulle skaal staar, te bang om te lewe, en ‘n yslike selfwalging in hulle ronddra.  Mens hoef nie ‘n wetenskaplike te wees om uit te figure dat dit nie ‘n goeie ding is nie.

Mense wat die HAES benadering volg, is geneig om ‘n konstante gewig te hê, of op die lang duur ‘n mate van gewig te verloor.

Advertisements

24 responses to this post.

  1. “Ek sal baie bly wees as iemand my bietjie wil backup. Aanvanklik het ek gehoop op Rosalind Franklin, maar sy het verkies om die Dark Side te join.”

    He? Wat de? 😆

    Antwoord

  2. Oehoe! Hier kommeding! 😆

    Eelt, julle sal ons nooit kan pakgee nie. Maer is mooi, never mind gesond. Alle simpatie met die dik susters, maar die mikpunt is maer.

    Hoop jy’s nog so effe lief vir my na daai confession? 😉

    Antwoord

    • O ja Vlam, ek is baie lief vir jou.
      Maar moenie dink ons sal julle nie kan pakgee nie.
      Kyk, agter my staan ‘n army van vet vrouens, elk gewapend – soos hierdie een: https://verslanking.files.wordpress.com/2009/09/gewapend.jpg
      En eerstens, die mans tussen julle is die groot swakplek aan julle kant – ek kry net een van my vroue om op hom te sit, en as hy nie verpiep is nie, word hy dadelik ‘n lewenslange bekeerling vir vettieliefde.
      En as hy verpiep is, dan is hy in elk geval nie die moeite werd nie, ons jaag hom sommer weg deur net boo te sê.
      En dan bly nog net ‘n paar maer dametjies oor. Dink jy nou regtig ons sal julle nie gou-gou kan afstof nie?

      Antwoord

  3. ek is aan vlam se kant… wat ookal sy se beaam ek! OKAY!!!!! 😯

    Antwoord

    • Oo jissie Girltjie, weet jy waarvoor jy jou inlaat? Wil jy regtig graag in die stof gerol word?

      Buitendien, jy het dan al erken jy is mollig. Hoekom sal jy dan nou die ander kant ondersteun?
      Nee wat, kom eerder oor hierdie kant toe. Ons sal jou belange dien, en dis boonop baie veiliger vir jou.

      Antwoord

  4. @Girltjie: Dis veiliger om te aanvaar dat jou gewig hoofsaaklik geneties bepaal word, en dat jy kan verwag om min of meer dieselfde as nou te bly. Dis nou tensy jy op jo-jo dieete gaan, in daai geval gaan jy swaarder opeindig. So dis veiliger om bloot ‘n gesonde lewe en selfbeeld te kies as om ‘n obsessie met jou skaal te ontwikkel.
    As jy dit kan aanvaar, is jy een van die kleintjies aan ONS kant.

    Antwoord

  5. Vlam, dit is so dat julle gewoont is om aan die wenkant te trek. Die vetties begin egter nou eers opstaan teen hulle verdrukking.
    Daar is selfs plek die kant vir maeretjies ook. Want baie aan ons kant is so vuisvoos en gekondisioneerd dat hulle nog nie die wapen opgeneem het nie.

    Antwoord

  6. Eelt, hoe meen jy ek is aan “die dark side” en sommer ook ‘establishment’? toe-toe verduidelik. Ek is ‘n moerse rebel, was nog nooit, ooit deel van die establishment nie, ek is wel donke-donker 👿

    moet asb net nie op my kom sit nie.

    ps. maer is mooi (nie ‘n nr. 4 of nr.6 nie) maar iemand wat net mooi lyk. mmmm, nice.

    Antwoord

  7. Nee, ek het eers gedink jy is vd Dark Side, maar toe besef ek jy is mos vd establishment, en toe besef ek ons is mos vd Dark Side.
    Buitendien, siende mense al hoe meer vet-fobies raak, weens verslankingsproduk maatskappye se doelbewuste pogings, is julle mos die bang establishment.

    Antwoord

  8. Bwhahahaha… Come to the darkside… We have cookies here…

    Antwoord

  9. whwhwhhhha….die bang establishment??? nou waarvoor sal ek bang wees? of fok hou my vas of ek dans my dood.

    vet-fobie? wahahshsha. ek dink nie eens aan vet nie.

    of om te droom van slaaiblare en water? – nope

    verslankingsprodukte? nope, ek dink is gevaarlik en dit werk nie.

    Antwoord

  10. Sommige dieetgoed werk,meeste nie maar veral vroue koop dit. Hoe duurder hoe beter werk dit,veral met vroue,
    Goedkoop en goeie raad,veral van dokter wat dit verniet gee werk nie want hulle moet met hulle pelle kan spog oor die duur medikasie.
    Vreeslik baie bullshitting in die bedryf. ,

    Antwoord

    • Hello leierloos, welkom, en dankie dat jy saam stem oor die bullshit van die verslankingsbedryf.
      Soos jy sê, daar is maniere van dieet wat jou laat gewig verloor. Hierdie gewigsverlies is egter net tydelik, en wat die vetaanvaarding mense, asook wetenskaplikes agtergekom het, is dat jy die gewig terugkry binne ongeveer 5 jaar of minder.
      As jou gewig op en af gaan, neig jy boonop om al hoe swaarder te word.
      Daarom staan ons geen (GEEN) diete voor nie.

      Boonop word mens se gewig grootliks geneties bepaal, so mense moet maar net eenvoudig aanvaar dat daar ‘n groot verskeidenheid liggaamsvorme is, en dat dit goed en mooi is.

      Antwoord

  11. Ek is noodgedwonge in die bedryf , medies en klinies homeopaties ook gekwalifiseer-kan nie meer met jou saamstem nie,maar doen ook dinge met my eie middels wat tog help maar niks aan die konstitusionele simptome van die mens kan doen nie-daarvoor is ingryping letterlik met geboorte of selfs vroeer nodig.

    Antwoord

  12. Sjoe, dis ‘n bitter ding, om iets te moet doen waaraan jy nie glo nie! Ek hoop jy vind iets wat wel waarde het op sigself, en nie net die brood op die tafel kry nie.

    Antwoord

  13. Nee man jy maak drama van niks-dit is gelukkig 0.1% van my werk-maar so doen ons nie almal net dit wat goed en lekker is nie -daar is ongelukkig altyd dinge wat jy moet doen om mense gelukkig te hou-hulle glo daaraan en dan werk dit ook soms.Moenie te diep raak nie,rustig wees outjie!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s