Ril en gril

By my werk is ‘n meisie wat baie vet maar  baie mooi is.  En die mans wat saam met my werk, terg mekaar dikwels oor haar.  As een laat is, sal die ander hom byvoorbeeld spot, deur te beweer dis omdat hy heel nag saam met haar was, en dan sal die laatkommer vurig protesteer, om te wys die gedagte staan hom beslis nie aan nie.

Mens kry vroue wat glad nie sexy of aantreklik is nie, miskien omdat hulle spesiaal moeite doen om nie te wees nie want hulle hou nie van mans nie , of dalk omdat hul gesondheid nie goed is nie.  Hoe dit ook al sy, hierdie vrouens is geensins in die game van sexy wees nie.

Sulke vroue is ongeveer heeltemal onsigbaar vir die meeste mans, en hulle feature nooit in die tipe grappies wat my kollegas maak nie.  Dit het my laat wonder hoekom is dit altyd die vet meisie in sulke grappe, en nooit sommige ander vroue wat glad nie aantreklik is nie?

Ek dink ek verstaan dit:  My arme kollegas beleef ‘n spanning tussen wat die samelewing vir hulle sê is aantreklik, en wat hulle self mooi vind.  Hulle kan sien daardie vet meisie is baie aantreklik , maar hulle mag dit nie erken nie, nie eens aan hulself nie, want die reels wat ander mans hulle opgelê het,  sê anders, en omdat hulle geen insig in die situasie het nie, hanteer hulle daardie spanning deur kinderagtige grappies te maak.

As julle nou nie self mans geken het wat so simpel is nie, sou julle my seker nie geglo het nie, maar baie, baie mans se smaak en gedrag word volkome deur ander mans bepaal.

***

PS: Die wagwoord vir beskermde inskrywings: vetaanvaarding

Advertisements

4 responses to this post.

  1. Dankie tog daar is mans wat wel van ronder meisies hou!

    Antwoord

  2. Daar is mooi in elke vrou wat ook al haar ligaamsbou. Een van die meisies wat ek op skool geken het was vir my regtig nie mooi nie. Vreeslike vaal ou meisietjie met ‘n prominente neus, klein ogies en ‘n groot mond. Maar sy het geglo sy is absoluut beeldskoon, omdat haar susters en haar ouers haar dit altyd vertel het. Snaaks, sy’t later vir my ook mooi geword. En almal het om haar gekoek op skool en doen dit nou nog. Dit sê baie van ouers se verantwoordelikheid. Veral pa’s s’n. My opmerking is: Sê nou maar ander mense se persepsie van ons reflekteer ons potensiaal eerder as smaak of mode of wat ook al? Dink net hoeveel mooi vrouens daar dan op aarde sou gewees het.

    Antwoord

    • Nelba, ek dink jy is reg.

      ‘n Groot deel van skoonheid vir my is in ‘n soort ontspannenheid, en gemaklikheid met jouself en jou liggaam. As ‘n vrou so gemaklik is met haarself dat sy ook ander mense raaksien – regtig raaksien – dan is sy pragtig.

      Mans is nodig om dit vir hulle vroue te sê. Veral in vandag se tyd, waar die advertensiewese juis daarop uit is om vroue on-volmaak te laat voel sodat hulle gedurig een of ander produk nodig het om soos die advertensiewese se ideaal te lyk.

      Antwoord

    • Btw Nelba, ek is baie bly jy het ons nie heeltemal verlaat nie! Ek dink mens kry mense wat nodig het om te skryf, en jy is een. Ek het 2 weke gelede iets geskryf oor jou wat opgehou blog het, maar het dit toe laat vaar. Ten minste het jy nie jou blog delete nie!

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s