Hoe om te oefen

Daar is baie te sê, te leer en te lese oor oefening, maar een ding wat seker bo alles moet uitstaan is dat jy alles, en enige iets moet doen om die gewoonte te vestig.

Dit help nie jy begin deur 10km te hardloop, en  jy is die volgende week is jy buite aksie nie.  Want sportnavorsers het bevind dat mense se geheue van daardie pyn hulle verder, in die volgende maande en jare, weerhou om te oefen.  Jip, dis nie net daardie eerste eerste paar dae na die oefen wat die melksuur jou spiere so pynig, dat jy nie wil oefen nie.  Jou onderbewuste onthou daardie pyn, en as jy weer sien dink jy perdalkies vir die volgende paar jaar lank verskonings uit om nie te oefen nie.   So daardie 10 km is eintlik slegter vir jou as om net te sit en doughnuts eet.   Want ten menste kan die ou wat sit en doughnuts eet dalk nog die oefengewoonte aanleer.

Girl van die Suburbs het ‘n  stukkie op haar blog wat hierdie verskynsel skreeusnaaks aandui.

“No pain no gain” is eintlik ‘n dom en onwaar slagspreuk.   Jy moet dit so lekker en interessant as moontlik maak, sodat jy dit kan volhou.

 

Advertisements

9 responses to this post.

  1. Kan ek net in my defense byvoeg… Ek het nog nie begin oefen nie… Lekker lui……..

    Antwoord

  2. Jis Eelt… ek kort motivering…

    Maar ek is meer aktief though en het seker al so 5kg verloor deur net dinge te doen wat bietjie meer inspanning verg. Maar daai roetine oefening… aikona…

    Antwoord

    • Toe maar, ek is in dieselfde bootjie. Ek het die afgelope jaar of so my oefengewoonte vervang met ‘n biergewoonte en ‘n web-verslawing.
      So ek wil graag die oefengewoonte terug kry. En ek dink oefening moenie so sleg wees dat mens heeltyd motivering moet soek nie, dit moet so lekker wees dat jy dit gereeld graag wil doen. Ek gaan probeer om verder te dink en skryf daaroor.

      Antwoord

  3. Ek het besluit swem en stap… dis nou my voorland. LOL… ek het nou weer die web afgeleer en bier drink aangeleer…. Ek het nooit gedink Peroni kan so lekker wees nie.

    Antwoord

    • Ai, ja bier is heerlik – dit maak mens net so ‘n bietjie lui vir oefening, ongelukkig. Dis goed as jy mooi gedink het oor watter oefening om te doen, want dis waar jy die beste kans staan om dit vol te hou.

      Antwoord

  4. Ek probeer swem op die oomblik maar wat ek doen kan net beskryf word as versuipslag. Later sal dit seker beter gaan!

    Antwoord

    • Hello Corli!
      Swem en fietsry is eintlik baie goed in die sin dat dit nie hard op jou gewrigte en gebeente is nie, en dit help ook om dit makliker vol te hou.

      Antwoord

  5. You’ve got to find a purpose! Not merely ‘to lose’ weight. Not to ‘look better’ for me, my husband, my wife…or whoever else. Not to fit into a size 34/36.
    Ek dink om ‘n spesifieke doel te hê, laat alles net beter saamwerk. En as jy gereeld en sportspesifiek oefen kom die eetgewoontes nogal meesal ook ‘vanself’ reg – kleine treetjies soos jy sê. Kies iets – die Comrades, die Argus, dalk ‘n kleiner wedloop, resies. Selfs vir mense bo 40 is daar Senior en Master sportsoorte om te beoefen. (En nee, die Springbok Hengelspan is nie ‘n goeie choice in dié gevalk nie :mrgreen: )
    As jy goed kan swem – vind uit van ‘n Klub wat spesifiek daarvoor cater – nie net jou local gym vir ‘n bietjie heen-en-weer nie (dis vir tussen-in oefen as jou klub dalk te vêr is en jy net 1 of 2 keer ‘n week daar kan uitkom).
    Daar is baie atletiek velditem afrigters – so of jy wil vêr spring, spiesgooi – as jy dalk op skool gewig gestoot het – en jy was goed en het dit geniet – gaan doen dit weer! Die kans dat jy van iets gaan hou, waaraan jy deelgeneem het op Hoërskool is baie goed. Korfbal (mans en vroue – en daar is groot klubs!). Roei (oefen in die week in die gym en dam toe op ‘n naweek – excellent socializer ook – en jy kry dalk kans om meer met die gesin uit te kom en te gaan kamp, plus jy ontmoet likeminded people – PLUS jou kinders, familie wieookal het ‘n VISUELE en AKTIEWE bydrae tot jou vordering/sukses en kry geleentheid om jou aktief te ondersteun – EN dalk kan jy en jou partner saam deelneem en meer quality tyd saam ook hê. You name it – kyk, bel rond – daar’s iewers iets wat jy van gaan hou – genoeg om plesier uit die effort te pluk. Dan het jy rede. En rede is die grootste motivator wat ek van weet.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s