Join the revolution

Advertisements

13 responses to this post.

  1. Jy is welkom om my blog bietjie te gaan uitcheck by: Vet en Spiere
    Neem net in gedagte asb, hy is nog in die begin staduim.

    Antwoord

  2. Ag genade, lyk my nie die link wou vat nie, wag ek probeer weer. Vet en Spiere

    Antwoord

    • Kobus, ek het na jou blog gekyk, en ek is jammer om te sê, maar ek dink dat om jou langtermyn gesondheid op te neuk met steroïde net om tydelik groter spiere as die volgende ou te hê, is een van die domste goed wat ‘n mens kan doen.
      En boonop help al daai oortollige spiere jou niks as dit by intelligente meisies kom nie, want sy kan aan jou lyf en aan jou praat agterkom dat jy meer obsessed met jou lyf as met haar is .

      Antwoord

      • Ek het ‘n wonderlike ‘natural’ spiertier in my huis. Train ook self – nie naastenby soos ek moet nie, maar ja… Eet 6 dae van die week ‘skoon’, maar ek stem Eelt! Liefie lyf is vir my ‘n bonus – sonder sy karakter en intelligensie en sin vir humor sou daardie spiere vir my van nul en geen waarde wees nie.

        Antwoord

  3. My body is starting to hate me….

    Antwoord

    • Ek stem Eelt, maar daar is ‘n fyn lyn tussen hate & abuse…

      Antwoord

      • Verstaan ek jou nou reg BB? Ek’s seker nie. Maar ek dink daar is regtig min vetties wat hulle liggame meer abuse met baie eet en min oefening as wat die res van ons doen.
        Dis maar net geneties of jy vet word wanneer jy die gemiddelde lewenstyl handhaaf.
        Maar die maer ouens wat min oefen en te veel eet, het dinkwels ‘n valse gerusgesteldheid oor hulle gesondheid.

        Antwoord

        • Very very true Eelt, maar dis die uitsondering, regtig! Ek het nog nooit (groot woord, ek weet 😉 ) iemand teëgekom wat vet/oorgewig is, wie se liggaam nie binne dae wonderlik reageer op 1. gesonde en gereelde eet program en 2. gereelde oefening nie.
          Jip, daar is genetiese ‘maer’ mense – baie mense reken ek is een van daai – maar ek is nie. As ek nie by my 5-6 etes per dag hou nie (6 dae per week) en 3-4 per week my 30 min cardio doen en 2-3 per week bietjie weight training inwerk nie, stoel ek sommer binne 4-6 weke en gedy tot 2 broekgroottes…
          Ek het dit al getoets – dié kant toe en daai kant toe – ek kan vir dieselfde tydperk my oefenprogram afskaal, maar solank ek my etes byhou, tel ek nie naastenby soveel op as wanneer ek minder eet en nie oefen nie – dis of die liggaam dadelik in oorlewings reaksie ingaan – en alles stoor wat hy inkry – bloot omdat hy nie weet wanneer hy weer kry nie.
          My eie dogter is oorgewig – baie slegte eetgewoontes (“ek kán nie so vroeg al eet nie”, “ek kan nie dit of dat in my lyf inkry nie”, “ek haat sweet – ek gaan nie oefen nie”…) the list goes on and on – vir alles en nog wat ‘n verskoning. Sy eet letterlik een keer per dag (behalwe die snacks – en soms ‘n broodjie laataand, wat ‘mos nie regtig tel nie’ 🙄 ) – Anyways, ek het sulke kollegas, en vriende – en almal wat oorgewig is, deur die bank, eet te min en te ongereeld. M.a.w ná 10 jaar van die gewoonte (gemiddelde leefstyl dalk 😕 ) stoor jou liggaam alles wat hy inkry en het jy waarskynlik al ‘n metaboliese shutdown gehad.
          As jy ‘n vuurtjie maak moet hy heeltyd hout bygooi anders gaan hy uit.
          As jy soggens jou metabolisme aan die gang sit, moet jy heeltyd dwarsdeur die dag hout bygooi om hom aan die gang te hou – dis maar net hoe dit is. Anders stop hy.
          En dis die verskil in dit wat baie mense ‘geneties’ noem. Die metabolisme… kry hom aan die gang en die helfte van die stryd is gewonne.

          Antwoord

  4. BB, dit is alles waar wat jy sê, maar nogtans dink ek dit is goed en belangrik dat daar iets soos vetaanvaarding is.
    Daar is baie redes, miskien moet ek jou met ‘n inskrywing volledig antwoord.
    Maar basies gaan dit vir my hieroor: daar was nog altyd, en sal altyd mense wees met magies soos die een hierbo. En ek dink dit is goed en mooi. Dis veral mooi dat daar sulke vroue is!.

    So ek is gekant daarteen dat sommiges, veral mense in die verslankingsindustrie, ‘n soort eenvormigheid op almal wil afdwing. Hulle gaan net te ver, en dit raak net te erg. Hulle praat met vetties asof dit ‘n gegewe is dat almal wil maer wees. Wel, party vetties is eenvoudig heeltemal te cute om maer te moet wees.
    Of hulle lewens is dalk heeltemal te interessant en besig om op hulle gewig te konsentreer, en dis ultimately hul eie keuse.

    Verskeidenheid en diversiteit is vir my mooi.

    Antwoord

  5. I’m all for the motto hidden in the lyrics by Mika: “Big Girl you are beautiful”… en ek stem seriously saam daarmee dat die verslankingsindustrie onaanvaarbare en meesal onhaalbare eise/riglyne stel – asook dit feit dat verskeidenheid mooi is – vir my beslis ook – en in my lewe het ek al agtergekom dat ‘vetties’ een major advantage het: hulle leer om staat te maak op meer as ‘good looks’ (verwys nou na ‘slank’ spesifiek – daar is stunning vetties) – dus het meeste van hulle ‘n karakter wat die meeste ‘maer’ mense nie kan ewenaar nie. My grootste (letterlik én figuurlik 😉 ) vriende is ‘vetties’ of dan nou groter in vorm as die ‘average’ – maar daarmee saam is die hart en siel en MENS ook groter – en ek ruil hulle vir geen maer model onder die son nie.
    Ek hoop dat ek vir hulle dieselfde kan wees, al is ek ‘n bietjie slanker…
    Anyways – nou net dit: Feit is dat ‘magies soos dié hierbo’ uiters UITERS gevaarlik is (veral vir vrouens) EN dat sulke tjoepies seine uitstuur van onderliggende kwale of siektes wat nie misgekyk mag word nie – veral nie deur die ‘draer’ van daardie tjoepie nie – al is hulle hóé huggable…
    Dit dui op weerstand teen insulien in meeste gevalle aan. My houding hieroor gaan GLADNIE oor looks nie – dit gaan suiwer oor gesondheid. Die meer vet in die belly area gestoor word, deste meer vet word in die lewer gestoor, wat verhoed dat insulienvlakke behoorlik beheer word. Dis hoekom vetties so ‘n insinking van energie teen vroegmiddag beleef – en “gougou ‘n Coke of tjokkie of sweetie” moet kry om die suikervlak weer op te stoot – wat soos ons almal weet ook maar net vir ‘n halfuur help… As die lewer nie behoorlik van die oorvloed insulien ontslae kan raak nie trigger daardie excess weer die brein vir ‘n craving na ‘n snack – en daardie snack beteken vir die average vettie beslis nie ‘n ahndvol boontjies of ‘n bakkie gemengde groen veggies en ‘n halwe stukkie hoenderborsie nie – dit sal eerder ‘n blikkie koeldrank of ‘n BarOne wees. En teen die tyd dat hulle by die huis kom is dit ‘n snytjie brood met Peanut Butter en ‘n koppie tee of koffie met ‘n ekstra lepeltjie suiker, want dan moet sy nog kos maak vir die gesin en boetie met huiswerk help, wasgoed opvou en en en… quick fixes word nooit deur vetties as ‘etes’ gesien nie – hulle eet dan vanaand een bord kos en probeer vir die volgende 24 uur daarop survive….
    Boonop moet jy na die enkels en knieë van die tjoepie-draes kyk… Amper altyd teen middag geswel… daai enkeltjies moet daai tjoep dra! en die knieë is gewoonlik sat teen 45+… She can’t go for a stroll without hurting – and it’s not the muscle that’s compaining – it’s most always the skeleton… en as die antie dan op 50 begin menopause en bone brittleness (osteoporose) begin… dan is dit nevermind hoe mooi ookal – not funny no more!
    Eelt – groot asseblief – moenie my verkeerd verstaan nie: ek ken soos bo genoem baie meer mooi vetties as mooi maeretjies – MAAR daai tjoep is NIE MOOI NIE – from whichever angle you look at it – and best of all – there really is a way to respectfully and decently approach it and help a beautiful vettie be all she can be.

    Antwoord

  6. Onthou tog ook dat nie net slegte dieet/oefen program/lewenstyl vir oorgewig verantwoordelik is nie. Stres, slaaploosheid, soms selfs onbetrokkenheid by enige vorm van gesonde menslike interaksie, kan ‘vet’ beinvloed.

    Antwoord

  7. Wel laat hierdie vettie julle vetrel… ek dink daar is bitter mind vetties wat gesond is.

    Ek het nou met ‘n skok agtergekom wat slegte eetgewoontes aan ‘n mens doen. 😐

    Antwoord

    • Steeds, Girltjie, daardie slegte eetgewoontes doen skade aan die maerietjies ook. Vetword is geneties, maar ons moet almal gesond eet en oefening kry, so wanneer dit dit kom by gesondheid sien ek nie die nut in om aan te gaan oor vet op sigself nie, veral nie om te maak of dit kastig lelik is om vet te wees nie. Dit is nie lelik nie, dit is mooi, soos enige een maklik op die foto hierbo kan sien.

      Anyways – dis lekker dat jy weer in die omtrek is!

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s