Niks lekker

Twee dinge pla my sedert gister, en albei weet ek, moet ek nie eintlik oor blog nie, maar ek voel misrabel en wil dit van my hart afkry.

Die eerste is Boendoe (Vlam), wat haar blog gesluit het.  Dis niks lekker nie, en ek wens haar alle krag en sterkte toe met wat ook al die probleem is.  Hel, ek dink dis waar van ons almal: ons hou meer van haar as wat sy ooit kan weet.  Mag dinge gou weer regkom, en sy terug by ons wees.

Die ander is Mev Dalene Fordham wat so verniel is deur die Metropolisie.  Al het sy miskien ‘n oortreding begaan, is dit goor om te sien dat sy bloei – aan die hande van die polisie wat veronderstel is om ons beskermers te wees.  En te hoor dat hulle sommer skiet – net om iemand te stop wat miskien ‘n verkeersoortreding begaan het.  Ek verneem die polisie skiet gedurig onskuldige mense raak, en as hulle haar raakgeskiet  het – sy is nog steeds onskuldig.  Ons almal begaan maar soms ‘n verkeersoortreding.  Wat ‘n klomp fokken cowboys!

En allerlei slegte goed wat verder met haar gebeur het, langs die pad en by die polisiestasie.

Wel, hou jou kop omhoog mev Forham, jy is pragtig, en hulle is ‘n klomp narre.

Advertisements

12 responses to this post.

  1. Vlam is terug! Gaan lees maar daar, is baie sad

    Like

    Antwoord

  2. Dis scary! Só ongelooflik scary, dat dit my dalk kan oorkom, vir ‘n verkeersoortreding… én dat dit realiteit is!! 😕 Terwyl daar geen puntsmanne by besige kruisings is waar robotte ‘uit’ is – geen verkeersmanne ooit in spitsverkeer, wat visible policing toepas nie.

    Like

    Antwoord

  3. Ag, Eeltjie, jy weet mos, onkruid vergaan nie. 😆

    Like

    Antwoord

  4. En dan se hulle die polisie is daar om jou te beskerm!!! Dis so sad! 😦

    Like

    Antwoord

  5. Stories soos Dalene Fordham s’n is die rede hoekom ek soms sukkel om deur ons nuusvergaderings te kom. `n Mens voel so magteloos, veral as jy self met die mense praat.

    Like

    Antwoord

  6. Is jy for real ❓

    Daai vrou het haar soos ‘n demoon gedra! 😯

    Like

    Antwoord

    • Nee OK Girltjie, ek wil nie probeer sê dat sy ongestraf moet bly as sy miskien wanordelik of roekeloos opgetree het nie.
      Maar die polisie mag net skiet op gewapende rowers en so.
      Om wanordelikes en verkeersoortreders aan te keer is doodgewone polisiewerk en kan sonder ‘n skietery gedoen word.
      En dit behoort moontlik te wees vir ‘n klomp polisiemanne om ‘n klein vroutjie te arresteer sonder dat sy bebloed opeindig, en sonder om haar te ruk en pluk. Straf uitdeel is nie die polisie se taak nie.

      Like

      Antwoord

  7. Demoon is dalk biekie sterk… “Kommin” dalk??
    🙄

    Like

    Antwoord

  8. Ok. Ok… Kommin met ‘n groot hoofletter K

    Maar ek dink nog steeds sy verdien dit.

    Like

    Antwoord

    • Haai nee. Ek dink nogal die koerantberigte (en foto’s) het ‘n verkeerde beeld van die vroutjie gegee. Ek het nou wel met ‘n halwe oor na Carte Blanche geluister gisteraand, maar dit klink eerder of sy rerig ‘n raw deal gekry het met daardie ondervinding.

      Ons moet eerder aanhou stem dikmaak teen sulke optrede van die sogenaamde geregsdienaars, anders gaan ons ‘n properse banana republic word. (As ons nie klaar een is nie.)

      Like

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s