Simply Slim

Jo-Ann het in Januarie daaroor geskryf, en een van Trixi se vriendinne het dit probeer en daaroor geskryf by hulle forum.  Gelukkig het die vriendin opgehou toe sy swanger word, want die newe-effekte is gevaarlik.

Om die waarheid te sê, dis uiters gevaarlik, want dit bevat meer Sibutramien as wat ‘n dokter aan jou mag voorskryf.

Sibutramien mag net tot ’n maksimum van 15 mg in geregistreerde voorskrifverslankingsmedisyne soos Reductil voorkom en glad nie in aanvullende medisyne, oftewel kruiemiddels nie. – Beeld

Simply Slim bevat 27 mg sibutramien (sien Beeld artikel).   So hierdie ouens het geen gewetensbeswaar daarteen om iets as ‘n 100% kruiemiddel te verkoop, terwyl dit in werklikheid ‘n gevaarlike oordosis van ‘n skedule-5-middel bevat.

Geen wonder die Medisynebeheerraad het die middel eergister verbied nie.     Die kardiovaskulêre newe-effekte soos hartkloppings wat sibutramien veroorsaak, is nie speletjies nie, en as dit nie verbied was nie, was dit net ‘n kwessie van tyd voor iemand daarvan gesterf het.

Die  gewetenloosheid van die verslankingsindustrie is weereens blootgelê, vir almal wat dit wil raaksien.

Advertisements

6 responses to this post.

  1. Ook maar goed ek het weggebly van die pilletjies…. ek het intussen uitgevind die truuks wat my hart op my trek is heel waarskynlik ‘n genetiese afwyking wat so dan en wan ‘n disritme veroorsaak. Die pille kon dus potensieel gif gewees het vir my.

    Nee wat, ek sal maar veilig die ding doen… of dalk net vrede maak met die issolasielagie wat ek het. Dit is nie ‘n issue om oor wakker te lê nie – nie op my ouderdom nie. Solank ek nie rolle het nie en die trappe twee-twee kan uitdraf, gaan ek nie stres oor die een rokgrootte wat ek sou wou kleiner wees nie… my skoot is nou net vol genoeg vir lekker sitplek vir die kleinkind waarvoor ek wag.

    Antwoord

  2. Posted by Trixi on Februarie 8, 2010 at 9:41 vm

    Ja Eelt ek en jy het gewaarsku maar soos gewoonlik het almal gedink hulle weet beter! Dankie tog die goed is van die mark af!

    Antwoord

  3. Ek het die pille in Nov en Dec 09 gebruik en het 11kg verloor.

    Ek het dadelik die pille gestop toe ek al die bohaai oor dit in die Beeld raakgelees het.

    Ek kan nou nog nie glo dat hulle die pille as “veilig” aan ‘n mens verkoop het nie, terwyl hulle geweet het watse skade dit kan veroorsaak.

    Ek is nou nog nie glo dat hulle ‘n verslawende middel soort gelyk aan TIK in Sibutramien (hierdie is hoorsê) ingesit het nie.

    Kyk, maak geen fout nie, ek is dankbaar vir die kg’s wat af is, maar my mond sal nooit weer aan Simply Slim raak nie.

    Antwoord

    • Presies, Zee, ek dink die probleem is dat enige cowboy kan pille in SA verkoop, en as iemand soos Dr. George van der Watt nie snuf in die neus gekry het nie, en nie genoeg omgegee het nie, was daardie pille te koop tot iemand gesterf het. Ek sien juis in Europa wil hulle dit totaal verbied, dat dit nie eers per voorskrif beskikbaar is nie.
      Die regering kyk nie uit vir die mense nie!

      En wat daai 11kg betref, onthou net, vet is hoofsaaklik geneties, so dit is op pad terug! Maar moenie daaroor worry nie, kyk eerder dat jy gesond lewe!

      Antwoord

  4. […] nie net vroue wat hulle eie gesondheid in gevaar stel deur  giftige brousels te koop wat voorgee om hulle liggame te kan verander […]

    Antwoord

  5. […] skeeftrek het nadat onderwysers haar “vetgat” genoem het en geslaan het.  Of die gevaarlike Sibutramien (Simply Slim) wat desperate vet mense via ongure handelaars probeer in die hande kry, wat hulle dood kan […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s