Vet-fobie is vieslik

Ek het kommentare gelees by ‘n artikel in Beeld, en net weereens besef hoe aaklig vet-fobie is.  Mense wat vet-fobies is, het blykbaar geen insig in hoe mislik,  verwaand en sotlik hulle is nie.

Die artikel gaan oor ‘n vrou wat 240 kg weeg, wat geboorte geskenk het.  In plaas daarvan om die mooi daarvan in te sien, skryf MS:

Dit is ‘n skande, dis verdomp slegtigheid anders sou ons almal so vet gewees het…dit is ma’s wat hulle kinders van babatyd af so vet voer, hulle raak nooit ontslae van daardie vetselle nie.

Wel MS, vet is geneties, so klim gerus maar van jou preekstoeltjie af.  As ons almal veronderstel was om dieselfde te gewees het, sou ons, uhm, almal dieselfde gewees het.   Maar ons is nie.  Party mense is vet, en ander is weer mondoophang verstommend onnosel.

En NV skryf:

Ek stem saam dat oorgewig ‘n skande is. Jy sal altyd ook sien, net oorgewig mense loop en eet in die straat. Ek is 1.7m en weeg 57kg. Hoekom kan ek na myself kyk, en nie ander mense nie. Sies, nou moet jou gelierde ook nog tevrede wees met so lyf. Ek het eendag die beste raad nog ooit gehoor. “Eet om te lewe, moenie lewe om te eet nie”

Baie geluk met jou slankheid NV.  Moerse.  En jy kan na jouself kyk ook, wow en baie geluk.   Maar eintlik is dit nie ‘n prestasie nie, dis die rol van die genetiese dobbelsteentjies.   My raad aan jou is gaan eerder terug skool toe en leer spel voor jy ongevraagde raad aan vet mense kom aanbied.  Sies, jy is eintlik baie grillerig;  van nou af gaan ek elke dag dankie sê dat niemand in my lewe  so dom en verwaand soos jy is nie.

Advertisements

4 responses to this post.

  1. Haai nee, Eelt! 240 kg…geneties? 🙄

    Antwoord

    • “Ek is 1.7m en weeg 57kg. Hoekom kan ek na myself kyk…ens” NV se slankheid is te danke aan gene. Gee dit jou nie ook ‘n kramp as mense “trots” is op iets wat in hulle skote geval het nie?

      Ek is self ook nie vet nie. Maar ek is doodseker dis nie te danke daaraan dat ek so oulik is nie, want ek is baie lief vir my kos en drank, en stel geen perke aan hoeveel ek eet nie. Ek kan nie vet word nie, al sou ek my bes probeer.

      Vir iemand wat baie vet is, is dit baie anders. Weens die geweldige diskrminasie wat hulle ervaar, treiter hulle hulself met hongerdiete, verloor bietjie gewig, net om dit met rente terug te kry wanneer hulle vir ‘n oomblik verslap. Gewoonlik is hulle alreeds vet voor hulle tienerjare. Ja, daar is seker soms ander faktore, maar hoekom mens sou twyfel daaroor of gene die groot ding is, is vir my moeilik om te verstaan.

      Sien ook hierdie artikels:
      http://www.newsweek.com/id/215115/page/1
      http://biglibertyblog.com/2009/09/07/obesity-is-77-heritable/

      Antwoord

  2. Ek kan insien dat daar mense is met ‘n genetiese predisposisie tot vet. Daar is mense met ‘n genetiese presisposisie tot hartsiekte of kanker ook. Maar ek dink tog lewenstyl speel ‘n rol in of daardie genetiese geneigdheid omsit in ‘n hartaanval, kanker of 240kg. Ek dink nog steeds nie swaarder mense is noodwendig meer ongesond as hulle ligter ewekniee nie. En ek stem met jou saam dat mens altemit kan roem as jy die Nobelprys vir vrede gekry het, maar nie as jy maer is nie. Iemand se gewig is so min iemand anders se saak as sy oogkleur.

    Antwoord

    • Ek stem ook saam dat lewenstyl van belang is, Nelba. En een ding wat mense soos Lucy Aphramor sal sê, is dat die huidige histerie oor vetsug juis die teenoorgestelde effek veroorsaak as wat mens sou hoop. Want deur vetties te stigmatiseer, maak jy dit juis moeiliker om uit te gaan en oefening te kry, en veroorsaak jy dalk dat hulle op iets soos eet vir vertroosting terug kan val.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s