‘n Verhaal van 2 verslankers

W

W is ‘n baie interessante en welvarende ou met ‘n pragtige vrou, en sy intellektuele lewe het altyd voorrang gekry bo sy liggaam se behoefte na oefening, en so het hy deur die jare baie gewig aangesit.   Eendag besluit hy genoeg is genoeg, hy gaan ‘n plan maak.   En soos vele dinge in sy werkslewe, pak hy dit met ywer en selfvertroue aan.  Na deeglike navorsing kies hy dieet ABC, en oefenprogram DEF, en begin met beide.

W se kanse om gewig te verloor: 100%.  Sy kanse om om sy teikengewig te bereik: 95 %  Sy kanse om sy gewig op ‘n gesonde vlak te behou: 63% (Edit: of so iets – ek weet nie regtig wat sy kanse is nie)

X

X is  ‘n cute gesiggie vrou wat baie lief is vir haar man en kinders.   Sy was van kindertyd af al vet, en sy doen al die vrou-dinge soos huis skoonmaak, kosmaak en kinders versorg.   Haar man doen al die man-dinge soos om die remote te beheer en die kar te bestuur.

X wil ook bitter graag gewig verloor, en haar dokter is Dr Danige Daan.  Dr Danige lyk amper net soos 007, en hy kan nie verstaan hoekom X nie wil gewig verloor nie, want hy sê dan gereeld vir haar sy moet minder eet en meer oefening kry, haar bloeddruk is te hoog en haar rug en kniee gaan dit nie hou nie.

Op Valentynsdag het X vir haar man sjokelade gekoop maar hy het hom nie juis gesteur aan haar nie. Die volgende dag het sy al die sjokelade opgeeet.

Advertisements

3 responses to this post.

  1. Skryf vir ons ‘n opvolg met wat jou ideale uiteinde van die storie sal wees, ‘seblief?

    Antwoord

    • Nelba, die ideale uiteinde is seker as albei van hulle se drome waar word. Maar ek sal probeer om ‘n uiteinde te skryf wat goed en heel moontlik is.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s