Gesondheidswaarskuwing: Photoshopped model

Kan ge-fotoshopde fotos van modelle meisies en vroue so minderwaardig laat voel dat dit hulle gesondheid skaad?  Dit lyk so, want skynbaar oorweeg die helfte van jong meisies om (totaal onnodige) operasies op hulle te laat uitvoer, en baie jong meisies ly aan dieetsiektes – jongmeisie siektes wat wat deur die mode- en dieetmaatskappye veroorsaak word.

Dit kan my so kwaad maak dat hierdie maatskappye nie verantwoordelik gehou word nie!

Nou wil die Girl Guides van Brittanje wil hê ‘n waarskuwing moet op alle advertensies aangebring word, waar die modelle ge-fotoshop is.  Wat ‘n uitstekende idee!  Nou moet die Voortrekkers net kyk of hulle dieselfde kan regkry!

Flou, oninteressant en gefotoshop:

Advertisements

11 responses to this post.

  1. Dalk ‘n oplossing: Ma moet vir sussie ‘n nice foto laat neem en dit dan eers photoshop en dan vir haar gee sodat sy kan sien hoe lyk so ‘n foto. Ek weet nie dalk werk dit…

    Antwoord

    • Hi Bloedbek.

      Ek weet nie. Jong meisies veral, streef na om soos die modelle en aktrises in die media en advertensies te lyk.

      Dis niks mooi nie.
      Ek haat die idee dat gesonde meisies aan hulle te laat opereer om so plastiekerig te lyk.
      En ek haat die idee dat die maatskappye wat al hierdie gemors veroorsaak, nie eers gekritiseer word nie.

      Antwoord

  2. Eelt, ons is maar eintlik self te blameer vir die situasie. Hoekom spandeer mense soveel geld aan tydskrifte wat in elk geval ‘n klomp snert aan die mense afsmeer. Ouers moet ook deel van die blaam dra. As voorbeeld, gaan kyk hoe lyk die kinders se matriekafskeid klere en dis die ouers wat dit aanmoedig, “My Sannie moet net beter lyk as jy Grieta..” Dis ‘n siek omgewing waarin ons ons bevind en dit sal eers begin verander as ouers hulle denkwyse verander.

    Kyk, daar is niks mooier as ‘n mooi vrou nie, maar daar is ‘n moerse verskil tussen plastiek en ware skoonheid en miskien moet die mammas en pappas hulle nalateskapies op die ware en ragte waardes begin wys deur die regte voorbeeld te stel….

    Antwoord

  3. Ek sal nie omgee om te sien hoe ek sal lyk na ‘h photoshop sessie nie! 😀

    Antwoord

  4. Ek wil jou vertel hoe ek myself in ‘n ander lig begin sien het (en gaan sommer in die toekoms ‘n blog daaroor skryf). In my eerste les by my kunsklas moes ons ons eie gesig teken. Dit was verskriklik moeilik – ek moes nou eerlik in die spieel kyk. Lang storie kort, aan die einde van die les het ek na my neus, my oe, my gesigvorm ens. gekyk as ‘n “work of art”. Dit is uniek, met sy eie lyne, vorms en skadu’s. Lank het ek ook geglo wat die tydskrifte se mooi is. Nou kyk ek met ander oe.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s