Die chauvenismes

Soms lyk dit vir my of hierdie dinge in trosse kom.  As jy aan een ly, ly jy heel waarskynlik aan die meeste van die ander ook.

  • Xenofobie / vreemdelingehaat
  • Rassisme
  • Gay haat
  • Manlike chauvenisme / paternalisme
  • Liggaamsfascisme (waarvan vet-fobie deel is)
  • Snobisme / minagting van die armes
Advertisements

10 responses to this post.

  1. Eish…. En daar gaan my droom om met ‘n boer te trou! 😕

    Antwoord

    • Hoegenaamd nie, hoor. Mens kry sulke oulike boere, almal is beslis nie soos hierdie ou nie.
      Jy moet eerder sekerheid hê oor of jy sal kan aanpas by die lewensstyl.

      Antwoord

    • Posted by PlaasJuppie on Augustus 19, 2010 at 11:18 vm

      Hierdie ou is g’n boer nie ou girltjie. Hy is ‘n pipsqueak wat aan KGS ly met ‘n chip op sy skouer so groot soos Tafelberg.

      Antwoord

      • EK wonder nou al dae lank wat KGS is. As jy uit die hospitaal is, en weer hier kom, laat my tog weet.

        Antwoord

        • Danksy tegnologie antwoord ek sommer uit die hospitaal uit. KGS – kortgatsindroom

          Antwoord

          • Wel PJ, as mens daarteen gekant is dat allerlei negatiewe persoonlikheidstrekke aan vet mense toegedig word weens ‘n liggaamlike eienskap, hoekom nie die beginsel verder voer nie? Hoekom nie eerder sê dat ook kort mense se persoonlike eienskappe op sigself beoordeel moet word (positief of negatief), sonder om enige aannames te maak bloot oor hoe hulle lyk?

            As mens teen liggaamsfascisme is (en ek glo en hoop jy is), moet jy konsekwent wees.

            Antwoord

  2. Laat my dink aan die ou wat ook adverteer vir ‘n vrou. Hy soek vrou wat lief is vir die buitelewe en visvang en sy moet ”n boot he, vra sy moet foto van die boot stuur. EN die mannetjie op die foto is ‘n nar en beslis ‘n selfgesentreerde poepol. My Liefie het lekker vatplek en ek laaik dit kwaai man.

    Antwoord

    • Omtrent, Bloedbek. Ek kon dit nie beter gestel het nie.
      En ons wat van voller vroue hou, moet rerig uitkom en dit meer sê, want die vet fobiese ouens, en die maatskappye wat hulle geld maak uit vet haat, bly nie vir 10 sekondes stil nie.

      Antwoord

  3. *tsk* nogal eer respekteer en liefhê vir wie en wat HY is… 👿

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s