Voor vs na

Ek kry baie keer lag vir voor en na fotos van dieetpil smouse.  Vat nou maar hierdies, van “House of A’Ora”.

In die na foto, het die vrou altyd ‘n nuwe haarstyl, ‘n glimlag, en sy lyk vol selfvertroue:

Voor                                                Na

Haar hele lewe is kastig verander, sy het ‘n nuwe lewe gekry.  Al haar probleme is iets van die verlede, wil hierdie fotos suggereer.

Maar eintlik wil ek sê dat hierdie vrou vir my mooi is op die voor – foto.   Sy lyk sag, cute, ontspanne, en na ‘n gemaklike mens.  Die voor foto moes eintlik lelik gewees het julle!

House of A’Ora beweer hul pille help vir WEIGHT MANAGEMENT (hul hoofletters), en het geen newe effekte nie.  Sover ek weet, kry mens twee tipes verslankingspille:

  • Die soort wat jou tydelik laat gewig verloor, maar wat jy weer met rente terug kry, het newe-effekte
  • Die soort wat nie newe-effekte het nie, laat jou ook nie rerig gewig verloor nie.  Enige verskil in gewig is maar toevallig of te wyte aan ‘n psigologiese effek, en in elk geval tydelik.

Hoe enige iemand pille kan koop van smouse wat nie aan enige mediese oorsig onderworpe is nie, gaan my verstand te bowe.

Advertisements

18 responses to this post.

  1. Posted by PlaasJuppie on Oktober 7, 2010 at 8:33 vm

    “Hoe enige iemand pille kan koop van smouse wat nie aan enige mediese oorsig onderworpe is nie, gaan my verstand te bowe.”

    Desperaatheid Eelt. Plein en simpel.

    Antwoord

  2. “Maar eintlik wil ek sê dat hierdie vrou vir my mooi is op die voor – foto. Sy lyk sag, cute, ontspanne, en na ‘n gemaklike mens. Die voor foto moes eintlik lelik gewees het julle!”

    Is jy nie besig om vet as beter/mooier uit te beeld nie? Jy laat maerwees amper na ‘n negatiewe ding klink. Ek wil nog die mens ontmoet wat NIE meer selfvertroue het na gewigsverlies nie.

    Maermaak-pille, vet…amper ewe ongesond.

    Antwoord

    • Posted by PlaasJuppie on Oktober 7, 2010 at 10:50 vm

      Vet = Ongesond?
      Ek stem saam dat daar mediese bewyse is dat die risiko vir sekere siektes aansieklik toeneem met oorgewig, maar Is dit nie ‘n bietjie van ‘n lang veralgemening nie Vlam?

      Dit daar gelaat.
      Hoekom moet daar enigsins ‘n beter as opsie wees? Wie ek is en wie jy is het immers niks te doen met hoe ons lyk nie. Hoekom kan bold en thin nie net gelyk wees nie? (Glo my ek was eens maer, en nou is ek duidelik. En daar IS ernstige diskriminasie teen vetties)

      Dis jy daai illusie wat geskep word dat jy gelukkig en vol selfvertrou is (deur groot as lelik en ongesond uit te beeld) wat vet mense na allerhande snake oil potions en lotions laat gryp. Ek het rakkevol bewyse daarvan.

      Antwoord

      • Lang veralgemening? I think not. Daar is ook rakkevol bewyse hoekom dit wenslik is om oortollige gewig af te skud.

        Daar is inderdaad diskriminasie teen vetties, maar die teenoorgestelde, MAER, is nie die vyand nie. ( En eintlik nie “maer” nie, want “maer” het weer sy eie gesondheidsgevare. )

        Antwoord

        • Posted by PlaasJuppie on Oktober 7, 2010 at 11:26 vm

          Die rakkevol bewyse waarna ek verwys het is die hope pille en potions wat ons al oor die jare versamel het. Ja natuurlik is dit wenslik om ‘n gesonde gewig te handhaaf, ek glo nie iemand sal daarmee verskil nie.

          Ek wil egter verskil met eerstens wat die persepsie van gesonde gewig is en tweedens met die manier hoe daardie persepsie uitgebuit word in oorgewig mense vir finansiele gewin.

          Ek kan natuurlik nie namens Eelt praat nie, maar vir my persoonlik is maer nie die vyand nie. Hel ek laaik jou dan, en vir BB! Die ouens/maatskappye waarna ek hierbo verwys…wel hulle is NIE op m kerslysie nie

          Antwoord

  3. Vlam al is dit so dat ek al laat blyk het dat sommige vet vroue vir my mooi is, wil ek nie vet as beter of mooier uitbeeld nie. Waar jy aan die idee kom slaan my dronk.

    99% van die tyd word negatiewe en selfs haatlike dinge van vet mense gesê, so dis nogal verbasend dat ‘n slanke vrou dit as bedreigend kan beskou wanneer sy op die 1% afkom waar darem iets moois van vetties gesê word.

    Hoe kan jy dink dat maer of slank wees as “die vyand” gesien word?! Kan dit wees dat jy nie so goed kan lees as wat jy kan skryf nie? (Ek kan onthou hoe onsteld ek al was as iemand ‘n simpel kommentaar op een van jou lieflike blogs geskryf het, wat daarop dui dat hy nie begryp het wat jy met soveel classy gemak, talent en skoonheid uitgedruk het nie.)

    Of stir jy net? In daai geval is ek seker lekker uitgevang!

    Antwoord

  4. Ek sal nie stry met die idee dat mens kan meer selfvertroue hê as jy lyk soos die samelewing voorskryf nie, jy is heeltemal reg om dit uit te wys. Die rede hoekom dit vir selfvertoue help, is omdat, as jy slank is, en andersins lyk soos wat die samelewing voorskryf, jy nie aan al die haat en boelie blootgestel word nie.

    Hierdie haat is so erg, ek glo nie dat daar ‘n vrou bestaan wat sal vet bly as sy kan maer wees nie.

    So my siening is dat aangesien ons ‘n samelewing het wat plein wreed en hatig is, en aangesien ons altyd mense het wat vet is, ondanks al die haat wat hulle moet verduur, dit die samelewing is wat moet verander, nie die vetties nie.

    Antwoord

    • Eelt, ja, dit help seker as jy nie aan die samelewing se “haat en boelie” blootgestel word nie.

      Maar regtig. Hier laat jy dit weer klink asof dit die hoofsaaklike rede is hoekom mense ‘n gesonde gewig wil handhaaf? Of lees ek (alweer) verkeerd?

      Tensy jy “maer” is agv siekte, kry meeste mense dit reg om “maer” te wees mbv ‘n gesonde lewenstyl. Wat natuurlik beteken jy kry al jou vitamienes en minerale en vesel en what have you, in. Jy sit ‘n mate van oefening in, wat die bloed lekker laat vloei en die feel good-hormoontjies afskei. En dit alles, meer as die goedkeuring van die samelewing, laat jou goed voel.

      Uhm. Misien moet ek maar alles van my hart af kry, dan kan ek sommer more-oggend net een keer geskiet word.

      Hoekom is vet mense vet? Te veel eet. Verkeerd eet. Te min oefening. En so 1 % agv een of ander siektetoestand. Hoe kan vet opgehemel word as dit agv ‘n ongesonde lewenstyl is?

      Nee, ek se nie mens moet vet mense haat nie. Dis ook nie my saak as iemand vet is nie ~ dis regtig sy/haar probleem. (BTW, presies hoe vet moet mens wees om te feature op jou blog? 10 kg oorgewig, of 100 kg? Want daar is ‘n moerse groot verskil. Mens kan 10 kg oorgewig wees en steeds gesond wees. Maar 100 kg?? )

      En ja, seker nie polities korrek nie, maar ‘n feit soos ‘n koei. Ek, nie skinny nie en ook nie vet nie, moes/moet in my werksrigting, wat gelukkig/ongelukkig baie fisies is, twee keer harder werk omdat my oorgewig kollega nie die pas kan volhou nie. Daar’s kniee en rue en voete wat seer is, en daarom moet ek myself in ‘n koma in werk?! Noooo…al doen ek dit steeds, is dit ook onregverdig om te verwag dat mense met ‘n meer normale gewig nie mag kla oor vetties wat nie hul deel doen nie.

      As jy vet wil wees, kry ‘n office job waar jy heeldag op jou alie kan sit. En se ek hiermee hulle is lui? Nee! Maar agv van hul gewig en gepaardgaande gesondheidsprobleme, is die beroepswereld nie juis hul oester nie.

      En laastens, dis vandat ek jou blogs begin lees het, dat ek besef het daar is ‘n “ons” en ‘n “hulle”. Maer mense en vet mense. Voorheen was mense net mense, party nice, party minder nice. Nou is daar so groot verskeidenheid en mens moet tog mooi trap om nie gevoelens seer te maak nie. Gays, nie-gays, swart, wit…vet, maer.

      Ugh!

      Antwoord

  5. Posted by PlaasJuppie on Oktober 7, 2010 at 6:29 nm

    Ek dink nie hier hoef enigsins skiet, messtekery, vuisslaan of enige van daai te wees nie Vlam.

    Ons sê eintlik almal min of meer dieselfde ding, maar in verskillende tale oftewel dan uit verskillende perspektiewe uit.

    Lang mense, kort mense (dankie vir die teregwysing Eelt!), vet mense, maer mense, swart mense, wit mense, slim mense, gemiddelde mense, rokers, nie rokers, drinkers, druggies, teetotallers, Julius Malema en ja selfs Dan Roodt het almal een ding in gemeen. Ons is almal mense en verdien om met die nodige respek en deernis hanteer te word sonder om op enige uiterlike eienskappe evalueer te word.

    En ek faal met lof in daardie taak, en wil myself verstout om te beweer so doen meeste mense.

    Antwoord

  6. Ja, ek stem saam met PJ, ek het geen aptyt vir skietery of so nie, net baie verbaas.
    Jy kan van jou lui kollega verwag om haar deel te doen, Vlam, dis nie waaroor dit gaan hier nie. Dit gaan daaroor om nie as lui gestereotipeer te word omdat jy vet is nie. Om dieselfde as alle ander mense behandel te word, nie om spesiale voorregte te bekom, soos “om heeldag op jou alie te sit nie”

    Jy is verkeerd oor hoekom mense vet is, Vlam, dis glad nie so eenvoudig soos jy dit voorstel nie.

    En laastens, ek sien dit pla jou as mense soos gays, vet mense en watter ander groep ookal, polities organiseer. Afrikaners is eintlik vreeslik on-polities en boonop polities naief. Ek hoop om iets te skryf wat jou sal laat insien hoekom dit nodig is, en hoekom jy, en ons almal, dit moet verstaan en aanvaar. Dis nie so moelik en erg as wat dit dalk voorkom nie, dit gaan maar net oor gelykheid, dis al.

    Antwoord

  7. Gits, my kop draai nou so heen en weer soos iemand by Wimbledon. 🙂

    Antwoord

  8. JO! 😯

    HIER IS MY .BIEGSESSIE

    Ek probeer regtig om nie judgemental te wees nie, want alhoewel daar mense groter as ek is, is ons battles almal EWE GROOT!

    My geheimpie… nê? Is dat ek op my swaarste meer geweeg het as die kiekies van die dames wat jy hierna gepost het… (daai volgens hulle gewigte)

    EK was self nie gelukkig met myself nie, en EK wou dit verander.EK wou gewig verloor eerste oor ek nie hou van wat ek sien nie en daarna oor die onsensitiwiteit van die samelewing. Ek sukkel egter nog steeds want saam met ouderdom sluip daar elemente in wat maak dat jy nie so maklik gewig kan verloor as toe jy jonk was nie.

    Ek lyk nie meer SO groot nie, maar ek is nog steeds oorgewig en ek mag dalk nie eers ‘n probleem hê as jy my moet vergelyk nie… Ek sukkel moer baie nog met selfaanvaarding. Ek is tans op my laaste poging om gewig te verloor en as dit nie werk nie, gaan ek ophou en leer lief raak vir myself. Ek eet gesond, ek probeer om ten minste 3 keer ‘n week in die gym te kom en ek drink vrek baie water ‘n dag… so in a nut shell doen ek als wat voorgeskryf word om gewig te verloor!

    Mense judge my NOG STEEDS!!! Al het ek baie gewig af geskud. Dit mag dalk nog ‘n klein familie oorlog begin… Ek bid maar vir krag van bo om nie alles selfbeheersing te verloor nie, want ek wil nie my broer se hart seer maak nie,. Sy verloofde bly op my pik oor my gewig. Soos wat dit maar gaan met die insulien weerstandigheid is my maag die HEEL LAASTE plek waar ek gewig verloor. EK raak maerder, maar my maag wil not ‘n tiekie nie in proporsie kleiner word nie. Sy bly my vertel hoe ek my maag moet oefen.

    So ‘n maand terug toe vra twee tannies op EEN NAWEEK vir my wanneer kom my babatjie???

    So I herewith pledge dat ek gaan ophou aanmerkings maak oor ander mense se gewig. Dit si loutere hel as ander dit met jou doen.

    Antwoord

    • Posted by PlaasJuppie on Oktober 22, 2010 at 9:11 vm

      Ou Girlie, net iemand wat al daar was of steeds daar is verstaan regtig hoe moeilik dit is en hoe diep daardie op/aanmerkings tref.
      Laaste keer toe ons jou gesien het was jy alreeds petit met al die gewig wat jy verloor het. As enige iemand durf anders sê, stuur hulle na my toe!

      Antwoord

      • Fanx Plasie! Ek is seker my eie worst critic… Ek neem NOOIT kiekies van myself nie, oor my gewig… Die naweek toe laat staan ek die voorneme met die valskerm spring… en eish… ek is maar nog steeds rond op hulle!

        Antwoord

    • Wel, wat ‘n biegsessie! Dis vir my duidelik soos daglig dat daar iets soos vetaanvaarding moet wees, sodat mense wanneer hulle vet is, steeds deel van ons almal bly, en nie verafsonder nie. Steeds kan voel hulle fotos moet ook geneem word, steeds kan weet hulle kan ook gym toe gaan of gaan draf of wat ookal.
      En daar moet so iets wees, sodat mens, wanneer jy vet is, kan weet jy is nog steeds menswaardig, en iemand wat op jou pik in sy peetjie in kan stuur (of na Plasie toe!)

      Antwoord

  9. Ek untag my ALTYD op facebook wanneer iemand kiekies plaas, oor ek nie wil hê mense moet sien hoe ek lyk in foto’s nie. Die valskerm fotos was die eerste keer dat ek besluit het … de moer hiermee … ek kan nie my memories in ‘n boksie wegpak oor EK so ‘n lae selfaanvaarding het.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s