Wanneer is ‘n vrou mooi?

Ek het nou al baie tyd gehad om hieroor te dink. Veral die laaste ruk. Iemand vra my nou die dag: “Wanneer is ‘n vrou dan nou mooi?” Interresante vraag, ek moet erken. Ek het nog altyd geglo, “Beauty is in the eye of the beholder…”, en nou kom hierdie persoon en vra my so ‘n vraag.

Hmmm…

Wel, dont quote me on this, maar ek dink elke vrou is in haar eie reg pragtig. Maak nou nie saak of jy n ton weeg, skewe tone het, rooi krulhare wat in nat weer kroes het, of ‘n gap tussen jou tande nie. Jy bly pragtig. Jy mag dalk nou dink ek oordryf. Seker, ja. Maar weet jy wat?  Ek glo steeds beauty is in the eye of the beholder. Hoe jy jouself sien het soms ‘n baie groter impak op die manier hoe ander jou sien, as wat jy dalk self besef.  Het jy al daardie prentjie gesien waar die kat vir homself in die spieël kyk en ‘n leeu sien? Die onderskrif daar sê, “What matters most, is how you see yourself.” Jy mag dalk nou redeneer dit het meer betrekking tot jou beroep of talente, but I beg to differ. Dit is belangriker hoe jy jouself sien, as hoe ander jou sien. Dis wanneer jy in jouself begin glo, wanneer jy besef wat jou eie waarde is, dat  jy regtig mooi is.

Kom ons vat dit ‘n stappie verder. Ek is self ‘n groot (erige?) meisie. My hele lewe lank het ek daardie bekende love-hate relationship met die skaal. Dan is ek ekstaties gelukkig as ek ‘n kilo of twee afval, dan sulk ek weer as ek ‘n bietjie optel. Die meeste van die tyd is dit weens mediese redes dat vroue (en mans) oormatige gewig optel. Soos in my geval laas jaar. Ek was kronies siek met bronchitus. En daarom was ek ook kronies of kortisoon antibiotika. Nou ja toe… Geen wonder ek het 15kg op getel nie. DIt is die werklikheid, my liewe vriendin. Jy stry nie teen vlees en bloed hier nie. Ja, somtyds teen jou eie wilskrag ek kop, ja. Maar wanneer jy teen medikasie begin stry, fight jy ‘n losing battle. My dokter het my net so gekyk toe ek vir hom gesê het ek wil nie meer kortisoon hê nie, en gesê: “Dis of kortisoon, of jy gaan dood. Dis of ‘n paar kg op, of dit maak nie meer saak wat jy weeg nie…” Hoe stry mens nou teen so iets, hmm??

Aan die ander kant kan ons nie altyd die medici blameer vir ons gewig probleem nie. Nee. Baie keer is dit deur ons eie toedoen dat ons ‘n ekstra paar kilos om die middel het. Ja, stry maar. Ek ken daardie gevoel van by die Pick n Pay instap en die varsgebakte brood te ruik. Daardie stemmetjie op jou linkerskouer wat jou aanpor… “Toe man, dit ruik dan nou so lekker! Wat gaan een dik sny met regte, egte plaasbotter en vyekonfyt nou regtig verskil maak? Jy’s in elk geval klaar dik… Jy kan maar net sowel aanhou eet…” En net daar strike die paw-paw die fan. Metafories gesproke, natuurlik! :-). In hierdie geval praat ons nou van ‘n mindset. Een wat jou kan maak of breek, maar maak of vet maak. Dis jou keuse… My ma altyd vir my gesê: “Zellie, jy het ‘n keuse. Solank jy bereid is om met die gevolge van daardie keuse te leef.”  Toe wou ek dit nie aanvaar of verstaan nie. Nou dat ek ouer is, kom ek agter dat dit nogal baie akkuraat is… En baie eina soms. Want jy volg mos jou eie kop, luister nie na raad nie, en dan beland jy gat-oor-kop knie-diep in die moeilikheid (of kilos?). Jy sien, ek het iets baie belangriks besef. Ek het besef dat ek enige iets kan doen as ek my mind daarop sit. Ek het besef dat ek beheer het oor my eie eetgewoontes en oor hoe ek lyk. Ek het besef dat ek pragtig is, al het ek ‘n paar ekstra kilos om my maag.  En dit geld vir jou ook, my liewe vriendin. Skep moed en maak ‘n besluit… Nie om noodwendig gewig te verloor nie, maar om gelukkig te wees.

Dit bring my by die volgende punt. ‘n Groot vrou (ek vermy die woord vet, want dit klink vir my soos ‘n vloekwoord), is nie noodwendig ‘n lelike vrou nie. Inteendeel. Ek het al ‘n paar groot vroue gesien wat beeldskoon is. En weet jy wat maak hulle mooi? Die geluk wat uit hulle straal. En natuurlik die feit dat hulle na hulleself kyk. ‘n Goedversorgde vrou is altyd vol selfvertroue en straal geluk uit. Want jy sien, jy is ook hoe jy voel. As jy mooi voel, deur mooi klere aan te trek, jou hare netjies te hou en jou toonnaels so nou en dan pienk (of groen, of blou of pers… :-)) te verf, dan lyk jy ook mooi vir ander. Selfvertroue… Ja, selfvertroue kan ook so maklik verniel raak deur mense wat geen takt of sensitiwiteit het nie. Hulle kan jou afkraak en jou vergelyk. Soms vergelyk ons vroue onself ook aan ander. En soos die slim mense sê, “Comparison leads to depression.” Lig op jou kop, vrou, en kyk die wêreld vierkant in die oë. Jy is pragtig. Begin jy dit nou net glo…

Tot ‘n volgende keer… 🙂

Advertisements

6 responses to this post.

  1. Dankie vir hierdie inskrywing Anzel, ek het het geweet jy sal vroulike chique, sjarme en skryftalent bring na ‘n blog wat dit juis baie nodig het!
    En jy slaan die spyker op die kop, dis daai selfvertroue en geluk, daai iets wat ‘n vrou uitstraal.

    En dink nie vet moet soos ‘n vloekwoord wees nie. Party mense bedoel dit wel so, en dis hoekom dit so seermaak. Maar partykeer kan mens die angel uit ‘n skelwoord neem deur dit vir jou toe te eien. As ek woorde soos vettie of vet vrou hoor, kry ek so ‘n warm gevoel, want dis aan wie se kant ek is. Maar ek word ook kwaad as iemand daardie selfde woorde gebruik om seer te maak en te verneder.

    Antwoord

  2. Ek glo vas dat as jy nie na jouself omsien en jou eie skoonheid kan sien as jy oorgewig is nie, sal jy dit ook nie doen as jy maer is nie. Dit gaan oor vrede maak met jou liggaam en in plaas van jou tekorte, jou bates raak te sien. Ons is almal pragtig.

    Antwoord

  3. Pazzaz. Dis wat ‘n vrou opvallend maak. Versorgdheid is wat haar mooi maak (en dikwels daardie bogenoemde pazzaz verskaf). Mens moet net jou groove vind.

    Antwoord

    • Hello en baie welkom susarajohanna. Daai pazzaz is nie altyd so belangrik nie, dit hang seker af vir wie die vrou mooi en opvallend wil wees.
      Baie keer sien ek ‘n baie vaal en onopvallende vrou wat juis vir my vreeslik mooi is, maar ander kere is die pazzaz ook mooi en interessant.

      Antwoord

    • Posted by Anzel Gerber on April 22, 2011 at 8:03 nm

      Welkom, jong. Ek hou nogal van jou verwysing na “groove”. Pazzaz is iets wat jy uitstraal, wat jou groove vir jou gee. Ek kon nie meer met jou saamstem nie. Ek stem egter ook saam met eelt, dat beauty meestal in die eye of the beholder is. Dit, ja, maar ook met die X-factor soos jou bogenoemde groove. Vroue is pragtig. Die hele lot van ons. Party van ons kyk net beter na onsself as ander. En party voel net beter oor hulleself as ander. It is all about your own perspective… Hoop om nog baie van jou hier op die blog te hoor. 🙂

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s