Op die grens tussen vet en slank

Daar is ‘n groep vroue wat so op die grens tussen vet en slank lewe.   As hulle hul volle aandag aan energie aan gewig verloor kan gee, slaag hulle om slank te word.  Sodra iets gebeur – kind kry, liefde of een of ander krisis, dan word hulle weer vet.   Dis eintlik ‘n baie moeilike plek om te wees, want hierdie vroue “bewys” elke nou en dan aan hulself en die wereld dat “mens kan gewig verloor as jy net regtig wil”.

Wanneer hierdie vroue slankheid bereik is daar minste ‘n tydjie van rus waar hulle nie al daai nonsens oor vet mense hoef te ervaar nie, so mens gun hulle dit, al is daar sterk aanduidings dat hoe meer jou gewig wipplank, hoe swaarder eindig jy op.
Die vraag is of dit die moeite werd is om so baie tyd, geld en emosionele energie aan hierdie een ou sakie toe te wy.En nog ‘n kwessie is dat hierdie “bewys” geen bewys is nie.  Daar is ‘n hele klas mense wat glad nie op ‘n veilige manier kan slank word nie, en hierdie grensgevalle versterk die bevooroordeelde ou mensdom se idee dat mense wat vet is, net nie hard genoeg probeer nie.  Ongelukkig word die idee dat mens (vroue veral) moet slank wees, selde uitgedaag.

______________________________________

Dr Pattie Thomas het ‘n oulike verklaring geskryf oor hoekom mense aanhou om dieete te probeer, al werk dit nie.  (Die meeste of werk tot ‘n in die kort termyn, maar feitlik almal wat baie gewig verloor met diete kry daardie gewig terug binne 5 jaar of minder).

Kry haar artikel hier: New Year’s Resolutions: Who is Failing Whom?

Advertisements

13 responses to this post.

  1. Persoonlik dink ek die grens tussen vet en maer is waar mens moet wees. Nie 30 kg oorgewig nie, en nie 30 kg ondergewig nie. ‘n Effense skommeling op of af is nie ‘n treinsmash nie.

    Antwoord

    • Ai Vlam, die dag wanneer jy nie meer frases soos “waar ‘n mens moet wees”, gebruik nie, sal ek weet jy verstaan dat mense waarlik verskillend is, en dat dit ‘n goeie ding is.

      Maar ek is bly jy weet dat ‘n effense skommeling op of af nie ‘n treinsmash is nie.

      Antwoord

      • Soooo…omdat my woordkeuse nie na jou sin is nie, kan jy bepaal dat ek nie weet dat mense verskillend is nie?

        Ek het bloot my opinie gegee – mense is verskillend, jy weet, en almal het verskillende opinies.
        Maar ek gaan jou nie weer affronteer met kommentaar wat jou nie aanstaan nie.

        Antwoord

  2. Btw, Eelt, wat is jou gravatar? Die grotman? 😉

    Antwoord

    • Dit is ‘n grot en grotmense, daar is ‘n vrou by ‘n vuurtjie, ‘n vrou met ‘n kind, en ‘n man wat iets wat hy gejag het nadersleep.
      Dit het niks te doen met enige lawwe toneelopvoerings waaraan jy miskien dink nie.

      Toe ek dit die eerste keer sien, was ek dadelik mal daaroor, maar ek weet nie waar dit oorspronklik vandaan kom nie.

      Antwoord

  3. ek wou ‘n opinie gee, maar nadat ek hierbo gelees het, besluit ek om maar eerder stil te bly

    Antwoord

  4. Liewe aarde, ek dink nie my 2 kommentare was naastenby so onvriendelik bedoel as wat dit opgeneem is nie!
    Ek het ook agterna gedink miskien klink dit nou onvriendelik – dis in werklikheid glad nie wat ek bedoel het nie, maar jy weet mos nou nie wat presies juis nou in my lewe aangaan nie, wat maak dat ek dalk minder vrolik as gewoonlik is nie, of hoe?
    Ek is eintlik in my noppies dat jy uiteindelik weer hier uitgekom het, Vlam.

    Antwoord

  5. ek het in ‘n huis grootgeword waar my ma haar lewe lank ‘n VERSKRIKLIKE stryd gehad het met die lyf. Dan is sy so vet dat sy sukkel om in ‘n nr 50 in te pas, dan is sy weer ‘n 36.. nou bly sy nogals maer.
    Ekself het ook al wipplank gery tussen ‘n 42 en ‘n 36. Ek is 1.76 cm. Op die oomblik is ek so 8 kg oorgewig, maar ek hou dit nou al vir ‘n jaar so konstant en verkies om eerder so te bly. As ek in die hele jaar wel so 3 kan verloor, sal ek dankbaar wees, maar ek doen nie ekstra moeite daarvoor nie.

    Antwoord

  6. My gewig kon nogal skommel die afgelope 10 jaar. Nie buitensporig baie nie, maar tog. Wissel so tussen nr 38 en 34. En dit pla my nie vreeslik nie. As ek so pas ‘n baba gehad het, het ek die ekstra gewiggies nodig en later verloor ek dit weer deur borsvoeding. Dis nou maar weer so. Swanger en die kilo’s pak aan. 🙂 Dit sal verseker lekker wees om jou lewe lank dieselfde nommer rok te dra – my klerekas sou baie kleiner gewees het as ek nie “vet” klere en “maer” klere moes aanhou nie, maar dink nou net hoe vervelig. Nou kan ek darem so dan en wan ietsie aantrek wat ek jare laas kon dra 😉

    Antwoord

  7. Jaaaa,jong… Klink dit bekend. Ek het al vir jarre ‘n love-hate relationship met die skaal. Van skooldae af verloor ek ‘n paar kg’s en dan tel ek dit, plus vat, weer op. En weet jy, ek het een ding besef. Ek moet met myself vrede maak. Ek gaan gym toe ja, maar meer om gesond te wees, as om gewig te verloor. Ek is nou al twee weke terug in die martelhok, en ek voel goed. Sien ek ‘n verskil? Glad nie… Dalk is ek bietjie haastig. Maar ek dink hierdie keer gym ek vir die regte redes: Om gesond te wees. Ek sal altyd ‘n paar kg’s meer weeg as wat ek moet. En ek is gelukkig net so. Dit is vir my onrealisties om 40kg’s te verloor, veral met my lengte. So ek is vergenoeg met wie ek nou is en hoe ek nou lyk. Ek wissel nogsteeds met my gewig. En glo my, ek raak nou al gewoond daaraan. Dit ontstel my nie meer nie. Solank ek gesond en gelukkig is, en solank ek goed voel oor myself, is die maan kaas. 🙂
    Sterkte vir al die girls!
    En soos my ma altyd se… Gooi weg die skaal en gee jouself n drukkie… 🙂

    Antwoord

  8. Daardie ewige 8 kilogram sindroom. Hierdie is sooo waar.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s