Hoekom sê jy vir ‘n vet persoon sy is vet?

Ek kan nie kaart speel nie, maar daar is baie stories en flieks wat wys hoe kaartspeel soos die lewe is.   Die basiese waarheid van kaartspeel (en die lewe), is dit: jy kry ‘n sekere “hand” kaarte, en jy moet die beste daarvan maak.   Soms kry jy ‘n swak hand, maar met slim spel kry jy dit reg om te wen.   Nogtans sal enige mens verstaan dat diegene wat ‘n swak hand kaarte kry, nie altyd kan wen nie.  Dis maar hoe die lewe is.   Maar as jy ‘n dapper soort mens is, vat jy die hand wat jy uitgedeel is, en kyk hoeveel jy daarmee kan uitrig.

In die lewe is dit ook so.  Sommige mense word in ryk gesinne gebore, en is boonop geneties bedeel met gene wat hulle hul lewe lank slank hou, sonder dat hulle veel hoef te doen om hulle slankheid te verdien.  Ander word in minder bevooregte gesinne gebore, of hulle het gene, (of kry ‘n siekte soos PCOS) wat maak dit hulle soos niks vet word.

Nou sal mens dink dat diegene wat so gelukkig is om vanself slank te wees, elke aand op hulle bevoorregte kniee sal  gaan om dankie te se dat die geluk sommer so vanself in hulle bevoorregte skootjies geval het.   Party  onvet mense besef dit ook, maar hier en daar kry jy ‘n onvet persoon wat dit op homself neem om vet mense in te lig dat hulle vet is.

Nou wil ek graag van sulke mense vra of hulle werklik dink daar is enige iemand in die wereld wat vet is, maar nie daarvan bewus is nie, en daarom nodig het om daarvan ingelig te word?  Nou wil ek sommer prontuit sê dat die meeste mense nie regtig so stupid is om te dink dat enige iemand kan vet wees sonder om dit te weet nie.   Maar dit laat die vraag:  hoekom doen hulle dit dan?

Die antwoord moet wees omdat so iemand mense daarvan hou om sy vinger te druk daar waar dit seer maak.  Ja, dit is nou eenmaal so dat party mense daarvan hou om seer te maak.

Maar mense soos  dit moet kennis neem dat vroue  wereldwyd nie meer bereid is om hierdie soort kak op te vreet nie.  Hulle begin om douchebags soos dit se verwaandheid uit te wys.

 

Advertisements

12 responses to this post.

  1. brilliant ! jy moet `n boek skryf ~!!! ❤

    Antwoord

  2. My klerekas loop so: Moerse vet, middel vet maar bene dun, gewoon, lekker en te dun. As ek tussen lekker en te dun kom, dan raak my senuwees klaar, want dan begin ek kompulsief raak. Eerder karring ek hier tussen gewoon en lekker rond, dis waar ek gelukkig voel.

    Maar niemand mag niks vir my se oor waar ek is of wat ek eet of wat ek doen nie, dan raak ek kwaad, Maar ek moet se ek deel nogal graag advies uit, tot my vreindinne se irritasie. Sies vir my.

    Antwoord

  3. Kry ek nou lag toe ek jou email adres sien!
    Ongevraagde advies tussen vriendinne is een ding, maar ek het dit teen ‘n sekere soort douchebag op die Internet, wat aan by persoon wat hulle van geen kant af ken nie, onvriendelike kommentaar los wat suggereer dat mens moet gewig verloor as jy vet is want anders is jy onaanvaarbaar.
    Party vet vroue is vet omdat dit van hulle fantastiesheid is.

    Antwoord

  4. Ek weet, my nig is onbeskaamd, sensueel, all over the pace vet. Sy het ‘n nog groter persoonlikheid en is die slimste mens wat ek ken. Ek kan nié daai brein en persoonlikheid in ‘n gym-getone-de, yoghurt-etende, 5%-vet lyf sien nie.

    Antwoord

  5. jammer julle wat dalk my blog gelees het maar “due to some people’s bullying I deleted all my posts , jip ek wonder of ek ooit goed was met die skryfding , ek voel bietjie “vulnarable” so ek gaan so bietjie wegglip van die blogging “scene” af … sal tyd tot tyd kom inloor xxxx

    Antwoord

  6. Is ook vreemd Eelt, die wat so kwistig kritiek lewer is gewoonlik ag soooo sensetief en durf jy een of ander iets van hulle uitwys dan loop die trane en hoe-durf-jy-want-ek-het-ok-gevoelens.

    Antwoord

  7. In dit wat mense van ander mense sê en hoe hulle dit sê, sê altyd iets van hoe daardie persoon oor hom-/haar self dink en voel. Iemand wat graag ander kritiseer en op hulle foute en mislukkings bly wys het nege uit tien kere ‘n swak selfbeeld en dan ook ‘n swakheid wat hulle wegsteek.

    Antwoord

  8. jy moet regtig ‘n boek skryf , xx

    Antwoord

  9. Iemand het eendag vir my gesê ek is vet toe sê ek:”Ek is beslis nie Vet nie, op my geboorte sertifikaat staan geskryf ‘Allen’, maar ek sal die Vet persoon gaan soek wat soos ek lyk en hom sê jy soek hom.”

    My redenasie: Vet is ‘n bestandeel, ek HET vet want ek is ‘n oorgewig man, ek is nie vet nie want ek is nie ‘n bestandeel nie. Ek sal ook nooi ‘Vet’ word nie, want Allen is ‘n pragtige naam wat my ouers my gegee het 😉 Hoekom moet ons ons laat definieer deur bestandele. Ons is nie bestandele nie, ons is mense.

    Antwoord

  10. Reblogged this on wolfshadowwhispers and commented:
    Baie goeie blog artikel en ek het soos volg daar kommentaar gaan lewer:

    Iemand het eendag vir my gesê ek is vet toe sê ek:”Ek is beslis nie Vet nie, op my geboorte sertifikaat staan geskryf ‘Allen’, maar ek sal die Vet persoon gaan soek wat soos ek lyk en hom sê jy soek hom.”

    My redenasie: Vet is ‘n bestandeel, ek HET vet want ek is ‘n oorgewig man, ek is nie vet nie want ek is nie ‘n bestandeel nie. Ek sal ook nooi ‘Vet’ word nie, want Allen is ‘n pragtige naam wat my ouers my gegee het 😉 Hoekom moet ons ons laat definieer deur bestandele. Ons is nie bestandele nie, ons is mense.

    Antwoord

  11. Ek hou baie van jou vergelyking tussen ‘n hand kaarte en die lewe!! Puik metafoor!!!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s