Fietsry, HIT en ek

Tot redelik onlangs was oefening ‘n redelik ongereelde en planlose saak by my.  Nadat ek van HIT en NEAT te hore gekom het, het ek so begin dink oor oefening:

Ek wil ‘n basiese minimum van ‘n paar kort HIT sessies in elke week doen – selfs al is ek baie besig, op reis of my lewe in krisis of wat ook al – 3 of 4 HIT sessies moet elke week gedoen word.   Maar ek wil meer ook doen – ek wil baie fikser word as wat ek nog ooit was, so ek wil harder as die minimum oefen meeste weke.

Ek het begin om fiets te ry op ‘n hoë intensiteit manier – met ‘n kort roete wat ek so vinnig ry as wat ek kan.   Ek ry nie net bloot hard nie, ek trap dat my bene en longe pyn – en ook nie net liggies pyn nie – fokken seer  pyn.  As daar enige mooi vet vroue langs die pad sou wees, kyk ek nie eers in hulle rigting nie, want dis my (nou amper daaglikse) geveg teen myself, en ek wil my tyd verbeter.

Die roete het my aanvanklik net onder ‘n halfuur geneem, maar nou neem dit net meer as 20 minute – en ek wil dit nog baie vinniger doen.

As ek daarmee klaar is, kry ek ‘n properse gevoel van  oefening euforie, oftewel “runners high”.  Min dinge wat my ‘n halfuur tevore gepla het, lyk dan belangrik.  Ek raak lus vir daardie gevoel, en wil dit nie misloop nie.  En meesal voel ek dan vir die res van die dag meer positief oor die lewe, so ‘n gevoel van ek kan alles regkry.   Meesal – nie altyd nie.

PS 1:  Ek trek nie eers soos ‘n gifappeltjie aan met allerande spesiale gear nie – ek gaan ry sommer net soos ek is

PS 2: Dis nie al oefening wat ek doen nie, maar dit sal deug as voldoende as ek nie by die ander goed sou kon uitkom nie.

PS 3: Waar is Roer nou?  Wens sy het nog geblog want ek sou graag wou weet wat sy hiervan dink.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s