Posts Tagged ‘Boendoe’

Niks lekker

Twee dinge pla my sedert gister, en albei weet ek, moet ek nie eintlik oor blog nie, maar ek voel misrabel en wil dit van my hart afkry.

Die eerste is Boendoe (Vlam), wat haar blog gesluit het.  Dis niks lekker nie, en ek wens haar alle krag en sterkte toe met wat ook al die probleem is.  Hel, ek dink dis waar van ons almal: ons hou meer van haar as wat sy ooit kan weet.  Mag dinge gou weer regkom, en sy terug by ons wees.

Die ander is Mev Dalene Fordham wat so verniel is deur die Metropolisie.  Al het sy miskien ‘n oortreding begaan, is dit goor om te sien dat sy bloei – aan die hande van die polisie wat veronderstel is om ons beskermers te wees.  En te hoor dat hulle sommer skiet – net om iemand te stop wat miskien ‘n verkeersoortreding begaan het.  Ek verneem die polisie skiet gedurig onskuldige mense raak, en as hulle haar raakgeskiet  het – sy is nog steeds onskuldig.  Ons almal begaan maar soms ‘n verkeersoortreding.  Wat ‘n klomp fokken cowboys!

En allerlei slegte goed wat verder met haar gebeur het, langs die pad en by die polisiestasie.

Wel, hou jou kop omhoog mev Forham, jy is pragtig, en hulle is ‘n klomp narre.

Boends

Ek het ‘n email van Boendoe se man gekry, en hy het my gevra om hierdie aan haar blog-gesin te versprei:

Ok, Boendoe is weer weg, daar gaan nou baie navrae en soektogte wees.. Die rede  hoekom sy haar Blog delete het is ek ( Wisecrack).Haar man vir die wat dit nog nie agtergekom het nie.Soos seker die grootste deel  van haar blog gesin, het ook ek gaan soek na haar nuwe blog.Baie gevind wat kon relate en haar oor n paar gekonfronteer.( Geen privaatheid of eie identiteid gegun  nie.)

Baie harrass en onreg aangedoen. Is seker sy is met n klomp van julle in kontak op e pos, vir die wat nie is nie, hoop sy begin weer gou post.

Wat meer kan ek se, mis haar blog net so veel as almal.

Wisecrack.

Ps, ek is die bad guy hier, nie BOENDOE  nie.