Posts Tagged ‘boepens’

Wat verder gebeur het met X, W en Dr Danige Daan

W

W het heelwat gewig verloor, en begin om aan langafstand hardloop deel te neem.   Ondanks sy fiksheid en laer gewig kon hy nooit van sy boepens ontslae raak nie.   Maar die uitdrukking op die maer jong latte se gesigte wanneer hy hulle hier by die 10 km merk verbysteek, het in ‘n groot mate daarvoor opgemaak.  Daai uitdrukking van verbasing en teleurstelling om te sien dat ‘n vet ou toppie hulle kan wen, het hom altyd baie pret verskaf.  En weens sy fiksheid het hy altyd baie goed en lewenslustig gevoel.

X
X het finaal begin om vas te weet dat, hoewel sy vet is en altyd sal wees, sy baie bewonderaars het, en dat sy ongetwyfeld baie sexy en spankelend is, ongeag van wat haar man doen of sê.
Sy het verstaan dat haar man se kwessies nie deur haar vet veroorsaak is nie, maar deur iets binne homself.  En sy het haarself voorgeneem om daardie kwessies te probeer verstaan, en hom daardeur te probeer help.     Maar sy het ook besluit dat sy nie haar hele lewe gaan wag vir hom om sy kwessies op te los nie want sy het ook nodig om liefgehê te word, en dat sy op een of ander stadium aan hom ‘n ultimatum gaan stel.

Dr Danige Daan

Dr Danige Daan het ‘n BMW en ‘n Merc gehad, maar toe kom daar ‘n nuwe, jonger dokter op die dorp aan, wat ‘n Ferrari en ‘n Porche het.    En toe besluit hy, hy moet ‘n plan maak om weer bo te kom, en hy raak betrokke by ‘n orgaansmokkelary, en toe hy weer sien het die mediese raad hom tydelik geskors.   Deesdae is hy ‘n manlike model terwyl hy wag vir die einde van sy skorsing.

(geskryf op versoek)

Groot dye beskerm teen hartsiekte

Lees gerus van die studie hier:  http://news.bbc.co.uk/1/hi/health/8236384.stm

Andersom as wat iemand soos Rosalind Franklin sê, nie waar nie?

Die wetenskap rondom vet en gesondheid ontwikkel.  Daar word baie studies gedoen, maar ongelukkig hou gewone dokters nie noodwendig by nie.  Trouens, Dr. Paul Ernsberger, ‘n navorser wat ‘n oorsig van 400 studies gelei het, het tot hierdie gevolgtrekking gekom:

“The idea that fat strains the heart has no scientific basis,” he said. “As far as I can tell, the idea comes from diet books, not scientific books. Unfortunately, some doctors read diet books.”

Dokters lees dieetboeke in plaas van wetenskap…    ongelooflik!

Natuurlik is daar ander studies wat nie so vet vriendelik is nie, byvoorbeeld die een wat spesifiek boepense met hartsiekte assosieer:

http://news.bbc.co.uk/1/hi/health/6944279.stm

So dit lyk of groot bobene en heupe glad nie ‘n probleem is nie (goed is, selfs), maar dat boepmae meer met risiko geassosieer word.

Mens sou net graag wil he dat daar meer wetenskap en minder bevooroordeeldheid en veroordeling rondom vet kan kom.