Posts Tagged ‘fetish’

Wat sal mens sê van ‘n vet-fetish?

Wel, wat sal mens sê van enige fetish?  Ek dink wat dit ook al is, dis nou rêrig nie die ergste nie.  Maar  die nadeel van enige fetish is dat mens al die ander dinge van ‘n  vrou kan miskyk…

Daar is niks van ‘n mooi vrou – geestelik of fisies – wat nie vir my asemrowend is nie, en daarom is ‘n fetish eintlik ‘n simpel beperking.

En  mens moet jouself afvra, hoe voel dit vir ‘n vrou om gereduseer te word tot net een aspek?  Sekerlik sal enige vrou wil hê dat ‘n man nie net een aspek van haar liefhet, en heeltyd daarop konsentreer nie.   Dieselfde is waar vir ‘n vet-fetish – ‘n vrou is tog baie  meer as net haar vet.

Ek dink nie ek het ‘n vet-fetish nie, maar daar is sommige vet vroue wat vir my hartroerend mooi is, en sommiges wat vir my vreeslik sexy of cute is.  Maar nee, ek wil nie hê jy moet probeer vet word nie – dis in elk geval feitlik onmoontlik om jou gewig oor die lang termyn te verander.

Ek sal eerder dat iemand dink ek het ‘n vet-fetish as om toe te laat dat hy of sy vet skoonheid ontken. Dis hoekom ek mal daaroor is dat Rosalind Franklin dink ek het ‘n vet-fetish.