Posts Tagged ‘gewig’

Op die grens tussen vet en slank

Daar is ‘n groep vroue wat so op die grens tussen vet en slank lewe.   As hulle hul volle aandag aan energie aan gewig verloor kan gee, slaag hulle om slank te word.  Sodra iets gebeur – kind kry, liefde of een of ander krisis, dan word hulle weer vet.   Dis eintlik ‘n baie moeilike plek om te wees, want hierdie vroue “bewys” elke nou en dan aan hulself en die wereld dat “mens kan gewig verloor as jy net regtig wil”.

Wanneer hierdie vroue slankheid bereik is daar minste ‘n tydjie van rus waar hulle nie al daai nonsens oor vet mense hoef te ervaar nie, so mens gun hulle dit, al is daar sterk aanduidings dat hoe meer jou gewig wipplank, hoe swaarder eindig jy op.
Die vraag is of dit die moeite werd is om so baie tyd, geld en emosionele energie aan hierdie een ou sakie toe te wy.En nog ‘n kwessie is dat hierdie “bewys” geen bewys is nie.  Daar is ‘n hele klas mense wat glad nie op ‘n veilige manier kan slank word nie, en hierdie grensgevalle versterk die bevooroordeelde ou mensdom se idee dat mense wat vet is, net nie hard genoeg probeer nie.  Ongelukkig word die idee dat mens (vroue veral) moet slank wees, selde uitgedaag.

______________________________________

Dr Pattie Thomas het ‘n oulike verklaring geskryf oor hoekom mense aanhou om dieete te probeer, al werk dit nie.  (Die meeste of werk tot ‘n in die kort termyn, maar feitlik almal wat baie gewig verloor met diete kry daardie gewig terug binne 5 jaar of minder).

Kry haar artikel hier: New Year’s Resolutions: Who is Failing Whom?

Jou gewig bepaal nie wie jy is nie

Hierdie pragtige rooikop is Anzel Gerber, ‘n Afrikaanse skryfster en blogger.   Sy het ingestem om ook vir hierdie blog te skryf, en het eergister ook iets oor liggaamsaanvaarding by haar eie blog geskryf.

Met die stuur van die fotos skryf sy:

Ek wil ander girls laat verstaan dat jou gewig nie bepaal wie jy is nie. Jy kan suksesvol, gelukkig en pragtig wees, self al weeg jy 104kg… Click Me!

Anyway, ek sal ook graag saam jou wil skryf aan die blog. Veral van die vrou se perspektief af. Ons word daagliks gebombardeer deur tydskrifte en TV en ons sien al die Klein lyfies en voel skielik nie meer goed of mooi of oulik genoeg nie. En dis iets wat ons as skrywers kan verander…

95 KG

Geweeg en te lig bevind

Ek besef dikwels dat ek nie die ideale persoon was om die eerste Afrikaanse blog oor vetaanvaarding te begin nie.   Nie omdat ek manlik is, en nie vet nie, maar veral omdat ek die verkeerde idee skep weens my ander blog, en te veel aangegaan het oor hoe mooi sommige vet vroue vir my is.

Vetaanvaarding gaan nie in die eerste plek (of tweede plek) oor mooi & sexy nie.  Dit gaan oor om op te staan teen vet fobie, en die neiging in die mediese gemeenskap, media en samelewing wat al hoe harder probeer om vet mense te verneder “vir hul eie beswil”.  Mens kan nie iemand tot maerheid verneder nie, en ‘n groot persentasie van vet mense sal altyd vet wees, ongeag wat hulle doen, hoeveel gewig hulle kort termyn verloor, en hoe hard ander mense hulle probeer maer kry.

Vetaanvaarding gaan daaroor om te sê: “ek het ‘n reg om te wees, te lyk en soveel te weeg soos ek gemaak is”, en “julle het geen reg om my te probeer verander nie”.

Soms is ek mismoedig oor my skryfvermoens en vermoe om ‘n saak te stel.  As jy vet is, moenie dink dinge is maar soos hulle is, en jy moet dit maar so aanvaar nie.   Daar is baie stemme wat opgaan, mense wat idees en hoop bied.  Die afgelope paar dae was daar in Sydney  die  “Australian Fat Studies conference”.

By daardie konferensie was daar ‘n vrou, Kath, oftewel Sleepydumpling, ‘n voorlegging gemaak.  Lees dit hier -dis ‘n absolute moet-lees.   As jy net een vetaanvaarding / HAES blog wil lees (van die  honderde wat daar is),   dan is haar blog, Fat Heffalump, die een wat ek die sterkste kan aanbeveel.    Wat ‘n  helende en liefdevolle persoon is sy nie, en ek dink haar blog is  uitstekend – goed vir enige iemand se menswees.  Ja selfs mense wat nie vet is nie.

Wat my betref, ek gaan voort.  Die feit dat hierdie blog sover ek weet nog steeds die enigste vet aanvaarding / HAES blog in Afrikaans is, pla my.   Dit pla my dat ek so min bereik het,  terwyl vet fobie voortstoom en al hoe erger word.   As iemand beter as ek kan doen, sal ek baie, baie  bly wees.

PCOS en Cysters United

Een van die baie redes hoekom sommige vroue vet is, is omdat hulle PCOS het.  En een ding wat help as mens ‘n sekere soort kondisie het, is om kontak te maak met ander mense wat aan dieselfde kwaal ly.

Daar is soveel wat mens kan leer, en soveel wederkerige ondersteuning wat mens kan  kry en geen aan by mense wat dieslfde pad as jy loop.   Ongelukkig is daar geen ondersteuningsgroep of blog in Afrikaans vir vroue  met PCOS nie, en ek is ook nie die regte persoon om so iets te begin nie.  Maar gelukkig kan ek ‘n Engelse blog uitwys, waar vroue met PCOS kan gesels:  Cysters United.

Hanlie se hartsake

Dit het alles begin toe die baas besluit het om hulle almal uit te neem na die Spur vir middagete. Jon het dadelik in sy eie kar geklim en gery, en daar was nie plek vir almal in die baas se kar nie.
Kobus het gese sy moet saam met hom ry.   Kobus, Jon en die baas is ingeneurs en sy moet na hulle poppe dans, maar Kobus is altyd baie nice met haar.
Sy het versigtig ingeklim, maar nogtans gevoel haar hart skip ‘n beat toe sy voel hoe die kar na haar kant toe sak.  Dit het haar ontsenu, so in plaas daarvan om in te val by sy gemoedelike manier van stil wees, soos wat sy normaalweg sou probeer doen, het sy al die pad gepraat tot by die Spur.  Sy het hom alles van haar seuntjie vertel  – hoop nie hy het omgegee nie, maar hy het darem geinteresseerd geklink!

Hulle was laaste by die Spur, en het die laaste 2 sitplekke langs mekaar, en oorkant Jon ingeneem.   Tydens die ete het die baas gepraat oor al die maatskappy se nuwe geleenthede.  Dit het so positief geklink, dat sy skoon ook asseblief gesê toe almal poeding bestel het.  Groot fout! Sy kon die afkeur in Jon se oë sien, en die slanke Sally het ‘n groot show gemaak daarvan om nee-dankie vir die poeding te sê, “ter wille van haar figuur”.
En boonop het die poeding ‘n by na haar bord gelok, en toe sy hom probeer verjaag, kom zoem hy hier by haar gesig rond.   Terwyl sy so terug deins, gryp Kobus die by, en gooi hom by die venster uit!

‘Ag, dankie tog’, het sy blosend na Kobus gedraai, maar senuweeagtig en sweterig begin voel, veral toe sy sien hoe betekenisvol en geamuseerd Jon haar aankyk.  Jon gee haar die creeps – hy is een van daardie mense wat baie insig in almal het, en alles van almal weet, maar hierdie kennis vir sy eie voordeel en sadistiese genot gebruik.   Sy kan verstaan as hy haar nie aantreklik vind nie, maar is sy regtig so benede menslik?
Hoekom kan sy nie vir hom so half onsigbaar wees, soos wat sy vir baie mans is nie?  Hoekom het hy so ‘n perverse belangstelling in haar?

Na die ete het die baas gesê almal kan die res van die dag af kry.  “Nou kan julle tweetjies mekaar beter leer ken op die strand”, het Jon gesê, met ‘n knipoog na Sally, gevolg deur ‘n weggesteekte neusoptrek wat sy nogtans raakgesien het.
Sy voel haar hart se klop tot binne in haar kop.
“Dis ‘n gawe idee, Jon”, het Kobus kalm gesê.  “Kom Hanlie”.