Posts Tagged ‘HAES’

Vetaanvaarding vir mediese praktisyns

Medici sou maklik kon aanneem dat  vetaanvaarding ‘n gek idee is wat hulle  eerder sou wil ignoreer of konfronteer.   Dit is egter ‘n idee wat mediese praktisyns mee  kan saamstem sonder om enigsins onwetenskaplik te raak of die gesondheid van enigeen in gevaar te stel.  Hier is hoekom:

Diskriminasie is baie skadelik

Vetaanvaarding  gaan ten eerste daaroor om diskriminasie en haat teenoor vet mense te beveg.   Ek twyfel nie dat dit ‘n groter gevaar vir hulle gesondheid kan wees as vet nie.   Mens hoef maar net te kyk na die geval van ‘n 9-jarige dogtertjie in De Aar wie se gesig weens spanning begin skeeftrek het nadat onderwysers haar “vetgat” genoem het en haar geslaan het.  Of die gevaarlike Sibutramien (Simply Slim) wat desperate vet mense via ongure handelaars probeer in die hande kry, wat hulle dood kan veroorsaak.  Of die bevinding dat “obesity stigma erodes will to exercise, socialise“.

Of wat van die baie mense wat rook omdat hulle meen dit hou jou gewig laer – as daar nie so ‘n kwessie gemaak is van vet wees nie, sou niemand hierdie dodelike, onwelriekende en duur verslawing aanleer net om hulle gewig in toom te hou nie.

Deur blogs te lees kan mens  honderde voorbeelde elke dag byvoeg van die pyn, stres en harsteer  wat deur diskriminasie veroorsaak word.  Hierdie diskriminasie word gevoed deur die massahisterie (moral panic) oor vetsug, wat deels deur die mediese professie, maar veral deur die verslankingsindustrie gedryf word.

Wetenskaplikes moenie meedoen aan massahisterie nie

Hoewel sommige vet mense baie gesond is, is vetword soms ‘n teken van mediese probleme, byvoorbeeld as iemand vet is weens siektetoestande soos PCOS of as gevolg van te veel suiker in die dieet.   Maar die skrywer van die Big Liberty blog, skryf baie oortuigend oor hoe hedendaagse gesindhede teenoor “vetsug” ‘n opsweping (moral panic)  is  – lees veral hierdie artikel.   Ondanks die vreeslike vet gevaar, leef mense langer as ooit tevore.  Medici en wetenskaplik georienteerde mense moet hulle deur feite laat lei, en nie meegevoer raak deur ‘n tendens in die samelewing wat deur deur belangegroepe soos die verlankingsindustrie gedryf word nie.

Sien ook America’s Moral Panic Over Obesity

Diskriminasie in die spreekkamer

Talle mense se ervaring  van medici is dat nie almal ewe kompetent  of wetenskaplik ingesteld is nie.  Ek onthou ‘n paar verwaande mediese studente uit my tyd op universiteit – hierdie ouens was baie ingestel op die mooi meisies en die sosiale lewe van die kampus, en het vreeslik “ge-spot” en ge -cram voor eksamens.   Ek vermoed sommige van hulle laat vandag ‘n spoor van vernietiging na in hul pasiente se lewens.

Natuurlik sal  gesindhede van die samelewing ook in die spreekamer ‘n effek  hê – lees maar net die First, Do No Harm blog – met verhale van hoe sommige  dokters allerlei diagnoses mis omdat hulle uitsluitlik op gewig konsentreer, asook hoe sommige dokters hul vet pasiente minag en meedoen aan die diskriminasie.

Sorg vir die hele mens

Wanneer ‘n dokter net ‘n hoop vet sien in plaas van ‘n mens, sal sy optrede in die spreekkamer nie bydra tot die pasient gesondheid nie, maar eerder tot die pasient se stres en gevoel van verwerping, ek dikwels tot verkeerde diagnoses.

Om hierdie redes voel ek dat mediese personeel moet leer van vetaanvaarding, HAES.  En hulle moet op die basics van die mediese professie eerder as voorkoms konsentreer:  Die wetenskaplike maatstawwe van gesondheid is dinge soos bloeddruk, polsslag, bloedsuiker en vele ander dinge wat gemeet kan word.  Hoe meer wetenskaplik ingestel ‘n dokter is, hoe minder is die kanse dat hy/sy sal diskrimineer op grond van die sosiale vooroordele wat in die afgelope paar dekades ontstaan het.

Geweeg en te lig bevind

Ek besef dikwels dat ek nie die ideale persoon was om die eerste Afrikaanse blog oor vetaanvaarding te begin nie.   Nie omdat ek manlik is, en nie vet nie, maar veral omdat ek die verkeerde idee skep weens my ander blog, en te veel aangegaan het oor hoe mooi sommige vet vroue vir my is.

Vetaanvaarding gaan nie in die eerste plek (of tweede plek) oor mooi & sexy nie.  Dit gaan oor om op te staan teen vet fobie, en die neiging in die mediese gemeenskap, media en samelewing wat al hoe harder probeer om vet mense te verneder “vir hul eie beswil”.  Mens kan nie iemand tot maerheid verneder nie, en ‘n groot persentasie van vet mense sal altyd vet wees, ongeag wat hulle doen, hoeveel gewig hulle kort termyn verloor, en hoe hard ander mense hulle probeer maer kry.

Vetaanvaarding gaan daaroor om te sê: “ek het ‘n reg om te wees, te lyk en soveel te weeg soos ek gemaak is”, en “julle het geen reg om my te probeer verander nie”.

Soms is ek mismoedig oor my skryfvermoens en vermoe om ‘n saak te stel.  As jy vet is, moenie dink dinge is maar soos hulle is, en jy moet dit maar so aanvaar nie.   Daar is baie stemme wat opgaan, mense wat idees en hoop bied.  Die afgelope paar dae was daar in Sydney  die  “Australian Fat Studies conference”.

By daardie konferensie was daar ‘n vrou, Kath, oftewel Sleepydumpling, ‘n voorlegging gemaak.  Lees dit hier -dis ‘n absolute moet-lees.   As jy net een vetaanvaarding / HAES blog wil lees (van die  honderde wat daar is),   dan is haar blog, Fat Heffalump, die een wat ek die sterkste kan aanbeveel.    Wat ‘n  helende en liefdevolle persoon is sy nie, en ek dink haar blog is  uitstekend – goed vir enige iemand se menswees.  Ja selfs mense wat nie vet is nie.

Wat my betref, ek gaan voort.  Die feit dat hierdie blog sover ek weet nog steeds die enigste vet aanvaarding / HAES blog in Afrikaans is, pla my.   Dit pla my dat ek so min bereik het,  terwyl vet fobie voortstoom en al hoe erger word.   As iemand beter as ek kan doen, sal ek baie, baie  bly wees.

Medewerker benodig

Ek sal baie bly wees as iemand my bietjie wil backup.   Aanvanklik het ek gehoop op Rosalind Franklin, maar sy het verkies om die Dark Side te join.

En nou het Andrew laat blyk hy wil dalk.   Ek sal baie bly wees, want ek voel soos ‘n stem wat roep in die woestyn – en selfs baie van die vroue wat hier ewe lekker saamkuier glo my nie regtig nie.   Tog is dit nie my idees nie.
Ek is teverede dat HAES die beste benadering is, wat gevolg word deur professionele praktisyns wat ‘n verskeidenheid studies en dissiplines bymekaar bring – dinge soos dieet, voedselkunde, mediese navorsing en genetika.  Maar wat hulle veral ook bybring is geestesgesondheid.   Dit help nie mens gaan eindeloos aan oor die gevare van vet sonder om in ag te neem watse effek jou aksies op mense (vroue veral) het nie.
En die hoof effek van al die deathfat waarskuwings is dit:  vroue wat vasgenael na hulle skaal staar, te bang om te lewe, en ‘n yslike selfwalging in hulle ronddra.  Mens hoef nie ‘n wetenskaplike te wees om uit te figure dat dit nie ‘n goeie ding is nie.

Mense wat die HAES benadering volg, is geneig om ‘n konstante gewig te hê, of op die lang duur ‘n mate van gewig te verloor.

HAES Howto: Vergeet van jou gewig, konsentreer op jou gesondheid

Dit is die eerste beginsel van Health at Every Size.   Maak nie saak hoe vet jy is nie, en of jou oefening en eetgewoontes jou laat gewig verloor of nie, jy is dit aan jouself verskuldig om gesond te lewe.  Altyd.  Gereeld oefening te kry en altyd gesond te eet.  Net soos enige iemand anders, selfs maer mense dit behoort te doen.

Jy los net die obsessie met gewig.  Jy gaan nooit op ‘n dieet nie, selfs nie eers vir jou troue nie (jou aanstaande behoort te verstaan, anders gaan julle in elk geval probleme optel).   Want dis ‘n bewese feit dat mense wat dieet die gewig wat hulle verloor weer optel, gewoonlik met rente.  So verander hul lewe in ‘n ewige obsessie met nie net met gewig nie, maar ook met kos.  Hoe tragies, veral as mens gesien het dat daar wel baie vet mense is wat gelukkige en gesonde lewens het.

So dis juis hierdie obsessie met gewig wat maak dat soveel meer mense dieetsiektes optel.  Die obsessie maak mense juis vetter, so dis die obsessie wat moet waai!

so-weeg

Amerika se “War on obesity”

Gelukkig het ons land nog nie ambisies (sover ek weet), om ‘n “War on obesity”  te begin nie.   Amerika het wel, en net soos met die “War on terror” is daar groot probleme rondom die idee.

Kate Harding, die mees bekende vet aanvaardingsaktivis (sy is eintlik die groot figuur agter die hele beweging) debatteer die kwessies rondom “War on obesity” met ‘n  dokter (link heel onder).

Dit is baie goed en dis ook interessant om haar in lewende lywe te sien.  Die dokter is ook nie sleg nie, soos Carrie dit  stel op BigfatBlog:

Hoe kan die dokter soveel goeie HAES beginsels voorstaan, en nog steeds wil he dit moet ‘n oorlog op gewig wees in plaas van ‘n veldtog teen ‘n onaktiewe lewe en ongesonde kos?

Die debat is hier:

Health At Every Size

All shapes and sizes -Lucy Aphramor

We seem doomed to experience more government anti-obesity campaigns and policies that have little effect on our collective weight – but do have a huge impact on individuals, increasingly judged and condemned on the basis of their appearance.

The demand for weight-loss pills and surgeries, fuelled by the notion that everyone has a moral obligation to achieve a slim body, will continue to eat up more and more of increasingly precious NHS budgets. This is what awaits us (or worse), if we don’t change direction and stop trying to follow the one-size-must-fit-all method of healthcare.

Health researchers and professionals who have become disenchanted with the failure – and dangers – of a traditional weight-centred approach to health are increasingly adopting the Health At Every Size (HAES) philosophy. HAES promotes tested and achievable ways to optimise health for individuals and populations. It does this at an individual level by focusing on eating, activity and body acceptance. Of course, food and exercise are old targets in the health promoter’s arsenal, and psychological factors influencing dieting behaviours are well-known. So what’s new? The crucial difference is that HAES emphasises the benefits of sound nutrition, active living and body confidence as ends in themselves, not as a route to weight management.

Having removed the goal of weight loss, HAES promotes a healthy relationship with food, including the importance of learning to recognise internal signals rather than ignore them in favour of rigid eating plans. HAES encourages activity for general wellbeing, for pleasure in movement and abilities and not as a calorie-burning mission.

The hardest leap for practitioner and client alike can be the idea that all bodies are worthy of respect; that it is permissible and important to appreciate and care for the body you live in, whatever size you are; that bodies should not be disliked or despised for their lack of conformity to a particular size or shape.

Adopting a HAES approach may or may not result in a weight change, but that’s not the point. The point is that HAES improves health outcomes long-term and dieting doesn’t. That makes HAES the ethical, effective choice.

The evidence for favouring HAES over weight-loss interventions is strong. First, as has been documented in detail in several books, including The Diet Myth by Paul Campos and The Obesity Epidemic by Michael Gard and Jan Wright, the common obesity scaremongering in the media greatly exaggerates the risks. Over the last few decades, the UK population has got slightly fatter (and taller too, but no one seems to be worried about that), and ironically, longer-lived. Statistically speaking, being far from the average weight does result in an increased health risk, but this is small: the difference in life expectancy between the unusually fat or thin person and the medium-sized person is similar in magnitude to that of being male v female, or living in one neighbourhood v another, or habitually driving to work rather than cycling.

Second, whatever the risks of a particular weight, the scientific evidence is clear: for the vast majority of people, there is no known safe way to obtain significant weight changes and maintain them in the long-term. Dieting puts bodies in emergency starvation mode and, just as it is difficult to hold your breath for a long time, it is difficult to willingly undereat; your body will make you eat, just as it will make you breathe, in order to survive. The evidence shows that weight lost from dieting is almost always regained within a few years, often accompanied by a few more pounds. Weight loss pills (at least, those that haven’t been found unsafe yet) result in a few pounds lost, but only while you continue them. Even those who undergo the risks of weight-loss surgery find that much of the weight lost is regained in the long term. On the other hand, many naturally thin people cannot manage to gain weight for sustained periods either, no matter how much they try to eat.

It is counterproductive to continue pouring money and effort into attempts to make everyone slim, especially when this results in side-effects that are disastrous for mental and physical health: widespread body dissatisfaction and poor self-image; eating disorders; appearance-based prejudice, discrimination, stigmatisation, and abuse. None of this promotes good health within the UK population. It also diverts attention from underlying influences on health: poverty, for example.

Instead let us aim for a more ethical approach: treating people of all shapes and sizes with respect and providing equal access to evidence-based healthcare without discrimination or prejudice. HAES, adopted by increasing numbers of researchers and healthcare professionals, provides just such an approach.