Posts Tagged ‘newe-effekte’

Simply Slim

Jo-Ann het in Januarie daaroor geskryf, en een van Trixi se vriendinne het dit probeer en daaroor geskryf by hulle forum.  Gelukkig het die vriendin opgehou toe sy swanger word, want die newe-effekte is gevaarlik.

Om die waarheid te sê, dis uiters gevaarlik, want dit bevat meer Sibutramien as wat ‘n dokter aan jou mag voorskryf.

Sibutramien mag net tot ’n maksimum van 15 mg in geregistreerde voorskrifverslankingsmedisyne soos Reductil voorkom en glad nie in aanvullende medisyne, oftewel kruiemiddels nie. – Beeld

Simply Slim bevat 27 mg sibutramien (sien Beeld artikel).   So hierdie ouens het geen gewetensbeswaar daarteen om iets as ‘n 100% kruiemiddel te verkoop, terwyl dit in werklikheid ‘n gevaarlike oordosis van ‘n skedule-5-middel bevat.

Geen wonder die Medisynebeheerraad het die middel eergister verbied nie.     Die kardiovaskulêre newe-effekte soos hartkloppings wat sibutramien veroorsaak, is nie speletjies nie, en as dit nie verbied was nie, was dit net ‘n kwessie van tyd voor iemand daarvan gesterf het.

Die  gewetenloosheid van die verslankingsindustrie is weereens blootgelê, vir almal wat dit wil raaksien.

Advertisements