Posts Tagged ‘oefening’

Fietsry, HIT en ek

Tot redelik onlangs was oefening ‘n redelik ongereelde en planlose saak by my.  Nadat ek van HIT en NEAT te hore gekom het, het ek so begin dink oor oefening:

Ek wil ‘n basiese minimum van ‘n paar kort HIT sessies in elke week doen – selfs al is ek baie besig, op reis of my lewe in krisis of wat ook al – 3 of 4 HIT sessies moet elke week gedoen word.   Maar ek wil meer ook doen – ek wil baie fikser word as wat ek nog ooit was, so ek wil harder as die minimum oefen meeste weke.

Ek het begin om fiets te ry op ‘n hoë intensiteit manier – met ‘n kort roete wat ek so vinnig ry as wat ek kan.   Ek ry nie net bloot hard nie, ek trap dat my bene en longe pyn – en ook nie net liggies pyn nie – fokken seer  pyn.  As daar enige mooi vet vroue langs die pad sou wees, kyk ek nie eers in hulle rigting nie, want dis my (nou amper daaglikse) geveg teen myself, en ek wil my tyd verbeter.

Die roete het my aanvanklik net onder ‘n halfuur geneem, maar nou neem dit net meer as 20 minute – en ek wil dit nog baie vinniger doen.

As ek daarmee klaar is, kry ek ‘n properse gevoel van  oefening euforie, oftewel “runners high”.  Min dinge wat my ‘n halfuur tevore gepla het, lyk dan belangrik.  Ek raak lus vir daardie gevoel, en wil dit nie misloop nie.  En meesal voel ek dan vir die res van die dag meer positief oor die lewe, so ‘n gevoel van ek kan alles regkry.   Meesal – nie altyd nie.

PS 1:  Ek trek nie eers soos ‘n gifappeltjie aan met allerande spesiale gear nie – ek gaan ry sommer net soos ek is

PS 2: Dis nie al oefening wat ek doen nie, maar dit sal deug as voldoende as ek nie by die ander goed sou kon uitkom nie.

PS 3: Waar is Roer nou?  Wens sy het nog geblog want ek sou graag wou weet wat sy hiervan dink.

Nuwe inligting oor oefening (HIT en NEAT)

Net soos wat dit eers onlangs welbekend geword het (aan die algemene publiek) dat kos met ‘n lae glukoseindeks baie gesondheidsvoordele inhou, is daar ook nuwe inligting oor oefening waarvan  ek die woord wil help versprei.  Dit bestaan uit twee eenvoudige beginsels wat in die BBC Horizon: The Truth About Exercise, uiteengesit is, en wat op wetenskaplike navorsing gebasseer is.

1. Lank stilsit is dodelik – (the chair is a killer) – jy moet rondbeweeg gedurende die dag, en nie net staat maak op formele oefening nie.  Hierdie  aktiwiteit word  “non-exercise activity thermogenesis – Neat” genoem.   Sien ook doc Francois se lys onder  Nog wenke om meer aktiwiteit in jou dag in te bou

2. Hoë intensiteit oefening (HIT)  het verstommende voordele bo tradisionele soorte oefening soos ‘jogging’ of stap.  Maar voor jy HIT probeer, werk net eers gou deur doc Francois se lysie oor veiligheid  anders kom jy dalk iets oor.

Hier is ‘n uittreksel uit die Horizon program:

Jy kan ook die verwysings hieronder gebruik om verder uit te vind oor HIT en NEAT.  Die Wikipedia artikel bevat ook verwysings na gepubliseerde wetenskap artikels as dit jou tipe ding is:

http://en.wikipedia.org/wiki/High-intensity_interval_training

http://www.telegraph.co.uk/culture/tvandradio/9111729/Horizon-The-Truth-About-Exercise-BBC-Two-review.html

http://www.guardian.co.uk/tv-and-radio/2012/feb/28/horizon-the-truth-about-exercise

http://www.bbc.co.uk/programmes/b01cywtq/clips

http://www.bbc.co.uk/news/health-17177251

Verdere inligting oor oefening:

http://docfrancois.wordpress.com/2013/03/02/voordele-van-oefening/

http://docfrancois.wordpress.com/2013/03/09/voorsorgmaatreels-wanneer-jy-oefen/

http://docfrancois.wordpress.com/2013/03/12/wenke-vir-n-geslaagde-oefenprogram-en-meer-aktiewe-lewe/

Laastens – onthou al verloor jy nooit ‘n gram gewig nie, bly dit die moeite werd om te oefen.   Vir enige persoon behoort die doel van oefening beter gesondheid te wees – gewig verloor is ‘n bysaak.

Hartsiektes

Die  heartfoundation het die artikel hier onder verskaf, wat ook in Beeld verskyn het.  Dis goeie raad (behalwe punt 4), ook vir slankes .   Trouens, dis juis dikwels mense wat nie vet is nie, wat skielik en onverwags hartsiekte kry.

So hoekom is punt 4 (hou jou gewig dop)  nie juis goeie raad nie?   Want as jy al die ander goed doen, en jy het gewig wat kan verloor, dan sal jy.  En as jy al die ander goed doen, maar jy verloor niks gewig nie, moet jy steeds aanhou met daardie goed,  want dis nodig vir jou gesondheid.  Net soos dit ook nodig is vir ‘n slanke persoon se gesondheid.   Boonop is dit nie waar dat vet mense noodwendig hoë bloeddruk het nie.  Talle mense in die vetaanvaarding beweging, sommiges buitengewoon vet, het nie hoë bloeddruk nie

Die ewige obsessie met vet hou ‘n gevaar in vir mense wat nie vet is nie, wat hulle dink hulle is OK.  Mens moet eerder na die fundamentele goed kyk:  kry jy oefening, eet jy gesond,  kry jy ‘n uitlaat vir jou spanning.  As jou bloedsuiker, bloeddruk, hartritme, polslag per minuut, cholestrolvlak, stresvlak en fiksheid goed is, dws die fundamentele goed, is jy net miskien OK!

Keer hartsiektes en beroertes só

Sondag was Wêreldhartdag en die Hart-en-beroerte-stigting van Suid-Afrika het 10 wenke vir ’n gesonder hart.

Hartsiektes en beroertes is die grootste oorsake van dood ter wêreld en eis ongeveer 17,1 miljoen lewens elke jaar.

“Op Wêreld-hartdag doen ons ’n beroep op almal om verantwoordelikheid te aanvaar vir hul eie hartgesondheid.

“Ons doen dit deur tien mak­like stappe wat mense kan doen uiteen te sit en deur mense aan te moedig om te begin deur minstens een te doen.

“Gesonde eetgewoontes, fisieke aktiwiteit en om nie te rook nie, word aanbeveel,” sê dr. Vash Mungal-Singh, uitvoerende hoof van die Hart-en-beroertestigting van Suid-Afrika, in ’n verklaring wat verlede week uitgereik is.

’n Gesonde lewe

1.  Eet gesond: Eet minstens vyf porsies vrugte en groente elke dag en vermy versadigde vet. Pasop vir verwerkte kos, wat dikwels baie sout bevat.

2.  Raak aktief: Selfs ’n halfuur se oefening daagliks kan help om ’n hartaanval of beroerte te voorkom, en jy sal ook in jou werk daarby baat vind.

3.  Los die tabak: Jou gevaar vir hartvatsiektes sal binne ’n jaar gehalveer word as jy ophou rook en sal mettertyd na normaal terugkeer.

4.  Hou jou gewig dop: Gewigsverlies, veral saam met ’n ­laer soutinname, lei tot laer bloeddruk. Hoë bloeddruk is die grootste gevaarfaktor vir beroerte-aanvalle en dit is ook ’n groot faktor in verskeie hartsiektes.

5.  Ken die syfers: Besoek ’n gesondheidspraktisyn wat jou bloeddruk, cholesterol, glu­ko­se­vlak­ke, middellyf-tot-heup-ratio en liggaamsmassa-indeks kan meet. Sodra jy weet wat jou gevaarfaktore is, kan jy ’n plan maak om jou hartgesondheid te verbeter.

6.  Stadig met die drankies: Beperk die hoeveelheid alkohol wat jy inneem. Uitermatige alkoholinname kan jou bloeddruk laat styg en jou gewig laat toeneem.

In die werkplek

7.  Raak rookvry: Dring daarop aan dat rook in jou werkplek verbied word. Stel voor dat jou werkgewer ophou-rook-dienste aanbied aan diegene wat wil ophou.

8.  Oefen by die werk: Sluit fisieke aktiwiteit in jou werkskedule in – ry fiets werk toe indien moontlik, klim trappe eerder as om die hyser te gebruik, doen oefening of gaan stap gedurende jou middagetenstyd en moedig ander aan om dit ook te doen.

9.  Kies gesonde kos: Vra vir gesonde koskeuses by die werk se kantien of spoor nabygeleë kafees of restaurante op wat gesonde maaltye voorsit.

10.  Klop die spanning: Hoewel dit nie bewys is dat spanning ’n direkte gevaarfaktor vir hartsiektes en beroertes is nie, is dit verwant aan rook, oormatige alkoholgebruik en ongesonde eetgewoontes. Bring oor middagete tyd weg van jou werkplek deur en kry ’n bietjie vars lug. Neem gereelde onderbrekings deur die dag – probeer vir vyf minute twee keer per dag strek of oefen.

Verskaf deur die Hart-en-beroerte-stigting van SA; 0860 223 222 of http://www.heartfoundation.co.za.

Te besig om te oefen?

Hoe om te oefen

Daar is baie te sê, te leer en te lese oor oefening, maar een ding wat seker bo alles moet uitstaan is dat jy alles, en enige iets moet doen om die gewoonte te vestig.

Dit help nie jy begin deur 10km te hardloop, en  jy is die volgende week is jy buite aksie nie.  Want sportnavorsers het bevind dat mense se geheue van daardie pyn hulle verder, in die volgende maande en jare, weerhou om te oefen.  Jip, dis nie net daardie eerste eerste paar dae na die oefen wat die melksuur jou spiere so pynig, dat jy nie wil oefen nie.  Jou onderbewuste onthou daardie pyn, en as jy weer sien dink jy perdalkies vir die volgende paar jaar lank verskonings uit om nie te oefen nie.   So daardie 10 km is eintlik slegter vir jou as om net te sit en doughnuts eet.   Want ten menste kan die ou wat sit en doughnuts eet dalk nog die oefengewoonte aanleer.

Girl van die Suburbs het ‘n  stukkie op haar blog wat hierdie verskynsel skreeusnaaks aandui.

“No pain no gain” is eintlik ‘n dom en onwaar slagspreuk.   Jy moet dit so lekker en interessant as moontlik maak, sodat jy dit kan volhou.

 

HAES Howto: Vergeet van jou gewig, konsentreer op jou gesondheid

Dit is die eerste beginsel van Health at Every Size.   Maak nie saak hoe vet jy is nie, en of jou oefening en eetgewoontes jou laat gewig verloor of nie, jy is dit aan jouself verskuldig om gesond te lewe.  Altyd.  Gereeld oefening te kry en altyd gesond te eet.  Net soos enige iemand anders, selfs maer mense dit behoort te doen.

Jy los net die obsessie met gewig.  Jy gaan nooit op ‘n dieet nie, selfs nie eers vir jou troue nie (jou aanstaande behoort te verstaan, anders gaan julle in elk geval probleme optel).   Want dis ‘n bewese feit dat mense wat dieet die gewig wat hulle verloor weer optel, gewoonlik met rente.  So verander hul lewe in ‘n ewige obsessie met nie net met gewig nie, maar ook met kos.  Hoe tragies, veral as mens gesien het dat daar wel baie vet mense is wat gelukkige en gesonde lewens het.

So dis juis hierdie obsessie met gewig wat maak dat soveel meer mense dieetsiektes optel.  Die obsessie maak mense juis vetter, so dis die obsessie wat moet waai!

so-weeg