Posts Tagged ‘Photoshop’

Gesondheidswaarskuwing: Photoshopped model

Kan ge-fotoshopde fotos van modelle meisies en vroue so minderwaardig laat voel dat dit hulle gesondheid skaad?  Dit lyk so, want skynbaar oorweeg die helfte van jong meisies om (totaal onnodige) operasies op hulle te laat uitvoer, en baie jong meisies ly aan dieetsiektes – jongmeisie siektes wat wat deur die mode- en dieetmaatskappye veroorsaak word.

Dit kan my so kwaad maak dat hierdie maatskappye nie verantwoordelik gehou word nie!

Nou wil die Girl Guides van Brittanje wil hê ‘n waarskuwing moet op alle advertensies aangebring word, waar die modelle ge-fotoshop is.  Wat ‘n uitstekende idee!  Nou moet die Voortrekkers net kyk of hulle dieselfde kan regkry!

Flou, oninteressant en gefotoshop:

Photoshop flouheid

Daar is ‘n foto artikel by Newsweek wat wys hoe die beelde van skoonhede in die media, asook fotos van modelle  opgedollie word om ‘n soort ideaal van skoonheid te probeer skep wat eintlik nie werklik bestaan nie.

Die doel hiervan is natuurlik dat vroue fortuine moet spandeer om so te lyk – maar hoekom mense vir hierdie  Photoshop, en bemarkings- oneerlikheid val, kan ek nie verstaan nie.  Want dis nie mooi of natuurlik nie.