Posts Tagged ‘The No. 1 Ladies’ Detective Agency’

Vet heldinne

Een van die redes hoekom daar iets soos diskriminasie is, is dat helde en heldinne in verhale en flieks amper altyd slank is.
En dit veroorsaak ‘n assosiasie van slank is goed, terwyl vet amper altyd negatiewe assosiasies het, en daar is ook geen tekort aan vet baddies nie.
Ek wil graag weet of iemand aan vet heldinne (veral) of vet helde in stories kan dink.  Ek kan net aan hierdies dink:
  • Jasmin van  Bagdad Cafe (gespeel deur Marianne Sägebrecht) .  Wat ‘n vrou, en wat ‘n vreemde maar wonderlike fliek!

Die The No. 1 Ladies’ Detective Agency het almal vreeslike mooi name, en is eintlik groot pret:
The No. 1 Ladies’ Detective Agency (1998)
Tears Of The Giraffe (2000)
Morality for Beautiful Girls (2001)
The Kalahari Typing School for Men (2002)
The Full Cupboard of Life (2004)
In The Company of Cheerful Ladies (2004)
Blue Shoes and Happiness (2006)
The Good Husband of Zebra Drive (2007)
The Miracle at Speedy Motors (2008)
Tea Time for the Traditionally Built (2009)
The Double Comfort Safari Club (2010)
Behalwe vir Mma Precious en Jasmin slaan ek ‘n blank, maar ek kan hulle baie sterk aanbeveel.  As iemand van nog vet heldinne weet, vertel tog!
Advertisements

Well-Rounded Mama

Well-Rounded Mama het ‘n post oor “The No. 1 Ladies’ Detective Agency”.  Ek het die boeke gelees, en dis regtig baie pret, mens kan dit nie neersit nie.  Ek kan die reeks boeke sterk aanbeveel vir enige iemand, maar veral ook vir iemand wat vir ‘n slag op ‘n vet-vriendelike manier verrmaak wil word.

Alexander McCall Smith is die skrywer.