Posts Tagged ‘verslanking’

Op die grens tussen vet en slank

Daar is ‘n groep vroue wat so op die grens tussen vet en slank lewe.   As hulle hul volle aandag aan energie aan gewig verloor kan gee, slaag hulle om slank te word.  Sodra iets gebeur – kind kry, liefde of een of ander krisis, dan word hulle weer vet.   Dis eintlik ‘n baie moeilike plek om te wees, want hierdie vroue “bewys” elke nou en dan aan hulself en die wereld dat “mens kan gewig verloor as jy net regtig wil”.

Wanneer hierdie vroue slankheid bereik is daar minste ‘n tydjie van rus waar hulle nie al daai nonsens oor vet mense hoef te ervaar nie, so mens gun hulle dit, al is daar sterk aanduidings dat hoe meer jou gewig wipplank, hoe swaarder eindig jy op.
Die vraag is of dit die moeite werd is om so baie tyd, geld en emosionele energie aan hierdie een ou sakie toe te wy.En nog ‘n kwessie is dat hierdie “bewys” geen bewys is nie.  Daar is ‘n hele klas mense wat glad nie op ‘n veilige manier kan slank word nie, en hierdie grensgevalle versterk die bevooroordeelde ou mensdom se idee dat mense wat vet is, net nie hard genoeg probeer nie.  Ongelukkig word die idee dat mens (vroue veral) moet slank wees, selde uitgedaag.

______________________________________

Dr Pattie Thomas het ‘n oulike verklaring geskryf oor hoekom mense aanhou om dieete te probeer, al werk dit nie.  (Die meeste of werk tot ‘n in die kort termyn, maar feitlik almal wat baie gewig verloor met diete kry daardie gewig terug binne 5 jaar of minder).

Kry haar artikel hier: New Year’s Resolutions: Who is Failing Whom?

Advertisements

Voor vs na

Ek kry baie keer lag vir voor en na fotos van dieetpil smouse.  Vat nou maar hierdies, van “House of A’Ora”.

In die na foto, het die vrou altyd ‘n nuwe haarstyl, ‘n glimlag, en sy lyk vol selfvertroue:

Voor                                                Na

Haar hele lewe is kastig verander, sy het ‘n nuwe lewe gekry.  Al haar probleme is iets van die verlede, wil hierdie fotos suggereer.

Maar eintlik wil ek sê dat hierdie vrou vir my mooi is op die voor – foto.   Sy lyk sag, cute, ontspanne, en na ‘n gemaklike mens.  Die voor foto moes eintlik lelik gewees het julle!

House of A’Ora beweer hul pille help vir WEIGHT MANAGEMENT (hul hoofletters), en het geen newe effekte nie.  Sover ek weet, kry mens twee tipes verslankingspille:

  • Die soort wat jou tydelik laat gewig verloor, maar wat jy weer met rente terug kry, het newe-effekte
  • Die soort wat nie newe-effekte het nie, laat jou ook nie rerig gewig verloor nie.  Enige verskil in gewig is maar toevallig of te wyte aan ‘n psigologiese effek, en in elk geval tydelik.

Hoe enige iemand pille kan koop van smouse wat nie aan enige mediese oorsig onderworpe is nie, gaan my verstand te bowe.

Hoe moet ‘n vrou sexy vir haar man wees

‘n Ander keer het ek geskryf oor hoe mense hulle harte vir Google wys.  En wraggies noudie dag sien ek weer so ‘n noodroep.

hoe moet ‘n vrou sexy vir haar man wees

Ek kon nie help om bietjie hartseer te voel daaroor nie.  Eerstens dink ek die probleem is waarskynlik by haar man.  As hy haar afbreek, sal sy nie sexy voel nie, al help Google haar om die beste raad oor sexy wees, te vind.  Maar miskien is daar ‘n kans dat sy rerig nie ‘n idee het hoe om sexy te wees nie.  In daai geval wonder ek of sy dalk so preuts grootgeword het soos ek.   Dalk lees sy Sarie en Finesse of dieettydskrifte.   As ek nou deur daardie soort tydskrifte blaai, sien ek absoluut niks wat sexy is nie.   Sulke tydskrifte is daar om jou te leer hoe om respektabel (en maer) te lyk en te wees.   Nou kyk, nou en dan sien mens ‘n vrou wat respektabel èn sexy is, maar gewoonlik is respektabel ‘n boelie wat vir arme sexy verwilder.

Sexy het ook (veral) niks met gewig uit te waai nie:  jy kan baie sexy wees al weeg jy 80 kg meer as wat jy dink jy moet.

Sexy wees het wel iets te doen met gesondheid, fiksheid en lewenslus (dinge wat vet mense ook kan hê), maar dis ook ‘n soort selfvertroue, en selfs soms ‘n soort skaamheid.

Dis nie iets wat jy kan koop of kan kry deur harde werk, byvoorbeeld ‘n strawwe dieet nie. Jy kan 60 kg verloor en net so min sexy voel soos nou.

Dis nie iets wat jy op enige manier kan verwerf nie, veral nie deur harde werk, dissipline of boeke lees nie, (veel eerder dan deur ledigheid).

Sexy wees is iets wat jy waag.  Dis suiwer waaghalsigheid.

Jy waag dit om bietjie langer vir iemand te kyk, bietjie meer te wys as wat hy verwag het, of iets meer van jou menswees of vroulikheid te laat blyk as wat die persoon vir wie jy sexy wil wees, verwag het, en daarom is daar ‘n risiko aan – die risiko van die moontlikheid van verwerping of vernedering wat jy loop as jy jou gewone weerbaarheid verslap.

Vet vroue het ‘n groter weerloosheid wat sosiale vernedering betref.  So as hulle daardie risiko neem om sexy te wees, is dit ‘n groter risiko.   En omdat dit ‘n groter risiko is, kan hulle dit regkry, as hulle dit waag, om veel meer onweerstaanbaar sexy te wees as enige iemand anders.

‘n Verhaal van 2 verslankers

W

W is ‘n baie interessante en welvarende ou met ‘n pragtige vrou, en sy intellektuele lewe het altyd voorrang gekry bo sy liggaam se behoefte na oefening, en so het hy deur die jare baie gewig aangesit.   Eendag besluit hy genoeg is genoeg, hy gaan ‘n plan maak.   En soos vele dinge in sy werkslewe, pak hy dit met ywer en selfvertroue aan.  Na deeglike navorsing kies hy dieet ABC, en oefenprogram DEF, en begin met beide.

W se kanse om gewig te verloor: 100%.  Sy kanse om om sy teikengewig te bereik: 95 %  Sy kanse om sy gewig op ‘n gesonde vlak te behou: 63% (Edit: of so iets – ek weet nie regtig wat sy kanse is nie)

X

X is  ‘n cute gesiggie vrou wat baie lief is vir haar man en kinders.   Sy was van kindertyd af al vet, en sy doen al die vrou-dinge soos huis skoonmaak, kosmaak en kinders versorg.   Haar man doen al die man-dinge soos om die remote te beheer en die kar te bestuur.

X wil ook bitter graag gewig verloor, en haar dokter is Dr Danige Daan.  Dr Danige lyk amper net soos 007, en hy kan nie verstaan hoekom X nie wil gewig verloor nie, want hy sê dan gereeld vir haar sy moet minder eet en meer oefening kry, haar bloeddruk is te hoog en haar rug en kniee gaan dit nie hou nie.

Op Valentynsdag het X vir haar man sjokelade gekoop maar hy het hom nie juis gesteur aan haar nie. Die volgende dag het sy al die sjokelade opgeeet.

7 het fees gevier…

.. maar net 2 het vet geword.

Gewoonlik is ek nie ‘n ou wat kyk hoeveel ander mense eet nie – dis nie my saak nie, en in elk geval, as ek sien ‘n vrou eet goed (skok!), is dit net vir my ‘n teken dat sy lekker lewenslustig is, niks anders nie, en as sy dalk sou gewig optel is dit OK met my.

Maar aangesien ek nou hierdie blog het, het  ek tydens die feestyd ‘n bietjie opgelet hoe mense eet.  Die vetties en die slankes eet omtrent ewe veel.  Net een groep staan uit in terme van hoeveel hulle eet, en dis jong mans.  Maer of vet – hulle eet vrek baie.

Die hoof oorsaak van vet is gene, dis nogal maklik om self te sien.

Hoe dikwels moet iemand hoor sy is vet?

Fat is a humanist issue

Want to know what it’s like to be fat? It means facing a constant barrage of humiliation from people who feel entitled to comment

-Marianne Kirby

In the thread following Neville Rigby’s article about BMI, a particular comment caught my eye. A reader asked:

What I would really like to see is a response from an obese person’s point of view, I am very polite as well and would not presume to comment on a person’s weight but I remember reading sometime ago a report that said many obese people do not see themselves as fat, whereas those of us who put on a few pounds do recognise the fact, don’t know whether that is true or not?

Well, I am a genuine fat person. I’ve been fat since I was seven years old. And amazingly, I know I’m fat. I’ve never not known it. How did I acquire this knowledge? I knew because I was told. Constantly. Incessantly. Inescapably. From every source. From every direction. No reprieve.

I knew I was fat, as a child, because my mother put me on a diet when I came home from summer vacation. I knew I was fat because when school started that year, some boys in my class teased me and called me names and threw things at me on the playground.

When I was a kid, I knew I was fat because I did not look like any of the kids in the JC Penny catalogue. I did not wear any of the clothes that I thought were cute because they did not make cute clothes for fat kids. Retail told me I was fat.

The doctor, when I got sick with allergies, let me know I was fat by telling me to lose some weight. Apparently, losing 20 pounds would have made me magically less allergic to pollen.

Once I started high school, I knew I was still fat because that pesky clothes issue cropped up again – as it did tonight when I went to buy myself a pair of festive velvet pants for the holiday season. I knew I was fat because I had a gym coach who was into humiliating the fat kids. And then there were some jerks from the football team who acted just like those kids back when I was seven years old.

Magazines told me I was fat – and that my boobs were too big, not perky enough, too small and shaped wrong. Television told me I was fat – and smelly and not wearing the right clothes. The clothes I could not buy because I was too fat.

The internet tells me I’m fat all the time. Every time I post a photo in a public forum, there is the inevitable refrain of “lose some weight, fatty.” Sometimes, there is also “die in a car crash, fatty” and “you should hang yourself if you can find a strong enough rope, fatty.” Those are always fun to wake up to in the morning.

I know I’m fat because I can’t just join a gym or go the mall or visit a new doctor without it being an enormous – pun fully intended – part of my identity. It is part of my presence. It is part of who I am – that loud, fat girl with the curly hair and the weird sense of humour.

You want to know the funny thing here, though? I’m not a special snowflake. My experience is not unique. I am not the only fat person in the world who is repeatedly – every time I leave the house, and even if I don’t – reminded that I am fat and the world thinks that is a problem.

Fat people – even people who are only marginally fat, if that – know they are fat because the world is full of people who are ready to leap out without any provocation to remind them of it.

We’re fat. We know it. You really don’t need to tell us

Ril en gril

By my werk is ‘n meisie wat baie vet maar  baie mooi is.  En die mans wat saam met my werk, terg mekaar dikwels oor haar.  As een laat is, sal die ander hom byvoorbeeld spot, deur te beweer dis omdat hy heel nag saam met haar was, en dan sal die laatkommer vurig protesteer, om te wys die gedagte staan hom beslis nie aan nie.

Mens kry vroue wat glad nie sexy of aantreklik is nie, miskien omdat hulle spesiaal moeite doen om nie te wees nie want hulle hou nie van mans nie , of dalk omdat hul gesondheid nie goed is nie.  Hoe dit ook al sy, hierdie vrouens is geensins in die game van sexy wees nie.

Sulke vroue is ongeveer heeltemal onsigbaar vir die meeste mans, en hulle feature nooit in die tipe grappies wat my kollegas maak nie.  Dit het my laat wonder hoekom is dit altyd die vet meisie in sulke grappe, en nooit sommige ander vroue wat glad nie aantreklik is nie?

Ek dink ek verstaan dit:  My arme kollegas beleef ‘n spanning tussen wat die samelewing vir hulle sê is aantreklik, en wat hulle self mooi vind.  Hulle kan sien daardie vet meisie is baie aantreklik , maar hulle mag dit nie erken nie, nie eens aan hulself nie, want die reels wat ander mans hulle opgelê het,  sê anders, en omdat hulle geen insig in die situasie het nie, hanteer hulle daardie spanning deur kinderagtige grappies te maak.

As julle nou nie self mans geken het wat so simpel is nie, sou julle my seker nie geglo het nie, maar baie, baie mans se smaak en gedrag word volkome deur ander mans bepaal.

***

PS: Die wagwoord vir beskermde inskrywings: vetaanvaarding