Posts Tagged ‘verslankingsmiddels’

Simply Slim

Jo-Ann het in Januarie daaroor geskryf, en een van Trixi se vriendinne het dit probeer en daaroor geskryf by hulle forum.  Gelukkig het die vriendin opgehou toe sy swanger word, want die newe-effekte is gevaarlik.

Om die waarheid te sê, dis uiters gevaarlik, want dit bevat meer Sibutramien as wat ‘n dokter aan jou mag voorskryf.

Sibutramien mag net tot ’n maksimum van 15 mg in geregistreerde voorskrifverslankingsmedisyne soos Reductil voorkom en glad nie in aanvullende medisyne, oftewel kruiemiddels nie. – Beeld

Simply Slim bevat 27 mg sibutramien (sien Beeld artikel).   So hierdie ouens het geen gewetensbeswaar daarteen om iets as ‘n 100% kruiemiddel te verkoop, terwyl dit in werklikheid ‘n gevaarlike oordosis van ‘n skedule-5-middel bevat.

Geen wonder die Medisynebeheerraad het die middel eergister verbied nie.     Die kardiovaskulêre newe-effekte soos hartkloppings wat sibutramien veroorsaak, is nie speletjies nie, en as dit nie verbied was nie, was dit net ‘n kwessie van tyd voor iemand daarvan gesterf het.

Die  gewetenloosheid van die verslankingsindustrie is weereens blootgelê, vir almal wat dit wil raaksien.

‘n Boodskap word afgelewer by SlimFast

slimfast

Hierdie is ‘n tekening van JRtheMonsterboy (met sy toestemming geplaas).  Ingekleur deur MrBeam.

Vetaanvaarding vir slanke meisies

Soms is daar iets so verspot maklik, so ‘n klein ietsie wat mens kan doen, wat so ‘n moerse verskil in iemand anders se lewe maak.  Soos vetaanvaarding.  Dis super-maklik om te doen (vir mense wat nie vet is nie).  So as jy slank is, en jy wil hierdie klein, maar wonderlike iets vir jou vet vriendin of vriend doen, moet jy net  hierdie paar dinge bemeester.

  • Onthou dat slank ≠ mooi.  Mens kry beeldskone vet meisies en vroue.  Mens kry interessante en goeie vet mans.
  • Om ‘n goeie vriendin te wees beteken nie om haar by te staan in die miskien onbereikbare ideaal van lewenslange slankheid nie, maar om lekker dinge saam met haar te doen; nie om dieettips te gee nie, maar om lekker saam met haar te eet.
  • En dit beteken nie om haar by te staan met haar “moeilike lewensstryd” (teen vet) nie, maar om haar te herinner, wanneer sy dit nodig is, dat vet glad nie so ‘n hindernis tot ‘n gelukkige lewe is, as wat beweer word nie.