Posts Tagged ‘vet aanvaarding’

Liewe dokter

Bekommernis, jo-jo gewig, stres, diskriminasie.
Ja, dis die resultate van jou anti-vet uitsprake wat ons vetties so treiter.

Jy dwing hulle om soos ‘n donkie teen dieselfde klip te bly skop,  om oor en oor teen die magtige gety van genetika kragte te meet.

En daai maer ou wat so vroeg aan ‘n hartaanval dood is – dis jy wat hom laat dink het hy is OK om te leef soos wat hy geleef het want hy was mos nie vet nie.

En daarvoor word jy hoeveel betaal??

Advertisements

Ek skryf aan Hettie Etikettie

Na ek een keer van Hettie Etikettie gehoor het, het ek besluit om aan haar te skryf.  Hier is ons korrespondensie, woord vir woord:

Liewe Tannie Hettie

Ek het ‘n blog wat gaan oor vet aanvaarding en vet skoonheid, en wat probeer om vet-fobiesheid te beveg (by verslanking.wordpress.com ). Ek wil graag die blog opkikker met mooi fotos van aantreklike vet of mollige dames.
Hoe gaan mens te werk om ‘n vet dame vir sulke fotos te vra, in ag genome dat sommige vet vroue baie sensitief is oor die sakie, en dalk nie self insien hoe mooi en glamorous hulle is nie?

Beste wense
Eelt

‘n Maand later, kry ek toe die antwoord:

Goeiedag Eelt

In ag genome dat daar baie uiters smaaklose siek jong\en ou dames en here op die kuberruimte snuffel met allerhande obsessies en verskuilde agendas, mag dit dalk vir sekere oorgewig dames angswekkend wees om hulself te ontbloot op ‘n webtuiste wat juistement sulke obsessies kan bevat. Die beste raad sal egter wees om ‘n paar dames te vra om te vrywillig self die keuse te maak. In die eerste plek moet ‘n oorgewig dame die sensitiwiteit laat staan aangesien elkeen self verantwoordelik is vir sy liggaam. Daar is wel oorgenoeg oorgewig dames wat wel gevlei sal voel indien u hulle vra om te poseer vir u webtuiste. Stuur dus ‘n epos na ‘n paar sulke dames wat u as mooi en “glamorous” beskou, vlei hul deur te sê dat u hul as ‘n positiewe voorbeeld wil gebruik en vra dan of hulle nie graag as model wil dien op u webtuiste nie.
Ek hoop van harte u kry die gewenste reaksies.

Groetnis

Die Uwe
Hettie Etikettie

Ek skryf toe dadelik die volgende:

Hello Hettie

Baie dankie vir hierdie antwoord.  Ek hoop u besef dat ek geen siek obsessies het nie, net ‘n yslike gly aan liggaamsfacisme.  Ek ken wel drie dames wat kwalifiseer as mooi, vet en “glamorous”, maar hulle is ook ongelukkig getroud, so ek sal dit nie waag om hulle te vra nie.

Die eerste ander persoon aan wie ek kan dink om te vra is jyself, want ek het op jou webbladdsy gesien dat jy voeldoen aan al 3 vereistes.

Daarom: sal jy dit oorweeg om aan my ‘n paar smaakvolle fotos te stuur van hoe ‘n pragtige vet vrou kan lyk.  Dit sal as positiewe voorbeeld dien om aan ander vet vroue te wys dat vet geen struikelblog hoef te wees nie, en dat ‘n vet vrou inderdaad baie mooi kan wees, asook ‘n gelukkige en nuttige lewe kan hê.

PS:  Let asseblief op dat die woord  “oorgewig” daarop dui dat een of ander norm oortree is.  Dit is glad nie die geval dat vet mense enige iets verkeerd doen wat ander mense regkry om nie verkeerd te doen nie, en daarom beskou ek dit as slegte maniere om iemand “oorgewig” te noem.  Gebruik eerder die woord “vet”, want dit dui bloot op die persoon se liggaamsvorm, en die woord vet bevat dus nie enige onnodige en onregverdige veroordeling van die persoon se lewensstyl nie.

Beste wense
Eelt

Geagte Eelt,

U flous uself as u dink dat ‘vet’ ‘n beter woord as oorgewig is om te gebruik. ‘Vet’ is ‘n veel krasser woord wat meeste “oorgewig” dames of here in die gesig kan vat. Dit word meestal gebruik om die liggaamsbou van ‘n dier te beskryf. ‘n Lekker vet ooi heg ‘n positiewe konnotasie. Dit werk egter nie dieselfde met mense nie. Daarom stem ek nie saam met u benaming nie. Oorgewig dui slegs daarop dat die persoon nie die gewig is wat hy\sy behoort te wees in verhouding met die res van sy liggaam nie. Ongeag of hulle gelukkig is met hul gewig of nie. Een feit bly staan – maak nie saak hoe u dit probeer goedpraat nie, om vet te wees is nie ‘n gesonde leefstyl nie. Daarom, as oorgewig dame, voel ek dat dit uiters smaakloos is om mense op u blog ‘vet’ te noem. Dit is neerhalend. Dankie vir u uitnodiging. Ek voel egter nie dat ek as ‘n model wil optree op u webtuiste nie, aangesien ek nie die “vet “leefstyl ondersteun nie en graag op hierdie stadium besig is om die vetjies af te skud deur ‘n gesonde eetstyl en oefenprogram.

Alle Sterkte
Ek hoop wel u vind modelle.

Groetnis
Hettie Etikettie

Die potlood toets

Vandag het ek vir die eerste keer van die pencil test gehoor.  Dit is so aan my verduidelik:

“As jy die pencil test slaag kan jy nie ‘n potlood onder die hang van jou borste vasknyp nie want dis te perky!”

Dit is baie interessant vir my, en natuurlik het ek agterna gewonder hoe kan ‘n vet meisie daarmee kompeteer?

So toe het ek gedink aan die hand toets.   Dit werk so:

Lees voort

Bottelvet

Ek het anderdag ‘n verpleegster hoor sê dat bottelvoeding van babas ‘n oorsaak is of bydraende faktor is daartoe dat hulle as volwassenes oorgewig is (let wel: ‘n oorsaak of faktor, nie DIE oorsaak nie). Ek het nog nie verder gelees oor die saak nie, maar ek glo sy het dit nie sommer net uit haar duim gesuig nie.  ‘n Vinnige soektog wys daar is baie.

So wat beteken dit vir vetaanvaarding? Obvious, really – dit maak geen sin om mense te laat sleg en skuldig voel, en hulle te blameer oor iets wat dalk  in hul babadae al veroorsaak is nie, en dat mense wat slank is, nie noodwendig self rede het om so meerderwaardig te voel nie.  Slankheid is dalk iets wat hulle met moedersmelk ingekry het, terwyl hulle in werklikheid dieselfde hoeveelheid eet, en dieselfde hoeveelheid oefening kry as as ‘n vet persoon.

En vandag sien ek ‘n ander verpleegster (my gunsteling nursie), skryf oor borsvoeding.  Baie oulik Boends, ek kan rerig nie glo jy het daaraan gedink om jou blog te protect nie.

My tannie se wilskrag

My tannie is vet.

Sy is ook ‘n vrou met ‘n ysere wil.  Niemand wat haar ken verkeer onder enige twyfel oor haar wilskrag nie, want sy is ‘n entrepeneur wat fantastiese dinge bereik het.   Die ure wat sy gewerk het, en die uitdagings wat sy oorkom het, is net ongelooflik.

‘n Klompie jare gelede het sy besluit om gewig te verloor.  Soos al die ander dinge in haar lewe het sy dit met mening aangepak, en dit was nie baie lank nie, toe is sy slank.   En sy het haar gewig op daardie vlak gehou vir ‘n paar jaar (seker so 4, maar ek gaan haar nou nie vra om dit te bevestig nie).

Vandag is sy weer vet – swaarder as wat sy was.   Sy is nog steeds energiek,  gesond en vol ondernemingsgees.  Sy is nou in haar sestigs.  Sy is maar net een rede hoekom ek geneig is om die HEAS – kamp*  se argumente te glo, en nie die Deathfat** – kamp s’n nie.   As mens eers eenmaal vet was, neig jou liggaam altyd weer terug daarna.  Gewig verloor is meesal tydelik, maar nogtans kan jy gelukkig en gesond lewe as jy vet is.

*Die HEAS, oftewel Health at Every Size – kamp bestaan uit dieetkundiges en medici wat die doel van gewig verloor laat vaar, en op ‘n ander doel fokus, naamlik gesond lewe, gesond eet, selfaanvaarding en fiksheid.

**Deathfat dokters is die wat glo dat mens gedurig gesondheidswaarskuwings moet uitreik aan vet mense om hulle te waarku om gewig te verloor, ongeag die feit dat hulle jare lank reeds probeer, maar nie kan nie.   Deathfat dokters glo ook vas dat mens van vet op sigself ongesond is, terwyl daar eintlik vele oorsake is vir ongesondheid,  onder meer swak eetgewoontes en min oefening.

Jou natuurlike gewig is die beste vir jou

Gewig op sigself is nie ‘n gesondheidsprobleem nie, behalwe in ekstreme gevalle soos wanneer iemand te maer is, of as iemand so vet is dat hy glad nie kan beweeg nie.  Vet mense lewe langer as maer mense en het ‘n beter kans om ‘n hartaanval te oorleef.  Vet kan ook beskerming bied teen infeksies, kanker, longsiektes, hartsiektes, osteoporose, bloedarmoede, rheumatoid arthritis en tipe 2 diabetes.
Dit beteken nie ons moet nou almal gaan staan en vet probeer word ter wille van ons gesondheid nie.  Ons sou dit in elk geval nie kon doen nie, want net soos niemand weet hoe om ‘n persoon wat van nature vet is, maer te maak nie, weet niemand hoe om iemand wat van nature maer is, vet te kry nie. Ons gene is die bepalende faktor van hoeveel liggaamsvet ons gaan hê.
Navorsing oor “vetsug” lei gedurig tot verbasende resultate, waarvan baie deur die media ignoreer word.  Mense wat omgee oor kritiese denke sou dwaas wees om alles te glo wat algemeen aanvaar word oor vet.

Net omdat jy oor en oor hoor dat vet ongesond is, maak dit nie waar nie.   Ons lewe maar net in ‘n kultuur waar mense dit graag sê.

***

  • Ek het ‘n bietjie direk met Carrie gesels.  Sy vertel my sy het geen rug of knieprobleme nie, en haar bloeddruk is normaal.   Elders het sy ook geskryf van hoe baie sy haar oefening geniet.