Posts Tagged ‘vet-fobie’

Fotos vir vetsug taak

Jis, maar ek het my vervies toe ek hierdie soekwoorde in my blog stats sien!

Luister maatjies, sê vir julle meneer of juffrou, hy of sy moet julle leer hoe diskriminasie mense se lewens verwoes.   Nie kom fotos van vet mense soek om te wys dis hoe mens nie moet lyk nie.

Maar as julle ‘n goeie foto wil sien, kan julle hier gaan kyk:

Advertisements

Die chauvenismes

Soms lyk dit vir my of hierdie dinge in trosse kom.  As jy aan een ly, ly jy heel waarskynlik aan die meeste van die ander ook.

  • Xenofobie / vreemdelingehaat
  • Rassisme
  • Gay haat
  • Manlike chauvenisme / paternalisme
  • Liggaamsfascisme (waarvan vet-fobie deel is)
  • Snobisme / minagting van die armes

Bewustheid

As mens in ‘n winkel is, is dit opvallend hoe vroue, as hulle iemand sien wat hulle ken, net daar stop om te kuier, sonder enige oorweging daarvoor of hul kuiery in die pad is of nie.  Dit is vir my op ‘n manier lekker om te sien, want dis omdat hulle so op kommunikasie en vriendskap ingestel is, dat praktiese oorwegings tweede moet kom.

Tog is dit belangrik om ‘n bewustheid van almal rondom jou te hê.   Almal rondom jou het ook dinge om te doen, en as jy glad nie ander mense in ag neem nie, is jy soos Rosalind Franklin se Generasie O -nie ‘n mooi gesig nie.    Die teenoorgestelde van Generasie O, is mense wat ‘n bewustheid het van ander mense se behoeftes, en dit in ag neem.

As vet-fobie enigsins geregverdig kan word, is Generasie O mense seker die groot rede – mense sien ‘n vet mens, en dink hulle het nou met ‘n selfsugtige Generasie – O mens te doen, byvoorbeeld ‘n  Generasie O man, wat stadig beweeg, te groot is vir enige iemand om by verby te kom, maar nie daaroor omgee nie.

Maar my verwagting, gebasseer op die vet vroue wat ek ken, is dat hulle glad nie soos Generasie O – mense is nie.  Die vet vroue wat ek ken is sagmoedig, rustig, onselfsugtig en prettig.  Daar is niks aan hulle wat hoef te verander nie.   Hierdie mooi vetties het ‘n bewustheid van ander mense se behoeftes, insluitende die behoefte wat ander het om by hulle verby te kan kom in ‘n supermark gangetjie of op die trappe.

Mense wat vet-fobies is skiet eintlik self erg kort aan bewustheid.  Want hulle kan nie die vet mens se menslikheid, en skoonheid raaksien nie, en verkies eerder om aan te hou met hul lui stereotipering.  So op ‘n manier is vet-fobiese mense eintlik erg Generasie O.


Vet-fobie is vieslik

Ek het kommentare gelees by ‘n artikel in Beeld, en net weereens besef hoe aaklig vet-fobie is.  Mense wat vet-fobies is, het blykbaar geen insig in hoe mislik,  verwaand en sotlik hulle is nie.

Die artikel gaan oor ‘n vrou wat 240 kg weeg, wat geboorte geskenk het.  In plaas daarvan om die mooi daarvan in te sien, skryf MS:

Dit is ‘n skande, dis verdomp slegtigheid anders sou ons almal so vet gewees het…dit is ma’s wat hulle kinders van babatyd af so vet voer, hulle raak nooit ontslae van daardie vetselle nie.

Wel MS, vet is geneties, so klim gerus maar van jou preekstoeltjie af.  As ons almal veronderstel was om dieselfde te gewees het, sou ons, uhm, almal dieselfde gewees het.   Maar ons is nie.  Party mense is vet, en ander is weer mondoophang verstommend onnosel.

En NV skryf:

Ek stem saam dat oorgewig ‘n skande is. Jy sal altyd ook sien, net oorgewig mense loop en eet in die straat. Ek is 1.7m en weeg 57kg. Hoekom kan ek na myself kyk, en nie ander mense nie. Sies, nou moet jou gelierde ook nog tevrede wees met so lyf. Ek het eendag die beste raad nog ooit gehoor. “Eet om te lewe, moenie lewe om te eet nie”

Baie geluk met jou slankheid NV.  Moerse.  En jy kan na jouself kyk ook, wow en baie geluk.   Maar eintlik is dit nie ‘n prestasie nie, dis die rol van die genetiese dobbelsteentjies.   My raad aan jou is gaan eerder terug skool toe en leer spel voor jy ongevraagde raad aan vet mense kom aanbied.  Sies, jy is eintlik baie grillerig;  van nou af gaan ek elke dag dankie sê dat niemand in my lewe  so dom en verwaand soos jy is nie.

Top 10 redes hoekom diskriminasie teen vetties “OK” is

Kliek op prent om behoorlik te kan sien..

Koplose vet mense wat vreet

vooroordeel

Hierdie foto is tipies van die manier hoe die vet-fobiese media deesdae vet mense uitbeeld – ontneem van hul menslikheid.

Glo my nie?   Kyk dan ‘n bietjie na hierdie site met fotos van koplose vetties.

Jissie, dis ons moeders, meisies, vrouens en susters daai!   Hoekom laat ons toe dat hulle so behandel word?