Posts Tagged ‘vet mense’

Hoekom sê jy vir ‘n vet persoon sy is vet?

Ek kan nie kaart speel nie, maar daar is baie stories en flieks wat wys hoe kaartspeel soos die lewe is.   Die basiese waarheid van kaartspeel (en die lewe), is dit: jy kry ‘n sekere “hand” kaarte, en jy moet die beste daarvan maak.   Soms kry jy ‘n swak hand, maar met slim spel kry jy dit reg om te wen.   Nogtans sal enige mens verstaan dat diegene wat ‘n swak hand kaarte kry, nie altyd kan wen nie.  Dis maar hoe die lewe is.   Maar as jy ‘n dapper soort mens is, vat jy die hand wat jy uitgedeel is, en kyk hoeveel jy daarmee kan uitrig.

In die lewe is dit ook so.  Sommige mense word in ryk gesinne gebore, en is boonop geneties bedeel met gene wat hulle hul lewe lank slank hou, sonder dat hulle veel hoef te doen om hulle slankheid te verdien.  Ander word in minder bevooregte gesinne gebore, of hulle het gene, (of kry ‘n siekte soos PCOS) wat maak dit hulle soos niks vet word.

Nou sal mens dink dat diegene wat so gelukkig is om vanself slank te wees, elke aand op hulle bevoorregte kniee sal  gaan om dankie te se dat die geluk sommer so vanself in hulle bevoorregte skootjies geval het.   Party  onvet mense besef dit ook, maar hier en daar kry jy ‘n onvet persoon wat dit op homself neem om vet mense in te lig dat hulle vet is.

Nou wil ek graag van sulke mense vra of hulle werklik dink daar is enige iemand in die wereld wat vet is, maar nie daarvan bewus is nie, en daarom nodig het om daarvan ingelig te word?  Nou wil ek sommer prontuit sê dat die meeste mense nie regtig so stupid is om te dink dat enige iemand kan vet wees sonder om dit te weet nie.   Maar dit laat die vraag:  hoekom doen hulle dit dan?

Die antwoord moet wees omdat so iemand mense daarvan hou om sy vinger te druk daar waar dit seer maak.  Ja, dit is nou eenmaal so dat party mense daarvan hou om seer te maak.

Maar mense soos  dit moet kennis neem dat vroue  wereldwyd nie meer bereid is om hierdie soort kak op te vreet nie.  Hulle begin om douchebags soos dit se verwaandheid uit te wys.

 

Koplose vet mense wat vreet

vooroordeel

Hierdie foto is tipies van die manier hoe die vet-fobiese media deesdae vet mense uitbeeld – ontneem van hul menslikheid.

Glo my nie?   Kyk dan ‘n bietjie na hierdie site met fotos van koplose vetties.

Jissie, dis ons moeders, meisies, vrouens en susters daai!   Hoekom laat ons toe dat hulle so behandel word?