Posts Tagged ‘vetsug’

Vetties: Nog altyd hier gewees

Iets wat my opval, is dat mense die idee bekook dat daar ‘n vet-epidemie is.   Dat mense altyd slank was, maar dat daar nou ‘n groot krisis van vetsug ontstaan het waaraan dringend iets gedoen moet word.  Een dryfveer hiervan, is kompetisie vir navorsingsgeld.  As jy mediese navorsing doen, en jy kan  die kwessie waarop jy werk, opblaas, sodat dit as ‘n groot krisis beskou word, dan kan jy meer en makliker fondse kry vir jou navorwsing, en so langer in ‘n lekker werk wees.

Maar daar was nog altyd vet mense.

Sien ook hier en (as jy nog baie verder in die verlede wil terug gaan) hier

Jou natuurlike gewig is die beste vir jou

Gewig op sigself is nie ‘n gesondheidsprobleem nie, behalwe in ekstreme gevalle soos wanneer iemand te maer is, of as iemand so vet is dat hy glad nie kan beweeg nie.  Vet mense lewe langer as maer mense en het ‘n beter kans om ‘n hartaanval te oorleef.  Vet kan ook beskerming bied teen infeksies, kanker, longsiektes, hartsiektes, osteoporose, bloedarmoede, rheumatoid arthritis en tipe 2 diabetes.
Dit beteken nie ons moet nou almal gaan staan en vet probeer word ter wille van ons gesondheid nie.  Ons sou dit in elk geval nie kon doen nie, want net soos niemand weet hoe om ‘n persoon wat van nature vet is, maer te maak nie, weet niemand hoe om iemand wat van nature maer is, vet te kry nie. Ons gene is die bepalende faktor van hoeveel liggaamsvet ons gaan hê.
Navorsing oor “vetsug” lei gedurig tot verbasende resultate, waarvan baie deur die media ignoreer word.  Mense wat omgee oor kritiese denke sou dwaas wees om alles te glo wat algemeen aanvaar word oor vet.

Net omdat jy oor en oor hoor dat vet ongesond is, maak dit nie waar nie.   Ons lewe maar net in ‘n kultuur waar mense dit graag sê.

***

  • Ek het ‘n bietjie direk met Carrie gesels.  Sy vertel my sy het geen rug of knieprobleme nie, en haar bloeddruk is normaal.   Elders het sy ook geskryf van hoe baie sy haar oefening geniet.