7 het fees gevier…

.. maar net 2 het vet geword.

Gewoonlik is ek nie ‘n ou wat kyk hoeveel ander mense eet nie – dis nie my saak nie, en in elk geval, as ek sien ‘n vrou eet goed (skok!), is dit net vir my ‘n teken dat sy lekker lewenslustig is, niks anders nie, en as sy dalk sou gewig optel is dit OK met my.

Maar aangesien ek nou hierdie blog het, het  ek tydens die feestyd ‘n bietjie opgelet hoe mense eet.  Die vetties en die slankes eet omtrent ewe veel.  Net een groep staan uit in terme van hoeveel hulle eet, en dis jong mans.  Maer of vet – hulle eet vrek baie.

Die hoof oorsaak van vet is gene, dis nogal maklik om self te sien.

10 responses to this post.

  1. Ek is een van daardie twee…[haha] ek het vandag besluit ek skaal af – het die afgelope paar dae uitgesit en kan dit voel! Nee, jogurt en avokado vir ‘n paar dae [ja ek weet van die avokado’s, maar ek lief hulle!] – Voorspoedige Nuwe Jaar vir jou! Ek hoop jou Kersfees was Geseend! [liewer laat as nooit!] 🙂

    Like

    Antwoord

    • Ag dankie, Nikita, voorspoedige jaar vir jou ook!
      Jogurt en avokado is lekker, maar darem nie saam nie, of hoe? Avokado hoort eerder saam met spek op ‘n lekker growwe toebroodjie

      Like

      Antwoord

      • Nee Eelt, darem nie saam nie 🙂 Ja, ek stem saam met die growwe broodjie, maar het nog nie spek daarmee saam probeer nie, maar op sy beste verkies ek dit helemal skoon, ek eet dit net so. Manlief koop elke week ‘n paar – spesiaal vir my. Ek sal sommer ‘n Saterdagmore-ontbyt net dit eet met jogurt -indien ek voel ek moet nog iets eet. Avo’s self is nogal vullend as jy ‘n hele een eet…soos ek natuurlik. Ek DOOI oor die goed! en okkerneute!

        Like

        Antwoord

  2. Posted by Kobus on Januarie 9, 2010 at 10:58 nm

    Hi, ek is jammer om te pla. Ek is nogal heel in my skik met jou blog. Veral omdat jy dit reggekry het om heelbo aan die soek enjin blad te beland. Soos wat ek op jou blog kan sien is jy nie eintlik daarop uit om geld te maak uit jou blog uit nie, maar doen dit meer vir die pret. Ek het ook ‘n blok begin, maar my blog is ook een van my groot belangstellings, maar ek daarvan hou om ‘n bietjie sakgeld daaruit te maak. Kan jy my asb sê hoe het jy dit reg gekry om heelbo aan die soek enjin blad te kom en waar het jy orals backlinks geplaas. Baie groete. Kobus Smit

    Like

    Antwoord

  3. Hello Kobus. Ek is nie seker van jou vraag nie. Hoe is hierdie blog bo aan die soek enjin blad? Ek het nog nooit by Google adverteer nie, so dit kan nie dit wees nie.
    Indien jy bedoel bo-aan die blad by http://af.wordpress.com – dit wissel maar, elke nou en dan is ‘n ander blog heel bo daar, afhangende van aktiwiteit.
    Ek het niks met backlinks of enige spesiale tricks gedoen nie.

    Ek het pret met die blog, maar dis ook ‘n saak wat my na aan die hart le.

    Waarso is jou blog?

    Like

    Antwoord

  4. Posted by Kobus on Januarie 11, 2010 at 1:42 vm

    Hi, baie dankie dat jy gereageer het op my vraag. Wat ek bedoel is, as ‘n mens gaan google search en ek search vir verslanking of vet, dan gooi google jou heel bo aan die lys uit. Toe wou ek maar net weet hoe jy dit reg gekry het om heel bo aan die lys te wees. Fiksheid en veral bodybuilding is een van my groot passies. Ek is maar nog besig om aan my blog te werk, maar ek sal jou laat weet sodra hy reg is om na te gaan kyk. Is hierdie een al blog wat jy het?

    Like

    Antwoord

  5. Posted by Kobus on Januarie 11, 2010 at 1:49 vm

    Lyk my jy sit nou voor jou pc as ek die dinge so kyk? Hoekom slaap jy nie? Jy kan my direk e-mail as jy wil by smit777@live.co.za

    Like

    Antwoord

Lewer kommentaar