Posts Tagged ‘vroue’

Gesondheidswaarskuwing: Photoshopped model

Kan ge-fotoshopde fotos van modelle meisies en vroue so minderwaardig laat voel dat dit hulle gesondheid skaad?  Dit lyk so, want skynbaar oorweeg die helfte van jong meisies om (totaal onnodige) operasies op hulle te laat uitvoer, en baie jong meisies ly aan dieetsiektes – jongmeisie siektes wat wat deur die mode- en dieetmaatskappye veroorsaak word.

Dit kan my so kwaad maak dat hierdie maatskappye nie verantwoordelik gehou word nie!

Nou wil die Girl Guides van Brittanje wil hê ‘n waarskuwing moet op alle advertensies aangebring word, waar die modelle ge-fotoshop is.  Wat ‘n uitstekende idee!  Nou moet die Voortrekkers net kyk of hulle dieselfde kan regkry!

Flou, oninteressant en gefotoshop:

This is What a Real Woman Looks Like

Gesien by Feminist Fatale

‘n Verhaal van 2 verslankers

W

W is ‘n baie interessante en welvarende ou met ‘n pragtige vrou, en sy intellektuele lewe het altyd voorrang gekry bo sy liggaam se behoefte na oefening, en so het hy deur die jare baie gewig aangesit.   Eendag besluit hy genoeg is genoeg, hy gaan ‘n plan maak.   En soos vele dinge in sy werkslewe, pak hy dit met ywer en selfvertroue aan.  Na deeglike navorsing kies hy dieet ABC, en oefenprogram DEF, en begin met beide.

W se kanse om gewig te verloor: 100%.  Sy kanse om om sy teikengewig te bereik: 95 %  Sy kanse om sy gewig op ‘n gesonde vlak te behou: 63% (Edit: of so iets – ek weet nie regtig wat sy kanse is nie)

X

X is  ‘n cute gesiggie vrou wat baie lief is vir haar man en kinders.   Sy was van kindertyd af al vet, en sy doen al die vrou-dinge soos huis skoonmaak, kosmaak en kinders versorg.   Haar man doen al die man-dinge soos om die remote te beheer en die kar te bestuur.

X wil ook bitter graag gewig verloor, en haar dokter is Dr Danige Daan.  Dr Danige lyk amper net soos 007, en hy kan nie verstaan hoekom X nie wil gewig verloor nie, want hy sê dan gereeld vir haar sy moet minder eet en meer oefening kry, haar bloeddruk is te hoog en haar rug en kniee gaan dit nie hou nie.

Op Valentynsdag het X vir haar man sjokelade gekoop maar hy het hom nie juis gesteur aan haar nie. Die volgende dag het sy al die sjokelade opgeeet.

Hoe om aanmerkings te hanteer

Die snaakse, pragtige en totally awesome Joy Nash wys hoe om aanmerkings en beledigings te hanteer.   Ek is 100% seker julle gaan hierna nog van haar wil sien, so haar Youtube versameling is hier.

Haters

Gril, minag, beskinder, vertrap en adviseer uit die hoogte.

Dis die dinge wat haters doen met diegene wat hulle as minderwaardig beskou. Maar mense het ‘n manier om terug te veg, en so het die lysie van groepe wat sosiaal aanvaarbaar is om te minag, gekrimp. Swart mense, gays en vroue het almal hulself met groot sukses leer verdedig.

Vetties is die volgendes om dit te leer.

Venus is mooi

Hier onder is fotos van die Venus van Willendorf, wat miskien so lank gelede as 24,000 jaar voor Christus gemaak is.  Dit is vir my mooi, en dit wys ook dat die idee van die ideale vrou nie dieselfde is ten alle tye nie.  ‘n Idee van die ideale vrou word bepaal deur die heersende kultuur, en net soos kultuur is die idee van wat ideaal is, ook veranderlik.

Ek dink die ideaal van die Venusbeeldjie is dalk nader aan die natuurlike.   In elk geval, dis nonsens dat daar net een idee, net een vorm moet wees.   Vir my maak verkeidenheid die lewe wonderlik interessant.   Maar as daar net een vorm mag wees, kies ek eerder hierdie vorm.

Venus_von_Willendorf

VenusWillendorf